HOME | TOURS | ACCOMMODATION | ADVENTURE | TEAM BUILDING | CORPORATE EVENTS
TOURISM OFFICES | NEWS | WHY SOUTH AFRICA? | GUEST BOOK | AFRIKAANSE REISSTORIES
PHOTO ALBUM | ABOUT US | CONTACT US

Onvergeetlike Bains (30 Augustus 1990);Wat ‘n fees (27 September 1990); Gribble en Seuns; vir geslagte lank Paarlse rekordhouers (6 Desember 1990); Met swart pak en al (7 Februarie 1991); Klein Drakenstein het gees! (18 April 1991); Al skaarser word stories oor tiers (12 September 1991); Tier-stories mag nie verlore gaan (23 September 1991); Waar is Gimmies van 1924? (26 September 1991); Bergklimmers leer nie uit ander se foute (21 Oktober 1991); Oom Ben die bergliefhebber se soet vergeldingstappe teen grotbemorser (7 Januarie 1992); Die groot skrik in Leeurivierkloof (14 April 1992); Bonnievale wys geskiedenis is nie 'n dooie vak nie (13 April 1993)
Onvergeetlike Bains

Uit: In die Skadu van die Eik, Paarl Post, 30 Augustus 1990

MAURICE HENDLER se geselsie van nou kort gelede in "Round About Town" oor die bergpasse hier by ons het weer die onvergeetlike Bains van Bainskloofpas in herinnering geroep. Die twee, Andrew Geddes en sy seun Thomas, was nie net uitmuntende pasbouers nie, maar ook kenners van die geologie.

Andrew Geddes skryf op 23 April 1847 in ‘n brief aan C H Ginsbrook van Graaff-Reinet van sy besoek aan die Karoo en die groot hoeveelheid fossiele wat hy daar gevind het. Hy vertel daar hoedat hy van mening is dat groot dele van die Karoo vroeŽr oordek was met vars water. Vandag is dit ‘n bekende feit, maar in daardie dae is diť teorie soms skepties ontvang.

Hy noem ook daarin dat die kruine van Tafelberg, Bainskloof en Mostertshoek almal van dieselfde gesteente was. Hy was juis besig om in diť tyd die pad deur die Skurweberg by Mostertshoek te bou. Dit is nou die Michelspas wat deesdae by Ceres deur die berg herbou word.

Bain het sy eerste pas, die Oubergpas, in Graaff-Reinet se wÍreld gebou. Ander bedrywe wat hy beoefen het, was diť van skrywer, ontdekkingsreisiger, saalmaker, boer en soldaat.

Ook sy geologiese kaart van Suider-Afrika was ‘n merkwaardige nalatenskap. Hy vertel ook in die brief aan Ginsbrook dat daardie kaart die grootste bydrae van ‘n ongesubsideerde individu tot die fisiese wetenskap in Suid-Afrika is. Die kaart is in 1852 voltooi.

Stories oor Bain is daar heelwat. Wat vir ons hier plaaslik van belang is, is dat die Bainskloofpas na amper 140 jaar se gebruik nog net so is soos wat die Bains dit in 1853 voltooi het.

Die bou van die pas is ‘n storie op sy eie. Sommige Wellingtonners vertel vandag nog hoedat Bain die berg eers te voet verken het, toe eers ‘n voetpad deur die berg laat bou het en selfs probeer het om twee tonnels daar te bou. Die harde arbeid is deur bandiete gedoen. Daar is natuurlik baie min oor diť mense bekend, maar hulle stories lÍ versteek tussen die weeklikse verslae van die pasbouers en in die uitgawes van "The South African Commercial Advertiser and Cape Town Mail", wat in die Kaapse Argiefbewaarplek lÍ. As jy diť bronne gaan lees, ontvou ‘n storie van sy eie voor jou.

Die superintendente wat onder toesig van Bain gewerk het, moes gereeld verslae en statistieke byhou. Thomas Bain was superintendent by die Wolwekloof bandietstasie. Dit is nou waar die Tweede Tol kampeerterrein vandag is. Vandag nog word vertel hoedat die berugte perdedief van daardie tyd, Scotty Smith, daar by Tweede Tol aan ‘n klip vasgeketting moes word.

Ek glo nie dit was Scotty nie, maar wel Kwaai Smit, wat volgens die verslae juis tydens die opening van die pas ook ‘n spreekbeurt probeer kry het. Daar is vooraf aan diť wat aan die pas gewerk het belowe dat hulle afslag van hulle vonnis sou kry en Kwaai Smit wou toe daardie dag maar net hoor of die afslag nou sou realiseer.

Dit is juis Tweede Tol wat vandag nog vir my ‘n onopgeloste raaisel inhou. Reg bokant die bruggie wat daar oor die rivier loop het daar eens op ‘n tyd ‘n groot houtgebou gestaan. Ek vermoed dat daar iewers ook vroeŽr ‘n hotel moes gestaan het. Was dit nie juis daardie houtgebou nie? Die bekende hotel op Die Nek by Eerste Tol is tog eers in 1926 gebou.

Met die druk verkeer na en van die diamant- en goudvelde in die binneland moes Bainskloof sy glorietyd rondom 1880/1890 beleef het. Die transportryers van destyds sou dus ‘n uitspanplek nŠ of voor die moordende tog deur die berg gesoek het. Die idee van ‘n hotel in die omgewing van Tweede Tol klink dan glad nie te vergesog nie.

Al my navrae en ondersoeke oor daardie vraag het egter nog niks opgelewer nie. Ek het nog steeds net ‘n enkele sinnetjie uit ‘n koerant van 1915 wat die enigste leidraad is. Miskien is dit een van die geheime wat Bainskloof vir altyd van my gaan weerhou.

click to go to top of page

Wat ‘n fees

Uit: In die Skadu van die Eik, Paarl Post, 27 September 1990

DIE voortbestaan van Afrikaans is deesdae weer, soos so ‘n bietjie meer as honderd jaar gelede, ‘n vuurwarm besprekingspunt.

Vir die mense van die Drakansteinvallei is dit geen onbekende stryd nie. Dit was dan juis hier waar georganiseerde Afrikaans 115 jaar gelede sy beslag gekry het met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners, of sommer kortweg bekend as die GRA.

Die jaar 1975 was dan ook GRA jaar toe die stryd en moedige pogings van ‘n klompie manne uit hierdie vallei herdenk is. Ons het dit sommer die Taalfeesjaar genoem.

Die huidige geskarrel om die voortbestaan van Afrikaans het die gebeure van daardie jaar nou weer in herinnering geroep. Die Paarl was dan ook die hoofsetel van daardie fees.

En hoe het ons nie die Paarl tot barstens toe volgeprop met die Afrikaanse Taalfees nie! Lang oranje, blou en wit feesbaniere het op al wat ‘n lamppaal was, gepryk om aan gans die wÍreld te wys dat die Paarl aan die feesvier was.

Sommer hier vroeg in Augustus het ons reeds met toneelopvoeringe begin. ‘n Ieder en ‘n elk en ‘n inkelte wat op ‘n tyd die pen opgeneem het om Afrikaans te besig, is herdenk.

Van oor die hele land het daar feesfakkels in die Paarl aangekom. Die fakkels is heel eerste na Huis Gideon Malherbe, daar digby die Toringkerk, gedra. Die eintlike skouspelagtige fakkelloop was egter die aand van 10 Oktober, toe die destydse Eerste Minister, mnr. John Vorster, en sewe direkte afstammelinge van die stigterslede van die GRA die feesfakkel in die nuwe amfiteater by die Taalmonument aangesteek het. Laatnag het ‘n massa fakkelloop berg-af plaasgevind, toe ‘n horde Voortrekkers die fakkels na Huis Gideon Malherbe teruggedra het.

Die verrigtinge by die Taalmonument was die eintlike hoogtepunt van die fees. Daar is 25 000 mense verwag en 40 000 het opgedaag. Spesiale busse het vrag na vrag vrolike feesgangers stadig berg-op gebring. ‘n Bonte mensemassa het gekom om fees te vier en die amfiteater van onder by die verhoog tot kort bo onderkant die monument volgepak. ‘n Beter dag kon ons nie kry nie.

Afrikaans is herdenk met voordragte en kore wat reg oor die berg weerklink het. Radio en televisie het dit verder die wÍreld in gedra. Almal moes hoor dat die taal wat maar net 100 jaar terug begin stem dikmaak het, hier was om te bly.

Net sekere van die hoogtepunte van die fees bly my by, want ek was soos baie ander Paarliete, goed moeg na maande se harde werk om die fees ‘n sukses te maak.

Tog weet ek ek was daar en ek kon deel in diť grootse skouspel. Dit alleen was die moeg werd.

Ek wil dan ook aansluit by die woorde van die Paarl Post se hoofartikel van 9 Oktober 1975: "Vir inwoners van die Paarl veral, sal mŰre se inwyding van Suid-Afrika se Taalmonument ‘n trotse geleentheid wees."

"So ook sal hul nakomelinge met trots terug kan kyk na 14 Augustus van 100 jaar gelede, 14 Augustus 1975 en 10 Oktober 1975."

"En as dit so kan wees dat ons Paarlse mense in alle nederigheid kan onthou om erkentlik te kan staan, om deel te kon gewees het om so besonder met die wording van die Afrikaanse Taal verbind te word, laat dit so wees."

En nou, wat nou van Afrikaans in die jaar 2000? In 1975 was dit nog ‘n hele kwarteeu daarnatoe – nou is dit net 10 jaar weg.

Al wat ons moet doen, is om Afrikaans te bly praat, lees, skryf en boonop om Afrikaans te bly uitleef. Dan, en dan alleen sal Afrikaans lewend bly.

click to go to top of page

Gribble en Seuns; vir geslagte lank Paarlse rekordhouers

Uit: In die Skadu van die Eik, Paarl Post, 6 Desember 1990

‘n Groot deel van die Paarl se verlede is deur die bekende fotograwe, Gribble en Seuns, gedokumenteer. Vir meer as een-en-‘n-kwart eeu het hulle nie net die Paarlse geskiedenis nie, maar ook groot dele van Suid-Afrika se geskiedenis op film vasgelÍ. Eers was dit vanuit Kaapstad en sedert 1886 uit die Paarl. Op drie jaar na, was die Gribbles vir 100 jaar in die Paarl.

Ek het die laaste Gribble baie goed geken. Vir my was hy Mister Gribble, die leermeester by wie ek so baie van fotografie geleer het. Vir ander was hy Harold, die derde en laaste geslag van Gribble-fotograwe in Suid-Afrika.

Toe ek hom leer ken het was hy reeds diep in sy sewentigs, maar het nog steeds Paarliete in sy ateljee daar op die hoek van Pastorielaan en Hoofstraat afgeneem. Teen daardie tyd moes sy dogter Yvonne Fischer hom al help. Ook sy kleinseun Keith Fischer het vir ‘n tydjie hand bygesit, maar uiteindelik ‘n loopbaan in die Vloot gevind en daar ‘n natuurfotograaf van formaat geword.

Harold se pa, James, het ook die Paarlse gemeenskap met oorgawe gedien. Yvonne Fischer vertel hoe haar oupa altyd gereed was om ‘n nodige sakeonderneming op die been te bring, net om dit daarna aan iemand anders oor te gee. Hy was ook vir 25 jaar sekretaris van beide die Paarlse Boerevereniging en die Landbouvereniging. Hy was ook betrokke by die stigting van die KWV en die Gesinsdag Sportbyeenkoms.

Nadat die maandelikse Engelse kerkdienste in die Strooidakkerk as gevolg van die Anglo-Boereoorlog stopgesit is, was hy, volgens Yvonne, die stigter van die Congregational kerk se gemeente in die Paarl. Boonop was hy ook vreeslik lief vir die natuur en het Paarlberg gereeld uitgeklim.

Mister Harold het my destyds vertel dat sy pa net vir hom gewag het om te kwalifiseer vir die fotografiese onderneming. Daarna het James hom slegs aan Paarlse gemeenskapswerk toegewy.

James was natuurlik ver buite die Paarl ook goed bekend. Hy het gereeld sy kar en perde op die trein gelaai en dan tot by Beaufort Wes gery. Daarvandaan het hy die wye vlaktes ingevaar om mense tot in die Vrystaat af te neem. Die groot, swaar, breekbare glasnegatiewe is dan na sy ateljee in die Paarl gestuur om ontwikkel te word. Daarna is die foto’s teruggepos. Ek wonder tog hoe daardie glasnegatiewe heel gebly het oor die ruwe paaie van destyds. Harold het glo ook soms na die Oostelike Provinsie uitgewyk, om dan met die kusroete langs terug te kom Paarl toe.

Harold se oupa, ook James, het in 1859 as Britse mynwerker met sy jong bruidjie hier in die Kaap aangekom. Hy het na gesonder werksomstandighede gesoek en dit dan ook as fotograaf hier gevind.

Sy seun, James (Harold se pa), het na ou Harold se dood die Gribble naam in fotografie voortgedra. Hy het sy fotografie by ene S V Barnard in Kaapstad geleer. Sy eerste kennismaking met die Paarl was tydens ‘n troue waar hy foto’s moes neem. Kort daarna het hy hom in die Paarl gevestig. So het dit dan gekom dat omtrent alles wat sedert die verskyning van die eerste kameras in die Paarl gebeur het, deur Gribbles afgeneem is.

Ons moet onthou dat die fotokuns nog maar in sy babaskoene was toe die eerste James Gribble in Tafelbaai aangekom het. Die Gribbles het fotografie dus hier sien groei.

click to go to top of page

Met swart pak en al!

Uit: In die Skadu van die Eik, Paarl Post, 7 Februarie 1991

DIE nuwe jaar is reeds goed op stryk. Hier en daar struikel sommige van ons nog soms oor die vakansie onbeholpenheid, maar kry dan sommer maklik weer koers op 1991 se pad.

Dis die einste struikel en koers kry wat my nou weer aan my eerste kennismaking met die Paarl laat dink. Hoe lank terug dit was, sal ek maar liefs nie nou hier verraai nie.

Tot en met my 19de lewensjaar was die Paarl maar nog net altyd ‘n onbekende dorp langs die pad Kaap toe. Min het ek geweet hoe vinnig ek een Januarie-aand ‘n Paarliet sou word. Dis nou te sÍ as jy so vinnig een kan word. Ek glo ek het.

Dit het eintlik sů gebeur. Kort na my aankoms by Huis Theo Pauw, die eerstejaars-manskoshuis van die toenmalige Paarlse Onderwyserskollege, of OKP soos wat dit bekend was, is al die eerstejaars sonder veel ontsag die koshuis uitgeboender om met Sondagpak en al buite in gelid aan te tree.

Vars uit die weermag en onderdanig aan gesag, was selfs sů ‘n bevel nie te moeilik uitvoerbaar nie. Met ‘n paar voorbarige tweedejaars, of menere, soos hulle toe geheet het, in bevel, moes ons toe wys tot watter gimnastiek- en drilpassies ons in staat was.

Onthou, dit was nou met swart pak en al! Die Slakke – dit was ons rang vir die eerste paar weke aan die OKP – is sonder genade heen en weer gejaag. Het ek toe maar net ‘n deeltjie van die lewenservaring van vandag gehad, het ek toe reeds ‘n paar van diť arrogante aanvoerders ander plek toe gestuur. Ons was egter toe vrekbank vir diť lot.

Dit was egter die gefluister in eie geledere wat my skoon vreesbevange gemaak het. Ons was glo op pad Arrarat toe. Al Arrarat wat ek tot toe geken het, was die berg waar oorle oom Noag sy skippie na die sondvloed op droŽ grond gaan anker het. En die berg daar agter ons koshuis het darem net te veel op daardie Arrarat getrek, en vir diť het ek nie kans gesien met my warm, swart Sondag Special aan nie.

(Snaaks tog hoe dit nie later saak gemaak het om op ‘n Sondag met pak en al saam met ‘n nooientjie in daardie einste berg rond te sluip nie. Daardie jare was ‘n pak klere standaard uitrusting vir alle mansstudente wat dit op ‘n Sondag buite die koshuis gewaag het. Wee jou as Pappa Bol jou daarsonder gesien het.)

Ons is toe op ‘n drafstap daar weg na die onbekende Arrarat toe. Groot was die verligting egter toe ons in Pleinstraat afdraai rivier se kant toe. Ons het toe reeds agtergekom dat die sportveld se naam Arrarat was. By Huis Lenie Marais se hek is weer ingedraai. Daar het elke man eers ‘n nooientjie gekry, waarna ons ons missie hand-aan-hand voortgesit het na die onbekende Arrarat daar agter Huis Lenie.

Oor wat daar - en ook tydens die hele ontgroeningsperiode van die volgende paar weke - gebeur het, sal ek liewer swyg. Niemand gaan tog vandag stories van sulke wreedhede glo nie.

Daar op Arrarat het ons die aand mekaar se naam, persoonlikhede en temperament sommer gou leer ken. So is Floris byvoorbeeld net daar tot "VoŽl" herdoop (en so het dit vier jaar lank gebly), want waar kan ‘n ou wat ‘n dooie duif vir soveel dae so geduldig kon versorg dan ooit weer op sy doopnaam genoem word.

Tog is dit nou alles dinge van die verlede. Miskien weet die nuwe intrekkers hier in die Paarl nie eers meer van die OKP of wat dit was nie. (Die Onderwyserskollege het in 1989 gesluit en het ‘n Polisiekollege geword.) Was dit egter nie vir die OKP nie, het veel minder mense ooit die geleentheid gehad om die gees van diť dorp hul eie te maak.

So was ek dan ook vir vyf jaar lank deel van die Paarl en dit wat hier in ons vallei plaasgevind het. Die Paarl se mense het my met ope arms ontvang en sommer gou deel van hulle gemaak.

Daarom dat dit deesdae heerlik is om hier terug te wees en om hier in "In die Skadu van die Eik" te gesels oor die doen en late van die mense van die bo-Bergriviervallei, wat ook my vallei is.

click to go to top of page

Klein Drakenstein het gees!

Uit: In die Skadu van die Eik, Paarl Post, 18 April 1991

KLEIN DRAKENSTEIN se mense kan nog kuier. ‘n Ding moet net lyk of dit belangrik is, dan vier hulle dit. Toe Siem en Bertha Basson en Lourens en Igna Erasmus se onderskeie silwerbruilofte opduik, was dit net die geleentheid waarop die buurt se mense gewag het. Dit moes dus feestelik gevier word.

Vroulief was des se jare een van Siem en Bertha se ses blommemeisies, en sů beland ek dus ook verlede Vrydagaand met diť bruilofherdenking tussen die Klein Drakensteiners. Ja, hulle was ses blommemeisies. Sien, die Klein Drakensteiners doen ‘n ding ordentlik as hulle dit die slag doen.

Sommer daar met die instap in Goedemoed se skuur kon ek aanvoel dat dit nie sommer nog ‘n gewone "paartie" sou wees nie. Dit was al asof die besondere saambindende gees van daardie Klein Drakensteinse mense voelbaar was. Later die aand sou ek wel hoor waarom.

Stoffie Stoffberg, hoof van Klein Drakenstein se eie skool, sÍ toe dat dit waarskynlik danksy die mense se betrokkenheid by die skool is. Hy vertel dat die skoolgebou al reeds sedert 1853 staan, maar dat die skool self al in 1848 geopen is. Die skool het maar net 28 leerlinge, maar dis so lank al deel van daardie gemeenskap dat feitlik almal wat daar woon een of ander tyd self daar op die banke gesit het.

Seremoniemeester Pieter Killian was 25 jaar gelede ook seremoniemeester op Siem en Bertha se bruilof. Vrydagaand was hy dit weer. Hy heet ons toe welkom en sÍ dat ons maar die "bruidspare" die gewone bruilofslied kon toesing, maar dat ons maar die tweede vers kon uitlos, daar die stukkie oor "kinders by dosyne" nie meer op hulle van toepassing is nie.

Dit was net waarop Nico Retief, daar van Wildepaardejacht, gewag het, en hy gee toe die noot. Soos by alle ander bruilofte sterf diť lied toe ook so halfpad deur ‘n stille dood en "bruidegom" Siem was verplig om Nico te vra om sy solosang behoorlik af te handel. Diť daar rondom Nico sÍ hulle het hom nog nooit sů sprakeloos gesien nie. Die skrik het behoorlik wit om sy wange gesit.

Rossouw Malherbe se voorspraak tot die heildronk was heel gepas. Hy beklemtoon toe ook die gees van samewerking onder die Klein Drakensteiners, asook die wyse waarop die twee Bosvelders – dis nou Lourens en Igna – binne ‘n jaar volbloed Klein Drakensteiners geword het.

Hy vertel ook dat Siem eintlik al ‘n seisoenkaartjie op die kerkraad verwerf het, maar dat dit hom nou nie juis gevrywaar het van die vele slaggate en dwarswalle van 25 jaar se huwelikslewe nie.

In sy repliek sÍ Bosvelder Lourens toe dat hy aanvanklik die mense van Klein Drakenstein vir Kapenaars aangesien het, maar dat diť mense se meelewendheid en gasvryheid hom laat besef het dat hulle eintlik deel is van ‘n baie meer spesiale streek. En net daar maak hy toe onwetend die grootste fout van sy lewe. Hy sÍ toe so ewe dat hy daar bo in die Bosveld baie stories oor die Kaap gehoor het, maar dat min daarvan waar is, behalwe diť een dat die WP niť heeltemal so goed vaar nie. Amper was daar chaos.

Bertha het, soos dit ‘n goeie en onderdanige "bruid" betaam, stil gesit en luister na al Siem se lofprysinge. Haar hande staan natuurlik vir niks verkeerd nie. Soos Siem gesÍ het, weet almal in die buurt al van haar naaldwerk en haar mooi tuin. En dan sal Dekkersdal se vrugtepakkery sekerlik gaan stilstaan as sy nie daar is nie.

So tussen die gesels deur het ons behoorlik geŽet en gedrink, en weer geŽet. Die dansery wou nie eintlik koers kry nie. Dit was duidelik dat dit vir hierdie mense mos veel lekkerder is om te gesels. Net so asof die klomp mekaar nie elke dag sien nie.

Ek is lank na middernag daar weg, maar toe sit Klein Drakenstein se boere nog bankvas en kuier. Ek sÍ mos, dis mense wat van enige gebeurlikheid ‘n kuiergeleentheid maak.

click to go to top of page

Al skaarser word stories oor tiers

Uit: Van Alle Kante, Die Burger, 12 September 1991

STORIEVERTELLERS wat nog kan vertel hoe hulle tiers, ofte wel luiperds, in ons berge gevang het, word al minder. Vir die ou boere sal 'n luiperd maar altyd 'n tier bly. En waarom sal ons nou aan diť stukkie boerekultuur wil gaan peuter, want 'n tierstorie klink tog soveel interessanter as een oor 'n luiperd.

Oom Pieter Smit van Theerivier daar by Citrusdal is een van die manne wat op sy dag self met die tier te doen gekry het. Ja, van tiervang kan hy jou baie stories vertel. Wanneer hy met sy stories wegtrek, luister jy behoorlik oopmond. Theerivier se boere het vroeŽr jare hul skape daar in die bergveld ingejaag. As die luiperd dan weer so 'n slag onder die skape gemaai het, moes hy gevang word. Daarvoor het hulle 'n yslike tieryster gebruik.

Oom Pieter vertel dat die tieryster nie sommer net so gou-gou gestel is nie. Nee, jy moes uitvind waar die luiperd se lÍ- en loopplek is en dan met 'n uitgewerkte strategie voor 'n dag kom. Die yster is gewoonlik in 'n boskasie of teen 'n krans gestel. Daar is ook 'n lang regop stok aan die yster vasgemaak wat platgeval het nadat die luiperd in die yster getrap het. So het hulle dan geweet wanneer daar 'n luiperd in die yster was as hulle die boskasie genader het.

Die doodmaak van die luiperd was omtrent 'n operasie. Daar het gewoonlik 'n hele kommandomag vir diť okkasie opgetrek. By die tieryster aangekom, moes hulle versigtig te werk gaan, want so 'n vasgekeerde luiperd kon nogal moeilik raak. Oom Pieter onthou nog die twee groot wit honde wat moes saam om die luiperd aan te vat. En dan was daar gewoonlik 'n hele trop keffers vooraan die prosessie om die groter honde aan te hits. Soms het die honde die luiperd sommer self van kant gemaak, maar meestal is die dierasie maar doodgeskiet.

‘n Luiperd kan glo allervreesliks brul. Oom Pieter vertel dat hy tot so dertig jaar gelede nog boegoe gemaak het in die bolope van die Theerivier. Hulle het dan daar by Sandkraal teen die oorhangkrans geslaap. Een nag was daar omtrent konsternasie in die kamp toe die luiperd met 'n luide gebrul sy misnoŽ met hul teenwoordigheid te kenne gegee het.

Toe ons klomp bergklimmers so 'n tydjie gelede by daardie einste Sandkraal gekamp het, was daar hoeka heelwat luiperdspore in die kloof te sien, maar ongelukkig het ons hom toe nooit gehoor nie. Ons klomp het by voorbaat maar styf teen die vuur, wat dan ook heelnag gestook is, geslaap.

Die Sederberg-kenner, Alex Basson, vertel dat hy ook al met die spikkelkat kennis gemaak het. Die ou het glo een nag om hul tente begin rondsnuffel. Daardie nag het hy gehoor hoe 'n luiperd kan brul. Hulle kon nie roer nie en moes maar net doodstil in die tente bly lÍ.

Daar in Swellendam se bergwÍreld was oom Jan Blokkies 'n tiervanger van formaat. Hy het 'n spesiale vanghok van staal laat maak om die luiperds in te vang. Ek onthou nog goed hoe ons kinders destyds wye draaie om die tiervel in oom Jan se voorkamer daar op Sparrabosch geloop het. Jare daarna het ek weer die hok gaan soek en dit sowaar nog gekry ook.

By Kraakkloof in Slanghoek se wÍreld staan daar vandag nog 'n tierhok wat van klip gebou is. Ook hier is 'n lang stok met 'n vlag aan die punt gebruik om te wys wanneer die luiperd in die hok was. Oom Pieter sÍ hulle het ook sulke hokke daar by Theerivier gehad. Daar moes glo 'n opening aan die agterkant van die hok gelos word, want die luiperd sou nooit die hok in as dit te donker daarbinne was nie. Daardie selfde gat is dan ook as skietgat gebruik om die luiperd van buite af dood te skiet.

Vandag se dae is dit egter ‘n groot sonde om 'n luiperd te skiet. As hy wel te lastig word onder die veetroppe, sal die manne van Natuurbewaring self ondersoek instel en dan ook self die vangyster stel. As ek na die luiperdspore daar in die Theerivier kyk, lyk dit egter asof daar darem nog heelwat luiperds oor is.

click to go to top of page

Tier-stories mag nie verlore gaan

Uit: Van Alle Kante, Die Burger, 23 September 1991

TIERSTORIES het nog lank nie opgedroog nie. Ons geselsie van nou die dag oor Theerivier se luiperds het weer 'n hele paar storievertellers na vore laat kom. Wat egter seker is, is dat ons daardie stories nou sal moet neerskryf voordat dit vir goed verlore is. Oom Coena Slabber van die Strand se stories is sonder einde. Hy trek nou tagtig se kant toe, maar boei jou steeds met sy waarnemings van dierebewegings sedert hy in 1925 daar in die Elandskloof by Wolseley gaan woon het.

''Kyk man, dit was 'n oorlewingstryd,'' sÍ hy. ''VroeŽr jare se boere was hoofsaaklik veeboere. Hul skaap en bees moes in die berge wei. Dit is dus te verstane dat hulle dikwels met die luiperds moes bots.'' En dan vertel hy hoedat hulle tussen 1925 en 1960 sowat 50 luiperds by hulle op die plaas gevang het.

''Laat ek jou maar sÍ dat een luiperdvel meer ingebring het as 'n ton druiwe. Ja, die afdelingsraad het 'n hele vyf pond vir so 'n vel betaal.'' Nou wonder ek maar net: maal nou vyftig met net vyf of tien plase per distrik en kyk dan hoeveel luiperds is nie doodgemaak nie. Ook geen wonder dat die bobbejane en dassies later te veel begin word het nie.

As 'n luiperd onder 'n trop skape intrek, maak hy voor die voet dood. Dit is so al asof hy met hulle wil speel. Hy ruk net die nekslagaar af en kies dan met een skaap koers kranse toe.

Oom Coena vertel hoe hy een dag agter een aan is, die kranse uit. Bo aangekom, sien hy die stuk skaap voor 'n oop gat lÍ. Die luiperd grom toe van binne af. Hy het die gat mooi met slangbos toegestop, huis toe gegaan en 'n tieryster gaan haal om voor die gat te stel. Of hy die luiperd gevang het, weet ek nou nie, want hy het al weer met sy volgende storie begin voor diť een klaar was. Daar is net te veel om te vertel.

Diť wat gedink het dat 'n luiperd nie kan swem nie, het dit mis. Oom Coena sÍ hy het menige luiperdspoor oor die rivier gevolg. So 'n luiperdspoor kan glo heelwat vertel. ''Ja,'' sÍ hy, ''waar hy anderkant uitkom, rol hy hom eers goed droog en stap dan verder om te gaan kwaad doen.''

Oom Tienie le Roux, ook oorspronklik van Wolseley se wÍreld, woon nou op Melkbosstrand. Hy het ook 'n paar tierstories. So vertel hy van die paar man wat daar kort nŠ die oorlog eendag 'n tier voor op 'n Fordjie vasgemaak en dit toe vir 'n plesierrit na die skool op Romansrivier geneem het. Alle stories het 'n einde; sommige goed, en ander weer sleg. Vir die betrokkenes het hierdie storie minder goed afgeloop, want hulle is toe van dieremishandeling aangekla en moes boonop ook 'n taamlike boete betaal.

Hy vertel wanneer daar by die vang van 'n luiperd nie 'n sterk genoeg boom was nie, is die tieryster sommer met 'n ketting aan 'n swaar paal vasgemaak. Nadat hy in die yster getrap het, kon die tier die paal dan ook nooit baie ver sleep nie. Dit was nou net daar waar hy jou in 'n boskasie lÍ en inwag het. Daarom is honde gebruik om hom uit die bos te lok. Sou hy dan sy verskyning maak, is hy geskiet.

Dan vertel oom Tienie ook dat so 'n vasgekeerde luiperd lelik boos kan raak. As hy goed kwaad is, skeur hy glo 'n gegolfde sinkplaat in stukke. Oom Coena vertel ook van die keer toe hy so byna bokveld toe was. Die tieryster se vlaggie het nie mooi platgeval nie en hy stap toe ewe niksvermoedend die boskasie in. Toe hy die ketting hoor sleep, was dit amper te laat. Hy het net die luiperd se oopgesperde bek sien kom. Was dit nie dat hy so vinnig die wal kon afduik nie, was hy nie vandag hier om al hierdie kosbare dierestories te vertel nie.

click to go to top of page

Waar is Gimmies van 1924?

Uit: Onder die Skadu van die Eik, Paarl Post, 26 September 1991

BIBLIOTEKE kan soms interessante verrassings oplewer. Nou die dag loop ek ‘n kosbare stukkie Paarl Africana in ‘n biblioteek raak. Eintlik het hierdie stukkie anderste Africana my na die jaar 2024 geneem. Sy naam is, "In the Valley of the Berg; the Romance of a South African Town. Die uitgawedatum is 1924.

Dit is nie sommer net nog ‘n boekie nie. Nee, sien, dit is deur ‘n groep Afrikaanssprekende leerlinge van die Gimnasium in Engels geskryf. Eintlik is dit die tweede deel van die boek, ‘n toekomsskets van die Paarl in die jaar 2024, wat my aandag getrek het. Lees ‘n mens dit, is jy maar net te dankbaar dat die meeste dinge waaroor daardie klompie matriekseuns uit die jare her gedroom het, nie bewaarheid is nie.

Onthou nou, dit is geskryf toe ons mense feitlik alles wat oud is, verag het. Die Eerste WÍreldoorlog was toe pas verby en die mense wou wegkom van die verlede en hulle het groot gedroom oor die blink toekoms.

Die storie gaan eintlik oor reÔnkarnasie en vertel van ‘n man wat in 2024 ‘n baie gevorderde operasie ondergaan, waarin daar gepoog word om die mensdom in staat te stel om hulle vroeŽre lewens te onthou.

Wanneer hy dan eendag die boekie, "In the Valley of the Berg" optel en lees van die Paarl van 1924, onthou hy skielik dat hy honderd jaar gelede in Gimnasium was en help skryf het aan daardie boekie. Sy verlange dryf hom terug Paarl toe.

Hy ry ‘n hele halfuur lank per vliegtuig vanaf Kaapstad Paarl toe. Op Paarlberg is twee reuse hotelkomplekse, uitheemse plante is oral aangeplant, treine en trems deurkruis die berg en ‘n groot Disneyland-agtige pretpark met kunsmatige sneeuhellings is die middelpunt van alle menslike genot, reg bo-op die berg. Ai tog, mag al die vertoon ons berg gespaar bly.

Hy praat darem van ‘n "National Monument Park." Ons ou berg het gelukkig in die tussentyd ‘n Nasionale Gedenkwaardigheid geword, en juis dit dien as beskerming dat daar nie onder die huidige bedeling sulke uitspattige ontwikkelings op ons berg kan kom nie.

Van plekke soos Elsie se Bos en Geelwater het ek nog nooit gehoor nie, maar dit was glo twee bekende plekke in 1924. Die wat weet waar dit is, kan gerus laat weet. My adres is eksplor.sa@mweb.co.za.

As ons verteller teen die Drakensteinberge begin rondloop, kry ek darem weer moed vir die toekoms. Diť deel is in sy natuurlike staat gelos en daar word teen die berghang gejag en voetslaners loop oral rond. Wel, laat ons maar hoop daar sal in 2024 weer wild wees om te jag.

En dan kom die komiese stuk. Daar in 2024 word die mense nie meer toegelaat om wasgoed in die Bergrivier te was nie. O ja, daar is darem ook ‘n behoorlike rioolstelsel en geen afval mag meer in die rivier gestort word nie. Daar vaar ook plesierbootjies op die rivier, terwyl swemmers heerlik in die helder skoon rivierwater baljaar.

Ek wonder wat die lot swemmers gaan doen as my vriendin, Tannie Krokkie, wat nou die dag by die krokodilplaas ontsnap het, se eiers wat sy tydens haar ontsnapping daar by Simondium teen die rivier gelÍ het begin uitbroei en die klein krokodilletjies goed aanteel tot 2024.

As ons futuristiese vriend dan teruggaan na sy hotel, luister hy na ‘n draadlooskonsert uit Amerika. Hoe moes die Gimmies van 1924 dan ook van TV’s en CD’s en selfs ook PC’s iets geweet het? En hoe gaan ons nou weet wat oor so ietsie meer as dertig jaar die toon in ‘n wÍreld van dan gaan aangee?

click to go to top of page

Bergklimmers leer nie uit ander se foute

Uit: Van Alle kante, Die Burger, 21 Oktober 1991

DIE vyf ''bejaardes'' wat begin Oktober in Jonkershoek se berge soek geraak het, het miskien rede om ontevrede te voel oor die skielike senior status wat hulle oornag behaal het. Mense van hul ouderdom wat so 'n nagmerrie-ondervinding sonder liggaamlike skade kon deurmaak, is beslis nie bejaard nie. Tog is hulle nie vry te spreek van die blaam van die ongevraagde etiket nie.

So 'n bergredding is nie net vir die betrokke bergklimmers 'n traumatiese ervaring nie, maar ook vir die familie tuis. Die eerste bekommerde familielid het die Vrydagaand laat opgebel. ''Skoonma en 'n paar maats is nog nie terug uit die berg nie,'' het dit heel bekommerd van die ander kant gekom.

Die nodige vrae oor waar hulle heen is, die ouderdomme, gesondheidstoestand en ander noodsaaklike inligting is gevra. Intussen klop nog bekommerde familielede om hulp aan. Ons klompie van die Bergklub, die Polisie, die Lugmag, Metro en Omgewingsake is al gewoond aan die soort oproep. Tog bly elke soektog 'n stryd om die redding van menselewens.

Diť Vrydagnag se soektog was geen uitsondering nie. Die groepie se ouderdomme het gewissel tussen 57 en 70 jaar. Daarom moes ons dadelik gaan soek. Was hulle jonger, het ons nog tot die volgende dag gewag. Hulle het reeds die oggend om 7:30 in die stapregister ingeteken vir 'n uitstappie na die Pieke. Diegene wat daardie roete ken, sal weet dat nie enige hierjy sommer daar kan uit nie. Bo verwagting het hul spore wel na die Pieke gelei. Dit was egter te donker en gevaarlik om toe die berg in te vaar. Die eerste reddingspan kon eers teen dagbreek die kloof in waar ons hul spore gekry het.

Die ware storie het ons eers later so broksgewys by elkeen gehoor. Hul leier wou bitter graag op sy studentespore van baie lank gelede terugloop. So is hulle toe in die Langrivierkloof op Pieke toe. Dit het egter baie stadig bergop gegaan. Bo aangekom, wou hulle liefs met 'n makliker pad af. Diť het egter nŠ amper vyftig jaar verdwyn. So kom dit toe dat die donker hulle op die berg gevang het.

Die een regte besluit wat hulle geneem het, was om skuiling te soek, op 'n hopie te gaan lÍ en vir die dagbreek te wag. Almal kon agterna baie lekker lag oor hul nagtelike ervarings. Om met net 'n kortbroek en dun trui 'n koel lentenag in Jonkershoek te trotseer, is beslis geen plesier nie. Met net 'n rasende plastieksak as afskrikmiddel teen 'n moontlike luiperdaanval, het hulle bra onveilig gevoel. Wie voor gelÍ het, weet ek nie, maar met geen flits of vuurhoutjies by hulle om lig te maak nie, het die donker en koue nag glo skrikwekkend lank gevoel.

Intussen het bekommerde familielede, reddingswerkers en 'n groep persmense onder in Jonkershoek saamgekom. Die spanning was voelbaar. Die middag se rugbywedstryd was vir eers vergete. Almal het om die radio saamgedrom. En skielik kom Dennis se stem dof en ver oor die radio: ''Ons het stemkontak met hulle gemaak. Almal is veilig.''

'n Stille gejuig het rondom ons opgegaan. Nog 'n reddingspoging kon met welslae afgehandel word. Diť keer was dit sonder lewensverlies. Menige vorige kere was die klimmers egter minder gelukkig.

Dit is tog eienaardig dat die mens nie uit ander se foute wil leer nie. Hoe baie keer word nie gesÍ dat bergklimmers altyd reŽn- sowel as warm klere moet saamneem berg toe nie. 'n Bykomstige pakkie droŽ vrugte en grondbone en 'n klein flitslig en vuurhoutjies is ook altyd standaard- toerusting in elke stapper se rugsak. Het hulle dan ook nog elkeen 'n ligte noodkombers, kan bergklimmers feitlik in enige noodsituasie veilig in die berg oornag. Ek wil liefs nie dink aan wat met die groepie ''bejaardes'' kon gebeur het as dit daardie nag rÍrig koud was nie.

click to go to top of page

Oom Ben die bergliefhebber se soet vergeldingstappe teen grotbemorser

Uit: Van Alle Kante, Die Burger, 7 Januarie 1992

EGTE natuurliefhebbers is nie betotteldes nie. Tog word ware natuurliefhebbers soms deur die ongevoelige natuurstropers gedwing om soos betotteldes op te tree. Uit Oos-Kaapland kom 'n storie oor hoe 'n sekere oom Ben op heel onkonvensionele wyse die natuurbewaringsboodskap moes oordra.

Die storie wil dit hÍ dat oom Ben 'n diepliggende liefde vir die bergwÍreld gehad het. Hy het dan ook met waardigheid oor sy geliefde berge gewaak. Tog was hy nie suinig om die skoonheid van die berge met ander te deel nie. Daarom het hy dan ook gereeld van sy vriende, onder wie ook skoolkinders getel het, die berge in gevat. Een van sy besondere kuierplekke was in 'n diep grot. Diť het hy as 'n baie spesiale heiligdom bewaak.

'n Geheime kuierplek soos daardie grot bly egter net so min 'n geheim soos 'n lekker skinderstorie op 'n plaaslyntelefoon. Kort voor lank het die eerste morsjorse dan ook by oom Ben se grot uitgekom. Hy was egter kort op hul hakke.

Volgens die verteller het oom Ben baie lank gesukkel om al die geskrifte teen die rotswande te verwyder. Hy moet ook baie swaar gedra het om al die rommel weer onder te kry. Sy vergelding was egter heel onkonvensioneel.

Party Oos-Kapenaars sal miskien nog onthou hoe die skuldige grotbemorser moes deurloop. Toe hy hom kom kry, kampeer oom Ben ewe rustig langs 'n vuurtjie op sy grasperk. Die wÍreld was glo goed bemors met die rommel daar rondom hom. Die huisbewoner wou net van die betottelde man in sy tuin ontslae raak toe diť hom van die gemors in die grot begin vertel. Die verteller wil dit dan ook hÍ dat die skuldige moes staan en kyk hoedat oom Ben boonop daarna sy huis met graffiti besmeer. Hy moes maar vir lief neem en het hopelik sy les geleer.

click to go to top of page

Die groot skrik in Leeurivierkloof

Uit: BuiteBurger, Die Burger, 14 April 1992

As bergklimmer kry mens soms interessante versoeke, waarop jy na jare nog nie altyd mooi voorberei is nie Soos onlangs met 'n oproep uit Swellendam se kontrei.

'n Medebergklimmer bel my en sÍ: ''Jong, so 'n klompie van ons was nou Saterdag hier met die Vensterbankroete uit, agter oor die nek en in Leeurivierkloof se gat af. Amper onder keer 'n waterval ons toe voor en ons moes al die pad terug oor die berg. Nou wonder ek maar net of daar nie van julle Bergklubmanne is wat ons met toue kan kom help om daar af te klim nie.''

Ek vra uit na die toestande in die kloof, maar hy verseker my die watervalletjie is net kort bokant die Plaat. ''Ag man, ons is een-tweeuur se kant weer terug.'' So kom dit dat ek, Tonie Roux en Nico Steyn nou die Vrydagaand afsit Swellendam toe. Tonie en Nico ken hulle touwerk; ek weer, gaan saam om die storie te kry en foto's te neem.

Vrydagnag reŽn dit so kol-kol in die berg. Ons twyfel eers, maar ons Swellendamse vriende wil die ding doen. Ons drie en drie van hulle pak toe die tog. Iets sÍ egter vir my ek moet omdraai. By die Plaatpad het ek klaar besluit ek draai om. Die wÍreld was te koud vir my, en ek hoor toe eers van waterpoele waar ons sou moes deur, en dit boonop met my kameras. Ek sien die vyf van hulle af en stap terug.

Laatmiddag gaan sit en bekyk ek die Leeurivierkloof met 'n verkyker, en net daar slaan 'n skrik so groot soos 'n rotsblok my. ''Gaan daardie mense ooit lewendig daar uitkom,'' sÍ ek hardop vir myself. ''Kyk daardie kranse. Dis dan loodreg vir 'n paar honderd meter!'' Net daar sak 'n groot bekommernis oor my neer.

Skemeraand kom, en ek ry dorp toe. Ek waarsku Metro en die Bergklub solank. Lester, koŲrdineerder van menige reddingsoperasie, sÍ dat ons maar tot tienuur die volgende mŰre moet wag voor ons reddingspanne instuur.

Ek ry terug Leeurivier toe. Ek stop in die Wyndraaie. My gewete pla my lankal. Ek het toegelaat dat die tog voortgaan. Skielik sien ek 'n flou lig daar bo in die kloof se bek. ''Maar dit kan mos nie wees nie!'' Ek bel die bure, maar geeneen sien die lig nie. Natuurbewaring bring twee radio's en 'n bakkie. Ons sal moet gaan kyk wat aangaan. Van die werkers kom sÍ die lig kom berg af.

Ons wag. Die spanning hang swaar. Dit is kwart oor nege. Skielik kom vyf manne uit die donker. Hulle is nat. Ek kan sien hulle is moeg. Die storie kom stuk-stuk oor 'n glasie van Jonkheer se ekstra-soetes.

Toe hulle eers die eerste waterval af was, was daar nie omdraaikans nie. Hulle kon net vorentoe. So kom daar toe sewe groot watervalle - die hoogste was 45 meter - en 'n hele klomp kleintjies. Elke man vat sowat tien tot vyftien minute om by elke val teen die tou af te gly. ''Was jy ook nog by, het ons nie vanaand onder uitgekom nie,'' sÍ een. Ja, dink ek, en hoe sou dit nie met nat klere aan die bas vir 'n nag lank in daardie kloof gevoel het nie.

Tonie moes by elke val voor gaan. ''Plek-plek kan jy nie sien wat onder aangaan nie. Jy sak maar net oor die rand en laat waai. Boonop piets die watervalle jou nog aanmekaar op die kop ook,'' vertel hy. ''Een ou vriend het later nie meer omgegee hoe hy afgaan nie. Toe ek sien, kom hy skoon onderstebo in die die harnas verstrengel by my verby, kop eerste die water in.''

Teen donker het hulle besef hulle was vas. Een vertel my hy het so eenkant gaan staan, oŽ toegemaak en gebid. Toe hy opkyk skreeu 'n ander van Írens bo af dat hulle die kloof uit is. Hy het 'n opening in die rotse gesien en gaan kyk. Was dit toevallig?

Wel, nou weet ons ten minste Leeuriverkloof is nie so onbegaanbaar as wat hy deur 'n verkyker lyk nie. Of ons Swellendamse vriende weer so 'n tog gaan aanpak? Ek weet nie. Maar ek dink: gee hulle maar net 'n kans om van die skok te herstel, dan soek hulle die volgende uitdaging.

click to go to top of page

Bonnievale wys geskiedenis is nie 'n dooie vak nie

Uit: Van Alle Kante, Die Burger, 13 April 1993

DIEGENE wat sÍ dat geskiedenis 'n dooie vakgebied is, se paadjie het nog nie met baasverteller Piet Coetzee en die storie van Bonnievale se ontstaan gekruis nie. Piet vertel die besondere storie sů dat jy eintlik koue rillings van lekkerte kry by die aanhoor daarvan.

Die mooiste deel van diť merkwaardige verhaal gaan eintlik nie soseer oor Bonnievale se geskiedenis self nie, maar wel oor die nagedagtenis van die man wat diť geskiedenis gemaak het. Piet het my nou een Saterdagmiddag daar in hulle Myrtle Rigg-Gedenkkerk sitgemaak en begin vertel.

''Kyk, soos wat enige goeie Bonnievaler jou behoort te kan vertel, was Christopher Forest Rigg eintlik die stigter en grondlegger van Bonnievale. Ons het al die tyd aangeneem dat oubaas Rigg net drie kinders gehad het, waarvan die eerste twee meisies jonk oorlede is en die derde, Myrtle, op sewejarige ouderdom op Bonnivale dood is.

''Hierdie kerkie waarin ons nou sit, is juis ter nagedagtenis aan haar opgerig. Ou Rigg het dus geen nasate gehad nie, of so het ons al die jare geglo.

''En toe kom hier so 'n paar jaar gelede een Sondagmiddag so 'n lang Engelsman aangestap. Hy het toe te vertelle dat hy Rigg se kleinseun is. Ons sÍ toe eers hy lieg, maar hy haal papiere en foto's uit om dit te bewys. Ons het maar eers swaar gesluk aan diť ding, maar ons moes hom tog later glo.''

Piet het 'n paar oomblikke stilgebly om diť deel van die storie goed te laat insink. Dit is toe daar waar die koue rillings my begin bekruip het, want ek het besef dat ek die aanhoorder van 'n baie besondere storie was. En toe Piet sy storie hervat, het ek met nuwe konsentrasie geluister.

''Daar hoor ons toe by diť Engelsman dat Rigg getroud was voordat hy hiernatoe gekom het. Hy en sy vrou Petronella, wat twee seuns gehad het, is volgens ooreenkoms uitmekaar. Daarna het hy weer met 'n nooi Boon van hierdie wÍreld getrou. Wat van Petronella se een seun geword het, weet niemand nie. Die ander een is AustraliŽ toe. Dit was nou die Engelsman van ons storie se pa.

''NŠ Rigg se dood het sy tweede vrou met daardie seun uit die eerste huwelik begin korrespondeer. So het sy ook koerante van daardie tyd, waarin heelwat van Bonnievale se geskiedenis opgeteken is, aan hom gestuur. Diť seun is later oorlede. ''Toe die kleinseun self ook na aftrede se kant toe begin staan het, het hy eendag sy pa se boekery begin aan kant maak en op diť briewe en koerante afgekom. Dit was die eerste wat hy van sy oupa te wete gekom het.

''Uit diť dokumente kom hy toe agter dat sy oupa iewers in 'n vreemde land 'n besproeiingskema op die been gebring het, en dat hy nie net 'n baie besonderse tonnel vir hierdie skema gebou het nie, maar ook 'n kerk. 'So kom dit toe dat hy nŠ 'n lang sielestryd die pad Bonnievale toe gevat het. Sy grootste vrees was dat sy oupa se besproeiingskema en die kerkie miskien lankal reeds nie meer bestaan het nie. Ons kan ons voorstel wat in sy gemoed omgegaan het toe hy uiteindelik hierdie pragtige groen skema en die nog meer besondere kerkie gesien het.

''Wat egter vir ons die wonderlikste was, is dat daardie vergete koerantberigte en sy ander dokumente 'n groot deel van Bonnievale se tot nog toe onbekende geskiedenis kon aanvul. Van daar kon ons die navorsing verder voer en het daarna op 'n hele trop ander verstommende feite oor Bonnievale se ontstaan afgekom. Dit was so al asof dit die sleutel tot 'n nuwe deur op ons geskiedenis was.''

Piet het stilgebly, sy kop so effens in eerbied laat sak en toe opgestaan om die ou vergeelde koerante, wat vir jare in AustraliŽ gelÍ het, aan my te wys. As dit nou nie 'n bewys is dat geskiedenis lewe nie, dan sal ons moeilik ander bewyse daarvoor kry.

click to go to top of pageclick to go to home pagecontact us

HOME | TOURS | ACCOMMODATION | ADVENTURE | TEAM BUILDING | CORPORATE EVENTS
TOURISM OFFICES | NEWS | WHY SOUTH AFRICA? | GUEST BOOK | AFRIKAANSE REISSTORIES
PHOTO ALBUM | ABOUT US | CONTACT US