HOME | TOURS | ACCOMMODATION | ADVENTURE | TEAM BUILDING | CORPORATE EVENTS
TOURISM OFFICES | NEWS | WHY SOUTH AFRICA? | GUEST BOOK | AFRIKAANSE REISSTORIES
PHOTO ALBUM | ABOUT US | CONTACT US

Rotse en proteas maak Paarlberg besonders (3 Oktober 1991); So vat die somer jou met die kloof saam in Riviersonderend se berge (21 November 1991); Suid-Afrika se eerste wandelpad vir blinde stappers ingewy (19 November 1993); Hier hou jy jou lyf koeksister; Bainskloof se Baviaanskloof waterval (3 Julie 1992); Patatskloof wag op voetslaners (13 November 1992); Die Limietberg se eerste dag vol geskiedenis (26 Julie 1994); Gedenk saam 'n tragedie van honderd jaar gelede (9 Mei 1995); Swellendam se Twaalfuurkop stap is sous oor die roomys (12 Julie 1994); Stap is beste medisyne teen die ouderdom (16 Augustus 1994); Vrolikheid bo 55 wys hoe op Fernkloof se paadjies (21 November 1995); Cats se pionierspad is nou Franschhoek se jongste (28 Maart 1995); Stap in Kromrivierkloof en ontdek waterval-juweel (18 April 1995); Mooi kabouterpad loop dwarsdeur die dennebos (13 Junie 1995); Seekoeirivier is belewenis vir stappers (6 Februarie 1996); Ontdek Tafelberg se waterstorie (28 Mei 1996); Silwermyn resservaat se waarde l in sy natuurskoon (26 November 1996); Arangieskop net vir dapper stappers (25 Junie 1996); Daar's 'n hele bos van feetjies en kabouters wat met jou wil praat (13 Augustus 1996); Geverfde voetspoortjies lei na Gifberg (8 Oktober 1996); Jan de Jonkheer se erfenis leef voort (15 April 1997); Heiligdom van die Magaliesberg bestyg (22 April 1997); Oor berge, dale het ons geswoeg, gesweet... (13 Mei 1997); Sederberg bendruk net wr buitelanders (24 Maart 1998); Ook die Visrivier is anders op Kallie se manier (3 Junie 1997); Visrivier se wonders wag om stappers te beloon (10 Junie 1997); Gemoed klimtol in Cradock Pas roete (9 Desember 1997); Selfs bobbejaan met kierie sukkel in Langkloof (13 Januarie 1998)

 

Rotse en proteas maak Paarlberg besonders

Uit: Die Burger, 3 Oktober 1991

DIE Paarlberg-Natuurreservaat is net die plek vir 'n gesinsuitstappie tussen die blomme. Hier stap jy ver ente deur mensho plate proteabosse. Paarlberg is eintlik net 'n plat heuwel op 'n graniet-onderbou wat oral in die vorm van groot, grys rotse uitsteek. Die bekendstes en grootstes hiervan is die Paarlrots (wat na bewering aan die dorp sy naam besorg het), Bretagne- en Gordonrots. Daar is wel 'n netwerk van rypaaie oor die berg, maar di word blykbaar, met die uitsondering van die Jan Philips-bergpad, met opset deur die owerheid verwaarloos om motorry op die berg te ontmoedig.

Draai kort by die KWV uit die hoofstraat berg se kant toe, en ry met die bergpad tot by Meulwater se veldblomtuin. Stop hier en klop by die inligtingskantoor by Meulwater aan, en vra raad oor waar om te stap. Jy kan natuurlik ook eers by die Taalmonument 'n draai maak, en dan daarvandaan Meulwater toe ry.

Wil jy die rotse gaan uitklim, swaai jy links voor die natuurtuin weg en stap tussen die ho dennebome deur Paarlrots se kant toe. Van daar kyk jy op die dorp uit. Stap daarvandaan verder padlangs tot aan die voet van Bretagnerots. Klouter dan daar uit vir 'n uitsig oor die Bergriviervallei en die vlakte wat tot doer teen Tafelberg strek.

Loop dan daarvandaan padlangs terug na Meulwater. Hierdie stappie behoort so twee tot drie uur te neem.

Wil jy gaan blomme kyk, draai jy regs voor die tuin tot in die motorpad. Daarvandaan is 'n magdom paaie om te volg. Gaan soek gerus na die vele piekniekplekke by Krismiskamp, Tredouxkamp, Waboomkamp en Oukraal. En dan is daar natuurlik nog Afrikarots ook, kompleet met 'n groot rotspoel in die vorm van Afrika in die graniet uitgekerf.

Stappers het geen permitte nodig om op die berg te stap nie. Onthou egter net, Paarlberg is 'n verklaarde Nasionale Gedenkwaardigheid en moet vir die nageslag bewaar word. Maak daardie braaivleisvuurtjie dus net by Meulwater.

Ek dink natuurlik Paarlberg regverdig 'n tweedagstaproete met 'n oornaghut daar by Waboomkop. So 'n roete kan by Meulwater begin, en anti-kloksgewys verby Oukraal tot by Waboomkop loop. Die volgende dag se stap kan dan verby Krismiskamp na die Taalmonument gaan, en dan padlangs teruggaan na Meulwater. Die voetslaanpad kan ook daar by Krismiskamp wegswaai, verby die Nantesdam en dan tussen Bretagne- en Gordonrots deur gaan, om op met die ketting teen Bretagnerots en dan af na Paarlrots en terug na Meulwater te loop. So kan 'n Nasionale Gedenkwaardigheid dan ook goed benut word.

Meer inligting rakende die Paarl, kan op die volgende maniere verkry word: tel 021-872-3829, faks 021-872-9376, e-pos: paarl@cis.co.za

click to go to top of page

So vat die somer jou met die kloof saam in Riviersonderend se berge

Uit: DIE BURGER, 21 November 1991

SOMERTYD is swemtyd in die Bolandse berge. Daarom is die vele diep klowe net die plek om nou te gaan stap. Een kloof waar jy beslis meer gaan swem as stap, is die een in die boloop van die Riviersonderend by die Nuweberg-bosboustasie naby Grabouw. En dan moet jy nog boonop tydens hierdie tog ook 'n paar maal van ho kranse af spring, tot doer onder in die diep donker waterkuile. Dis nou wat mens ''klowery'' of “kloofing” noem.

Die betrokke uitstappie begin by die Nuweberg-bosboustasie en volg dan die paadjie na die Boesmanskloofhut. Die groot pret begin by Boegoekloof se hangbrug. Daarvandaan is die kloof so nou dat jy net in die water kan af. Die eerste sprong is sommer kort n hierdie bruggie.

Wees braaf en spring. Moet tog nie voetjie vir voetjie probeer ingaan nie; jy gaan tog nat word. Plek-plek swem jy deur tonnels waar die water wie weet hoe diep en baie stil vloei. En dan staan jy skielik voor 'n sewe meter ho val waar jy moet af.

Eers gooi jy die rugsak af. Dan gaan staan jy, mik miskien drie maal en oorweeg dan om liefs die ruwe kranse uit te klim. Uitkomkans is daar egter nie, en jy moet maar daar af. Wees gewaarsku; spring met jou voete reguit af, en jou arms styf teen die lyf. Doen jy dit nie, gaan jy 'n paar ongemaklike brandkolle oorhou waar die water jou gaan slaan. Menige plastieksak en kosblik het al oopgebars by daardie afgooislag. Los liefs maar die kamera ook by die huis.

Na die ''groot spring'' volg daar nog baie waterkuile. Die swemmery eindig by 'n betonwal in die rivierloop. Droog daar af, trek die dro klere aan wat jy in 'n hele paar toegeknoopte plastieksakke saamgedra het en volg die bospaadjie tot aan die onderpunt van die Viljoenspas.

Teen daardie tyd is dit al laat middag. Dit sal help as julle 'n voertuig voor die tyd daar kan los, want so 'n dag van kloofspring kan jou nogal uitput en dan wil jy beslis nie die hele ent na Nuweberg terug stap nie.

Sien jy kans vir hierdie uitstappie, kan jy Kaapse Natuurbewaring by tel (021) 552-3689 bel om te bespreek.

(Die volgende storie gaan oor ‘n roete vir blinde stappers wat deels dieselfde roete volg wat avonturiers op pad na hierdie kloofuitstappie moet loop.)

click to go to top of page

Suid-Afrika se eerste wandelpad vir blinde stappers ingewy

Uit: Die Burger, 19 November 1993

DIE Palmiet-wandelpad is verlede Vrydag as onbegeleide staproete vir blindes in die Hottentots-Holland-natuurreservaat naby Grabouw geopen. Dit is nie net die eerste roete in sy soort in Kaapland nie, maar is volgens mnr. George Gundry, nasionale voorsitter van die Voetslaanfederasie, moontlik die eerste in sy soort in die land. Hierdie sirkelroete van ses kilometer vorm juis deel van die eerste gedeelte van die Landdroskop-voetslaanroete om die blinde voetslaner ook die geleentheid te gee om met siende voetslaners kontak te maak.

Die roete is s aangepas dat blindes dit sonder begeleiding kan gebruik, deurdat boomstompe langs die volle roete teen die kant van die pad gel is om as gids te dien. Gidshonde word op die roete toegelaat. By gevaarlike dele is syrelings langs die pad geplaas. Op verskeie punte langs die roete is interpretasieborde in braille aangebring waarop inligting oor die omgewing aangebring is. Inligting in gewone druk sal nog aangebring word.

Om die posisie van die inligtingsborde aan te dui, is spesiale gruisklippe voor die borde in die paadjie gegooi. Daar sal ook dun toutjies van die inligtingsborde na die onderwerpe van bespreking gespan word, sodat die blinde daaraan kan voel. Ook word beoog om draagbare bandopnemers aan die stappers te voorsien, sodat inligting oor die omgewing aan hulle oorgedra kan word.

Mnr. Rob Filmer, 'n blinde natuurbewaarder by die Transvaalse Natuurbewaring se Blyde-natuurreservaat, het verlede Vrydag spesiaal na Grabouw gekom het om die roete te stap. Hy was s bendruk daardeur dat hy vroeg aanstaande jaar wil terugkom om meer Bolandse stappaaie te verken.

Die inisieerder van die roete, mnr. Trevor Farr, natuurbewaarder van Kaaplandse Natuurbewaring, reken dat dit nog aansienlik uitgebrei kan word. Hy meen dat dit ook met sekere aanpassings vir rolstoelstappers toeganklik gemaak kan word. Daar was dan ook een rolstoelryer wat by die openingsgeleentheid die volle roete voltooi het.

Volgens vr. Carol Schffer, wat as sy helper opgetree het en 'n navorser oor die behoeftes van gestremdes is, was dit 'n moeilike en uitputtende tog en sal daar miskien 'n spesiale roete vir die gemiddelde rolstoelstapper gemaak moet word. Hierdie projek is moontlik gemaak deur die bystand van die Permanente Bouvereniging en die Voetslaanfederasie van Suid-Afrika.

Die kort sirkelroete is oop vir alle stappers. Dit begin en eindig by die Hottentots-Holland Inligtingsentrum, wat voorheen as die Nuweberg Bosboustasie bekend was. Besprekings kan by (021) 552-3689 gedoen word.

click to go to top of page

Hier hou jy jou lyf koeksister

Uit: DIE BURGER, 3 Julie 1992

BOBBEJAANSKLOOF, daar in Bainskloof, is een van daardie wegkruipplekke wat jy net aan jou beste vriende sal gaan wys. Juwele soos daardie is min in ons Bolandse berge te sien.

Bainskloof se Bobbejaansrivier is 'n sytak van die Witterivier wat so al langs die pas af kronkel. Dit onstaan hoog op die plato onder Groot-Wellington Sneeukop en Observation Peak, val dan teen 'n prentjiemooi ho waterval af, en gaan dan al kronkelend en teen verskeie kleiner watervalle af na waar dit ver onderkant die pas by die Witterivier aansluit. Daar is dan ook meer as genoeg mooi diep waterpoele langs die loop van hierdie rivier.

Laat-winter en herfs is die beste tyd om daar te loop. Dan is die veld oortrek met proteas, heide en vele ander veldblomme. Is jy gelukkig, en loop jy sag genoeg, sal jy ook die troppie klipspringers wat daar teen die hange van die kloof hou, voor jou sien uitwip.

Die Bobbejaanskloof-stap is glad nie maklik nie. Dit kos drie uur se sterk klim om bo by die waterval uit te kom. Die laaste ent is nogal gevaarlik ook; veral di deel waar jy jou lyf behoorlik moet koeksister om deur 'n nou rotsspleet te draai. Die laaste trappie na die waterval kan buitendien slegs deur ervare rotsklimmers met die regte toerusting aangepak word. Daar is boonop net vir vier tot ses mense plek op die rots, net na die koeksisterdraai. Kyk dus liefs van onder na die vallende watermassa.

Bobbejaanskloof se aangrensende bergland is een van daardie dele van ons berge wat swaar leef onder die gereelde onbeplande bergbrande. Die dele ten noorde van die kloof het juis vroer vanjaar kaal gebrand. Maar omdat sekere bolplante net n brande uitloop, sal daardie deel van die berg hierdie winter en lente 'n lushof van kleure wees.

Onthou tog, die kloof is baie gevaarlik n swaar ren. Veral die oorgang oor die Witterivier is lewensgevaarlik. Bly dus liewer by die huis as dit selfs net na ren lyk. Jy mag dalk net jou eie lewe, n die van jou medestappers spaar as jy dan daar wegbly. Dit wys maar net, Bobbejaanskloof is nie kinderspeletjies nie. Tog bly dit 'n ideale stapplek vir die hele gesin as die weer goed is.

Om die kloof teen 'n mensemassa te beskerm laat Kaapse Natuurbewaring net twaalf mense per dag daar toe. Bespreek dus vroegtydig by tel (021) 552-3689.

(Lees ook die volgende twee stories oor nog twee interessante stapplekke in die Bainskloof-omgewing en ook een storie oor ‘n berguitstappie van 100 jaar gelede wat bitter tragies geindig het.)

click to go to top of page

Patatskloof wag op voetslaners

Uit: DIE BURGER, 13 November 1992

VOETSLANERS wat van kort en maklike wandelroetes hou, kan nou na Bainskloof se kant uitwyk waar die veteraan-voetslaner Charlie Hitchcock 'n paar nuwe voetslaanpaaie op die plaas Patatskloof in die skadu van Wellington se Hawequaberg uitgel het. Dat hierdie Patatskloof-roetes nog 'n gewilde stapplek gaan word, is gewis. Miskien juis omdat dit so maklik bereikbaar is en ook maklik is om te stap.

Ek het onlangs self gaan kyk hoe dit daar lyk. Die mooi van hierdie paaie l juis in hul eenvoud. Charlie het my self gaan wys. ''Die mens wat hiernatoe kom, moet grondlangs kyk om die mooi te sien,'' s Charlie. En ek moet s, sowat van klein veldblommetjies het ek nog min op een kol sien staan soos juis hier.

Charlie het ook 'n paar interessante verrassings langs die pad aangebring, maar hy het gevra dat ek nie daaroor moet praat nie. Hy wil h die stappers moet self gaan kyk. Miskien kan ek tog die aap so effens uit die mou laat deur te s dat die Oom Sarel- en die Hawequa-roete die kinders se gunstelinge gaan wees.

Daar is tans vier paaie, naamlik Bakkies se Draai (3 km), Oom Sarel (5 km), Hawequa (6,5 km) en Beespad (7,75 km). Verdere paaie wat hor die berg sal ingaan, word nog beplan. Sou mense in rolstoele in die roetes belang stel, sal daar ook vir hulle voorsiening gemaak kan word.

Bakkies se draai en Oom Sarel kronkel hoofsaaklik deur denne- en bloekombosse. Tog staan daar ook welige fynbos in die oop kolle tussen die bome. Hawequa en Beespad gaan weer deur die oop veld van waar die stapper ver oor die Wagenmakersvallei kan uitkyk.

Toegang tot die paaie word van Bakkies se Padstal (sedert 1998 bekend as The Oasis) aan die begin van die Wellington-kant van die Bainskloofpas verkry. Hulle telefoonnommer is (021) 873-4231.

click to go to top of page

Die Limietberg se eerste dag vol geskiedenis

Uit: DIE BURGER, 26 Julie 1994

DIE Limietberg Voetslaanpad is een van die weinige nasionale voetslaanpaaie hier in die Boland. Dit is ontwikkel om deel te wees van 'n stelsel aaneenlopende voetslaanpaaie reg deur die land. Hoewel hierdie gedagte nie heeltemal suksesvol was en toe nie ten volle tot uitvoer gebring is nie, is die voetslaanpad self besonder gewild.

As tweedag-roete bied di 35 kilometer lange voetslaanpad 'n ideale naweekstap. Dit begin aan die Paarl kant van die Du Toitskloofpas en eindig aan Wolseley se kant van die Bainskloofpas. Benewens die natuurkundige aspekte van die gebied waardeur dit gaan, bied dit ook 'n interessante perspektief op die invloed wat die mens deur die vestiging van verkeerswe deur daardie deel van die Wes-Kaapse berge gehad het.

Hierdie is beslis nie 'n roete vir diegene wat vir die eerste maal 'n rugsak oor die skouers swaai nie. Hoewel die eerste dag se stap nie te moeilik is nie, kan die afstand van sowat agtien kilometer nogal aan 'n beginner eet. Waar die eerste dag vir lang gedeeltes rypaaie volg, is die tweede dag se stap van sowat sewentien kilometer 'n ware bergstap langs bergpaadjies. Ook di deel kan beginners onkant vang.

Omdat die begin- en eindpunte so ver van mekaar en aan weerskante van 'n bergreeks gele is, is vervoerrelings ook 'n taamlike beslommernis. Ten spyte van al hierdie negatiewe kritiek teen die pad, behoort elke voetslaner tog die een of ander tyd die moeite te doen om wel daar uit te kom.

Die stap begin eintlik by die ou Hawequa bosboustasie teen die voet van die Drakensteinberg, maar baie voetslaners rel dit so dat hulle op die kruin van die Du Toitskloof Pas afgelaai word. Op di manier mis hulle dan die deel van die pad deur die denneplantasies. N die groot vuur van 1989 het die grootste deel daarvan in elk geval afgebrand.

Van die kruin van die pas kronkel Telkom se teerpad die berghang uit. Vir party is dit 'n sen; vir ander weer 'n pyniging. N die eerste steilte sak die pad deur 'n laagte, weer op, en waar dit dan weer afplat, moet jy uitkyk vir die voetpaadjie se afdraai aan jou regterkant.

Dit is daardie deel van die voetpad waar dit altyd vir my voel asof ek binne-in 'n skildery stap, want sowat van 'n verskeidenheid van kleure soos wat daar te sien is, moet enigiemand aanspreek.

Sowat dertig minute se stap van die teerpad af begin die afwaartse tog Bainskloof se kant toe. Van daar af kyk jy deur 'n bergvallei tot ver in die Swartland. Junction Pool blink ook welkom van daar bo af onder in die boloop van die Witterivier.

Die vallei voor jou gaan een of ander tyd onder water kom indien die Paarl se munisipale mense hulle sin gaan kry om 'n dam daar te bou. Die baklei oor die wenslikheid daarvan kom egter al daar van die 1950's af aan en is nog steeds aan die gang.

Gedurende die somer is Junction Pool 'n besliste stopplek. Beplan jou stap dan ook s dat jy lank daar kan oorstaan. Onthou net dat die oornaghut nog sowat een en 'n half tot twee uur se stap van daar is. Op pad daarheen moet jy oor die eertydse plaas Oostenberg van wyle P.J. Hugo, wat groot dinge in daardie bergwreld wou aanvang. Waar die paadjie oor 'n baie diep watersloot gaan, moet jy begin uitkyk vir tekens van vroere menslike bewoning.

Daardie deel is in 1839 vir die eerste maal aan 'n sekere J.J. van der Merwe toegeken. Daarna het die Wellington Electric Light Power Syndicate en De Beers Consolidated Mines dit ook besit, en toe het P.J. Hugo dit in 1938 gekoop om sy droomhuis daar in die berg te bou.

Kyk kort n die watervoor uit vir so 'n effense hoogtetjie langs die pad. Draai daarheen af en gaan soek die gedenksteen vir Hugo en sy seun. Die murasie van Hugo se eertydse herehuis het vir amper dertig jaar kort neffens daardie koppie van hoog bo die Bainskloofpas oor Wellington en die Swartland uitgekyk. Dit het in 1949 afgebrand sonder dat hy dit ooit betrek het. Vandag is daar feitlik niks van Hugo se werk te sien nie. Sowat twintig jaar gelede was die vrugteboorde en ander geboue nog daar te sien, maar di is sedertdien alles deur die natuurbewaarders verwyder.

Nog 'n interessante stukkie geskiedenis is kort voor die hut op 'n ander gedenksteen te lees, waar vertel word van 'n groepie studente wat 1895 daar verdrink het. Dit is dan die eerste deel van die Limietberg Voetslaanpad. Besprekings vir hierdie voetslaanpad kan by (021) 552-3689 gedoen word.

click to go to top of page

Gedenk saam 'n tragedie van honderd jaar gelede

Uit: DIE BURGER, 9 Mei 1995

BAINSKLOOF se Witterivier was op 23 Mei 1895 'n bruisende, rollende watermonster. Die vorige oggend is 'n groepie onderwysers en studente van Wellington se Huguenote Seminarie nog deur 'n stadig vloeiende stroom om Klein Wellington Sneeukop aan die anderkant uit te klim. Wat later daardie dag sou gebeur, kon niemand seker vroegoggend voorsien het nie. Daarom dat ons in vandag se rubriek terugdink aan daardie vier wat komende 23 Mei honderd jaar gelede in die Witterivier verdrink het.

Dit was 'n koel oggend toe die groepie die berg uit is. Naby die kruin het die ren hulle oorval, en die groep het in twee verdeel en teruggedraai. Piet van der Merwe se groep het wel Wellington die aand bereik, maar Carl Pauw se groep is deur die rivier voorgekeer. Die reddingspan het hulle daardie nag om tweeuur bereik, maar hulle moes tot die volgende oggend wag met die reddingspoging.

Die stroom was sterk en Christiaan Krynauw is ligdag in lewensgevaar met 'n tou oor die rivier. Lettie de Jager was die eerste om met behulp van die tou te probeer om vanaf die anderkant deur te kom, maar die watermassa het haar op 'n rots in die middel van die stroom vasgekeer. Nog redders is die stroom in, maar van hulle is ook deur die water oorval.

Die eerste was Francois van Dyk. Die omstanders het sy stryd nog in verbystering staan en aanstaar toe Lettie van die rots gevee is. Lourens van Dyk is agter haar aan, maar ook hy is meegesleur. Krynauw is met die tou agterna, maar die koue en uitputting was toe reeds te veel vir hom, en ook hy is die skuimende watermassa ingesuig.

Die res van Pauw se geselskap kon toe darem veilig die rivier oor. Vandag staan daar knap neffens die Boland Voetslaanpad 'n klein gedenknaald wat daardie tragiese gebeurtenis herdenk. Volgens 1959 se Joernaal van die Bergklub van Suid-Afrika het P.J. Hugo dit daar opgerig. Menige voetslaner het dit seker al daar sien staan, en gewonder wat dit nou eintlik daar maak. Wel, na dese is daar darem so ‘n bietjie meer daaroor bekend en kan stappers, wanneer hulle daar verby kom, in stilte net die hoed ‘n slag lig uit respek vir die tragedie wat honderd jaar gelede daar afgespeel het.

click to go to top of page

Swellendam se Twaalfuurkop stap is sous oor die roomys

Uit: DIE BURGER , 26 Februarie 1993

TWAALFUURKOP is sekerlik Swellendam se bekendste bergpiek, maar tog redelik onbekend onder voetslaners buite di dorp. As een van 'n hele reeks uurkoppe in die Langeberg by Swellendam bied dit 'n dagstap vir voetslaners wat so 'n bietjie ekstra opwinding soek.

Swellendam se uurkoppe, vanaf Nege-uurkop in die ooste tot by Eenuurkop in die weste, was reeds vroeg aan die ou reisigers wat daar tussen die berge en die see deurgetrek het, as landmerke bekend. Vandag bied Tienuur- en Twaalfuurkop twee gewilde staproetes vir Swellendammers en besoekers.

Hierdie twee voetpaadjies is deel van 'n hele netwerk van paaie binne die Marloth Natuurreservaat wat daardie hele berggebied van sowat 11 000 hektaar deurkruis. Die baie gewilde Swellendam Voetslaanpad is deel daarvan. Twaalfuurkop se stap is egter die sjokoladesous oor die roomys. Hy is koning! Seker daarom dat dit in die ou dae ook as ''Crown Peak'' bekend gestaan het.

As kinders is Twaalfuurkop altyd vir ons as taboe voorgehou. Daar is altyd vertel hoe gevaarlik dit is. Di van ons wat nog kan onthou hoe 'n helikopter in 1957 vir dae lank oor die bergklowe gewoer-woer het, sal weet dat di taboe sy ontstaan gehad het by die twee seuns wat daar dood is toe hulle in die mis verdwaal het.

Ek was dus al hier diep in die horskool toe ek vir die eerste maal daar mog uit. Ek en Oom Nico (Kraai) Oosthuizen het nou die dag weer daardie epiese tog in herinnering kon roep toe hy met ons daar uit is. Dit was omtrent 'n klim!

Die eerste deel tot by die eerste rusplek op die Plaat, waar die gedenkteken ter herinnering aan die twee skoolseuns staan, was nogal steil. Van daar het dit sommer klim gekos. Ek onthou my teleurstelling nog goed toe ons ''bo'' aangekom het, en toe moes sien dat ons nog hor moes gaan; eers oor 'n skerp mesrug van rotse en toe weer op en op teen 'n skurwe rotskop, tot heel bo by die baken.

Deesdae pak Swellendam se voetslaners en bergklimmers hierdie drie tot vier uur se klim sommer gereeld aan. My pa hou seker die onaangetekende rekord, want hy was maklik meer as honderd maal die afgelope ongeveer tien jaar daar uit. Tog jammer hy het nie getel nie.

S, diegene wat kans sien vir 'n uitdaging, kan Twaalfuurkop gerus aanpak. Onthou net, alhoewel daar 'n goeie paadjie is, is hy nog steeds verraderlik gevaarlik. Wees voorbereid op alle weersomstandighede as jy daar uitgaan. Dit kan selfs in die somer ook sneeu. En onthou tog om water saam te dra.

Vir meer inligting rakende Swellendam kan die inligtingskantoor op die volgende maniere gekontak word; tel & faxks 028-514-2770. e-pos: infoswd@sdm.dorea.co.za

click to go to top of page

Stap is beste medisyne teen die ouderdom

Uit: DIE BURGER, 16 Augustus 1994

STAP en bergklim is 'n sportsoort wat deur alle ouderdomsgroepe beoefen en geniet kan word. Daarom dat ons dan ook heel dikwels in een stapgroep sien hoedat daar nie net kleingoed is wat in 'n spesiale rugsak op Pa of Ma se rug saam ''stap'' nie, maar dat ook Oupa en Ouma die rugsak oor die skouers beur om die aanloklikhede van die veld te gaan opsoek.

My eie gesin is miskien 'n goeie voorbeeld van hoe di verskeidenheid van ouderdomsgroepe die veld ervaar. Self het ek danksy die betrokkenheid by die Voortrekkers vanaf my senior laerskooljare die geheimenisse van die natuurwreld om my leer ken. My pa was egter een wat eers daar kort by sy aftreetyd aktief begin bergklim het, en dit nog steeds baie geniet. My spruite het daarteenoor die bergklimmery en uitkampery saam met hulle moedersmelk ingekry omdat hulle sommer van die doekstadium af reeds saam is na waar ek ookal die berge in is. Daarom dat Oupa nou die dag heel brebors kon rondloop toe hy sy eerste kleinseun die moeilike steiltes van Swellendam se Twaalfuurkop kon uitneem.

Soos ges, is di stappery in natuurgebiede vir oud en jonk aan te beveel. Tog lyk dit asof die verskillende ouderdomgroepe verkies om maar liefs saam met medestappers van hulle portuur veld toe te gaan. S bel Jan Liebenberg my nou die aand om te hoor waar hy as afgetrede 62-jarige by 'n groepie ouer stappers kan aansluit. Di gesprek het my aan die dink gesit, want ek weet nie van enige groep afgetredenes waarheen ek Jan kon verwys nie. Daarom dat ek graag van sulke groepe sal wil verneem. Ek het wel die dag voor Jan my gebel het, 'n groepie afgetrede Suid-Kaapse voetslaners onder leiding van Andr Pretorius by Ruiterbos naby Mosselbaai raakgeloop. Hy het toe te vertel dat hulle groep elke Donderdag iewers in hulle omgewing gaan stap.

Te oordeel aan die vrolike gees wat daar onder hulle geheers het, is di stappery beslis 'n kuur teen verveling en oud word. Hulle stappery is beslis 'n teenvoeter vir oud word, want daar was maar min van hulle wat ouer as vyftig gelyk het. Ook ander ouer stappers en bergklimmers beweer dat hulle aan geen beter teenmiddel teen liggaamlike agteruitgang kan dink as juis gesonde ontspanning in die natuur nie.

Een van hulle is Wally Struthers. Wally is al 84 jaar oud, en hy stap nog steeds die berge vol. Diegene wat dikwels by Tafelberg kom, moes hom al daar raakgeloop het, want hy probeer om elke week daar uit te klim. Ons loop mekaar nog van tyd tot tyd by die Bergklub van Suid-Afrika se byeenkomste raak, en ek staan elke maal verstom as ek sien hoeveel plesier Wally uit di klimmery put.

Een van di geleenthede was kort voor Nuwejaar toe 'n paar van ons bergklimmaats vir 'n paar dae in een van ons berghutte in Du Toitskloof gaan uitrus het. Ons was laatmiddag aan die kosmaak toe ons 'n eensame figuur ver onder in die voetpaadjie na die hut sien aankom. Eers het ons gewonder wie so stadig die bult aan die opkom was, maar later het ons Wally aan sy houding en kleredrag uitgeken.

Ek het gou die entjie berg-af na hom toe gedraf om hom met sy sak te help. By hom aangekom, was hy heel dankbaar. Bo by die hut was dit omtrent 'n ere-verwelkoming. Almal ken natuurlik vir Wally, en hy is omtrent op die hande gedra. Self was hy heel opgewonde, want hy het vroer daardie dag gehoor dat die Bergklub ere-lidmaatskap aan hom toegeken het, en hy wou dit graag saam met ons op die berg vier. Daarom dat hy laatmiddag gou daar uitgeklim het.

So is daar sekerlik nog baie meer ouer en bele bergklimmers in ons geledere. Laat hoor dus van julle. Laat weet ook sommer waar en wanneer julle gaan stap, sodat ons mense soos Jan Liebenberg by ons sport kan betrek. My adres is eksplor.sa@mweb.co.za en my telefoonnommer (021) 975-6531. (Die uiteindelike gevolg van hierdie versoek kan in die volgende artikels gesien word. BvZ)

click to go to top of page

Vrolikheid bo 55 wys hoe op Fernkloof se paadjies

Uit: DIE BURGER, 21 November 1995

DIE voetslaanklub vir ouer en rustiger stappers wat vroer vanjaar op die been gebring is, is een van die positiewe bydraes wat di rubriek aan voetslaners kon lewer. Die gedagte het verlede jaar by Jan Liebenberg ontstaan. Hy het toe pas afgetree en stapmaats begin soek wat die lewenspas, en daarmee ook die stappas, so effens stadiger wou benader. Dit was die begin van Voetslaanklub Vyf-en-Vyftig.

Verlede week het ek die eerste keer saam met hierdie groep gaan stap en was verras oor wat ek daar gesien het. Die stapplek was die Fernkloof Natuurreservaat by Hermanus. Ek is begroet deur nege-en-dertig lewenslustige ''oumense'', wat elk meer as net 'n vonkel in die oog had om te wys dat hulle dit wat die lewe bied, ten volle geniet.

Eerste by om te groet was die voorsitter, dr. Koos Roos. Dit was duidelik dat hy nie meer vandag se kind is nie, maar die stapkierie was in die hand en hy was reg om die berg aan te pak. Kort agter hom het die sekretaresse, Nora Booysen, gestaan. Sy het pas ouderdomsgewys gekwalifiseer om lid van die klub te word. Aan daardie pragtige glimlag van haar was dit duidelik dat sy nog vir baie jare plesier uit di stappery wil kry.

Tot my skande moet ek erken dat dit my eerste besoek aan Fernkloof was. Dat dit 'n heerlike stapplek is, is seker. Die stappaadjies is almal goed versorg en nrens te steil nie. Die fynbos staan dig, daar is 'n paar pragtige klowe en die uitsig oor Walkerbaai is onverbeterlik.

Die uitstappie saam met die bo vyf-en-vyftigs was 'n ondervinding wat my nog lank sal bybly. Om veertig lewenslustige stappers almal bymekaar te hou is geen maklike taak nie. Die voorstes is vinnig-vinnig die rant uit. By die waterval het almal weer bymekaargekom. Daar merk ek toe dat een se drinkwater darem so effens bruiner as die bergstroompie se water was. Toe besef ek dat die klompie al goed bele is en weet hoe om die lewe oral ten volle te geniet.

Dit was duidelik dat die stappers nie daardie dag lus had om berge te klim nie. Dit, s hulle toe vir my, het hulle tydens hulle vorige uitstappie teen die Kasteelberg uit gedoen. Hulle wou liewers al in die klowe langs hou, en boonop was hulle bra haastig om by die piekniek se etery en saamgesels uit te kom.

S is ons toe kortpad van Fernkloof se waterval na Waterkloof se damme. Dit het so effens van 'n klimmery gevra om bo by die derde dam te kom, maar die sweet was beslis die moeite werd. Terug by die beginpunt is die komberse oopgegooi, die kosmandjies uitgepak, die biere en ander edelvoggies oopgemaak en die dag se eintlike gesels het begin. Daar is lank gesels, want di klompie is geesgenote met baie om te deel.

Ek het by Nora en dokter Koos gaan sit om meer van die klub te verneem. Nora vertel toe dat hulle ledetal al so aan die honderdtal vat, en dit is voorwaar 'n prestasie vir 'n jong klub wat in Februarie gestig is.  Almal bo 55 jaar is welkom om lid te word van die Voetslaanklub Vyf-en-Vyftig. Om beide die afgetrede en ''werkende'' voetslaners te akkommodeer, hou hulle Woensdag- en Saterdagstappe.

Na my kuier by hierdie groep “oumense” is dit nou vir my duidelik dat hulle hulle “jeugdigheid” te danke het aan die heerlike oefening wat hierdie stappery hulle bied.

(Januarie 2000 – tot my spyt moet ek s dat die klub se voorsitter nie wil toelaat dat ek hulle adres of telefoonnommers publiseer nie. Volgens hom het hulle nou te veel geword en is die groepe deesdae onhanteerbaar groot, met tot 70 stappers wat soms op een slag saamstap. BvZ)

click to go to top of page

Cats se pionierspad is nou Franschhoek se jongste

Uit: DIE BURGER, 28 Maart 1995

FRANSCHHOEK het so pas 'n baie interessante nuwe stappad gekry. Attie Steyn het nou die dag 'n lang faksboodskap daaroor aangestuur. Ek kon ongelukkig nie by die openingsgeleentheid wees nie, maar ek wil darem so ietsie daarvan vertel.

Eintlik is ek baie opgewonde oor hierdie pad. Die ou pionierspaaie oor die Kaapse berge is 'n studierigting wat my al jare lank besig hou. So pas het ek 'n intensiewe studie oor Bainskloof voltooi, en begin voelers uitsteek oor die oopstel van Bain se oorspronklike voetpad deur die Limietberg. Nou kom Attie en Franschhoek se munisipaliteit en spring my voor met die oopstelling van die historiese Cats pad as voetslaanpad.

Volgens Attie se inligting volg dit so naastenby die spoor van die eerste rypad wat in 1818 deur Samuel Johannes Cats daar by Franschhoek oor die berg gebou is. N Cats se pad is eers die Holloway pad gebou, en toe die huidige Franschhoekpas.

Dat hierdie nuwe stappad 'n mooi pad moet wees, is seker. Dit begin aan Franschhoek se kant by die opgaardamme teen die berg, en stryk dan skuins onderkant die huidige pas langs tot bo-op die nek. Daarvandaan sak dit aan die anderkant al langs die pas af tot by die uitspanning aan die Villiersdorp kant van die pas.

Hierdie pad van net so oor die 10 kilometer l gedeeltelik binne die Mont Rochelle Natuurreservaat wat deur Franschhoek se munisipaliteit beheer word. Meer inligting daaroor en permitte vir die stap is by die munisipaliteit by Posbus 18, Franschhoek, of (021) 879-2055 te kry. 'n Netjiese kaart van die voetslaanpad is ook beskikbaar.

click to go to top of page

Stap in Kromrivierkloof en ontdek waterval-juweel

Uit: DIE BURGER, 18 April 1995

DIE somer is ook al weer iets van die verlede. Ek wou nog van so baie heerlike somerstapplekke vertel, maar nou sal hul stories tot later vanjaar moet wag. Tog wil ek darem net gou eers van 'n baie besondere kloof hier in ons Bolandse berge vertel voordat die winter heeltemal sy ysige kloue in ons geslaan het.

Di spesiale stapplek is die Kromrivierkloof daar in Du Toitskloof. Sommige noem dit ook Onder-Kromrivier of Cul de Sac. Eintlik is dit nie die kloof self wat die voetslaners daarnatoe lok nie, maar die waterval diep die berg in. Die woord ''mooi'' kan eintlik nie reg daaraan laat geskied nie. ''Fantasties'' ook nie. Ek skat die woordeboekskrywers moet nog 'n woord skep vir iets soos daardie.

Ek was aan die begin van Februarie saam met die Apex Stap- en Buiteleweklub daarheen. Aan die begin van die kloof dink jy dit lyk maar net na ng 'n kloof. Maar hoe dieper jy daarin op stap, hoe mooier word dit. Soos jy stap, pak jy maar kort-kort af om eers te swem, want as dit darem s warm is soos daardie dag toe ons daar was, bied iedere waterpoeletjie 'n welkome koeltetjie.

So gaan jy kuier-kuier die kloof op tot by 'n waterval waar dit lyk asof jy nie verder kan nie. Spring daar maar eers weer in die water om af te koel. Pak daarna die rotswand net daaragter. Die opklim is wel moeilik en gevaarlik, maar wie nie daar kan op nie, sou in elk geval nie so ver die kloof kon opkom nie.

Dis juis wanneer jy nog so gebukkend onder die bosse probeer deur dat jy skielik besef nou betree jy 'n baie spesiale plek. As jy mooi kyk, sal jy eerste die groot gat water sien. En as jy nader staan, begin die rotswand waarteen die waterval na benede tuimel, ook opdoem. Hoe hoog dit is, wil ek nie eens skat nie, maar dis bitter hoog en sommer reguit uit boontoe.

Dis 'n plek waar jy nie die water met 'n lawaai bestorm nie. Nee, gaan sit eers en verwonder jou net aan wat jy sien. Dan trek jy stadig uit, loop voel-voel water toe, kyk mooi na die blou-groen kleur van die water die diepte in en kyk dan op na die waterval. Staar lank daarna en steek dan eers die een voet in en dan die ander voordat jy stadig afsak in die water.

Terugdraai huis toe wil jy eintlik nie daarna nie. Dis al asof daar oeroue mites om die val en die poel verweef is en jou daar wil vasvang. Tog moet rede en verstand uiteindelik wen en moet jy terugdraai. Gelukkig is daar darem heelwat swemplek op pad terug.

Tog sal jy baie beslis 'n gevoel kry dat niks ooit weer by die wonder van die eerste aanskoue van Kromrivier se waterval sal kom nie. Ek is amper huiwerig om dit te s, maar besprekings om daar te gaan stap, kan by Kaapse Natuurbewaring (021) 552-3689 gedoen word.

click to go to top of page

Mooi kabouterpad loop dwarsdeur die dennebos

Uit: DIE BURGER, 13 Junie 1995

DIE wreld om Elgin en Grabouw kan sekerlik heelwat bied aan voetslaners. Safcol, die Bosbou van vroer jare, het laat verlede jaar 'n baie besondere klompie voetpaaie digby die Eikenhofdam bekend gestel. Ek en 'n groepie stapvriende het gedurende middel Mei gaan kyk hoe dit daar lyk.

Wat ons gevind het, was sommer 'n groot verrassing. Aanvanklik het die spannetjie wat saam met my was maar bra skepties gestaan teenoor 'n stappery in 'n denneplantasie, want hulle is eintlik fynbosliefhebbers, en sou veel eerder in die oop bergwreld wou stap. Ons was egter nie ver die bosse in nie, toe sien die eerste een 'n rare fynbosplantjie, en daar raak hulle toe skielik die ene o vir wat nog alles teen die pad te siene was. En s het dit toe die hele dag gebly.

Daar is verskeie paaie in die gebied. Byna almal kan as sirkelroetes voltooi word. 'n Redelik akkuraat getekende kaart is by Safcol op Grabouw te kry. Klein wit bordjies met bergfietse daarop afgebeeld, dui aan dat fietryers ook sommige van hierdie voetpaaie gebruik.

Vir die eerste sowat 2 km gaan die pad oor gelyk terrein tussen die denneplantasies deur. Net voor dit die Wesselsgatrivier kruis, draai 'n kort eenrigting voetpaadjie al teen di rivier op. Die hoofsirkelroete draai net na die brug oor Wesselsgat weg. Die volle afstand van di sirkelroete, asook die stuk pad vanaf die voertuigpark tot weer terug by die rygoed, is sowat 15 km.

'n Derde roete vanaf Wesselsgat gaan direk na die Keeromrivier se waterval en terug, en 'n vierde loop eers al met die dam se noordelike oewer langs en dan teen die Keeromsrivier op na die waterval en terug. 'n Vyfde roete neem kortpad tussen al hierdie paaie na Keerom se waterval. Dis egter nie die maklikste pad daarheen nie, want stap jy daarlangs moet jy eers oor 'n bergie om by die waterval te kom.

Ons het laasgenoemde gekies om darem so 'n bietjie oefening ook in te kry. Bo-op die bergie aangekom, is daar eers gestop om die uitsig te bewonder. Ons was nog aan die sitplek soek om darem behoorlik te kon rus toe een van die nooiens 'n bottel vonkelwyn, lemoensap en eetgoed uitpluk. ''It's my birthday today,'' vertel sy, en toe storm almal om darem so 'n ou gelukwensinkie ook in te kry.

Na di verposing is ons berg-af, waterval toe. Daar aangekom, merk ek di spulletjie sien nie kans vir die water nie. Drie van ons het darem gevoel dat ons die laaste swem van hierdie seisoen moes probeer inkry, al was dit ook net so twee keer se vinnige in en uit. Teen daardie tyd was almal oortuig dat di stap wel die moeite werd was.

Min het ons geweet dat die mooiste deel nog met die terugloop voorgel het. Sommer kort na die wegtrekslag daar by die waterval swaai die paadjie toe die digte bosse in. Ons kon sien dat dit 'n redelik vars oopgekapte paadjie is. Hoe verder ons geloop het, hoe meer was ons oortuig dat wie ookal daardie paadjie uitgel het, aan feetjies en kabouters moet glo, want as daar so iets bestaan, dan moet hulle daar iewers hou.

Dis beslis 'n droomwreld vir kinders. Die bosse is hoog en dig om jou soos jy daar loop. Kort-kort gaan die paadjie oor die stroom, en plek-plek sommer so al op die klippe in die stroompie af ook. Op twee plekke word jou balans ook getoets waar jy vir 'n hele ent op 'n groot ou dik waterpyplyn moet loop om oor die stroom te kom.

Ek sou s dat hierdie paadjie darem net vir die somer sal deug. Met ons besoek was die klippe reeds gevaarlik glad, en as dit net effens gaan ren, gaan die stappaadjie plek-plek onder water wees. Daarom moet jy wintertyd liefs maar in die bosbouers se dienspaaie langs hou.

Die heerlikste van al hierdie paaie in Eikenhof se bos is dat dit heel maklik stap. Ons het hoeka 'n vrolike klomp ouer voetslaners van die Strand se Strandlopertjiegroep ook daar raakgeloop, en hulle kon nie uitgepraat raak oor hierdie pragtige stapplek nie. Wie self wil gaan kyk wat daar alles in Eikenhof se bosse te sien en te doen is, kan Safcol se mense gedurende kantoorure by (021) 859-2606 skakel om plek te bespreek.

click to go to top of page

Seekoeirivier is belewenis vir stappers

Uit: DIE BURGER, 6 Februarie 1996

COLESBERG l kort by die Oranjerivier, daar op die grens tussen die ou dae se Kaapkolonie en die Vrystaat. Vir voetslaners mag daardie wrelddeel, oppervlakkig beskou, miskien nie veel belofte as bergklimwreld inhou nie. Tog het Carools en Aletta Venter 'n waagstuk aangegaan, en met groot sukses die Seekoeirivier Voetslaanpaaie daar uitgel.

Dit was so 'n stuk of drie jaar gelede dat Hansie Volschenk van Robertson se wreld my gebel het om van Carools en Aletta se vakansieplaas te vertel. Ek kon egter eers aan die einde van verlede jaar daar uitkom.

Ek het hier van Touwsrivier af al in die ren gery. Net anderkant Hanover was dit egter asof daar 'n groot seil oor die Karoo getrek was en geen druppel water het daarvandaan verder geval nie. By Carools en Aletta op die plaas aangekom, kon ek sien dat daardie wreld bitter droog was. Aletta het die koffie gebring en ek het begin uitvra. Sy het foto's gebring en een gewys wat in Oktober geneem is, toe daar nog water in die Seekoeirivier was. Ander het kinders gewys wat in die rivierpoele geduik het.

Later die middag ry ons toe af rivier toe. 'n Eensame visarend het hoog bokant die laaste poeletjie modderwater op 'n tak gesit. So met die ryery vertel Carools dat hy daar gebore is, en dat dit die eerste keer in meer as vyftig jaar is dat hy die Seekoeirivier se gate leeg gesien het.

Ek ry daar weg met drome van blomvelde en diep rivierpoele wat weer eendag sou kom. Weer ren dit van net anderkant Colesberg af vir sover ek ry. By Noupoort, Middelburg en Graaff-Reinet staan oral damme water. Ook tussen Ladismith en Barrydale, wat voorheen as 'n rampdroogtegebied verklaar was, staan die granaatbosse geel in die blom. Net op Colesberg bly dit droog.

Kort voor Kersdag kom die nuus egter dat die Seekoeirivier by Colesberg vloei. Ek bel Carools daardie aand, en dis 'n ander mens wat anderkant antwoord. Hy s daar was die vorige aand voetslaners wat onder teen die rivier gekamp het. Vroeg daardie oggend toe kraak die geselsradio in die gang. Dit was hulle wat hom gesoek het om te vertel dat die keerwal voor die kamp aan die oorloop was, so vol was die rivier. Carools s hy het rivier toe gery en van dankbaarheid daar gaan sit en huil.

Ek skat ek gaan self sommer binnekort 'n paar voetslaners hier in die Kaap bymekaarmaak om daar te gaan stap. Daardie wonder van water in die Seekoeirivier wil ek ook sien. So sal ek ook graag sommer daar langs een van die voetpaadjies in die Bobbejaandam wil swem as hy weer vol is, en hoe mooi sal dit nie wees om al die fonteine weer te sien loop nie.

Die Seekoeirivier Voetslaanpad loop oor berge en deur dale. Aan uitsigpunte is daar geen tekort nie, en plek-plek loop die pad so hoog dat jy tot ver in die Vrystaat kan sien. Onder teen die rivier loop jy tussen bosse deur, en daar is hope vols wat om jou in die bome baljaar. Dis ook nie onmoontlik dat jy 'n trop bobbejane daar iewers tussen die kranse kan raakloop nie.

Die eerste dag se stap is maar 5 km, die tweede dag s'n 15 km en die derde dag s'n dan weer slegs 7 km. Daar is verskeie soorte oorslaapplekke. Die een is 'n plaashuis by die Venters op die werf. Die ander is 'n plaashuis op 'n buurplaas, en die interessantste is die boskamp by die keerwal in die Seekoeirivier.

Carools s dat die ouens wat langer wil kuier, ook bergfietse kan saambring, en tot so ver as die Doornkloof Natuurreservaat kan ry. Hoewel die formele voetslaanpaaie nou onlangs maar aangel is, is Seekoeirivier al lankal 'n plaaskuierplek. Die Venters het ook 'n hele paar eersteklas oornagkamers by hulle op die werf.

Aletta vertel my nou die dag dat hulle die afgelope vakansie behoorlik besig was met die sowat 700 gaste wat in daardie tyd daar oornag het. Carools s dat hulle sommer heelwat buitelanders ook daar kry. Hy is natuurlik 'n meesterbraaier en 'n gasheer soos min as hy eers daar neffens die plaashuis onder die rietdakskerm agter die kroegtoonbank ingeskuif het.

Wie self daar teen die Seekoeirivier 'n draai wil gaan maak, kan gerus vir Carools of Aletta by (051) 753-1378 bel.

click to go to top of page

Ontdek Tafelberg se waterstorie

Uit: DIE BURGER, 28 Mei 1996

TAFELBERG bied 'n hele netwerk van stappaadjies vir diegene wat daar wil gaan wandel. Benewens die mooi natuurskoon, is daar ook 'n hele klomp geskiedenis raak te loop. Ek het hoeka nou die dag tydens ‘n stap daar op die berg op die interessante storie van Tafelberg se damme en die amper vergete watertonnels afgekom.

Kort nadat die eerste Europese setlaars hulle aan die Kaap gevestig het, het hulle al begin insien dat Tafelberg se waterstroompies nie vir altyd genoeg drink- en leiwater sou kon voorsien nie. 'n Plan moes dus gemaak word. Eers is verskeie damme en waterleidings aan die Tafelbaai kant van die berg gebou. Teen ongeveer 1880 het die stadsvaders begin planne maak om ook die water wat aan die Houtbaai kant van Tafelberg wegvloei in Kaapstad te kry.

Daar is toe voorgestel dat Disakloof se water deur 'n tonnel na die agterkant van die berg gelei word, en dan met 'n pyplyn tot by Kloofnek bokant die stad. Vandaar die Pyplyn staproete wat deesdae so gewild is.

Werk aan die tonnel het in 1887 begin. Dit het bloedsweet gekos om met daardie dae se gereedskap deur 700 m rots te grawe. Disakloof se water is toe met twee groot pype deur die tonnel gelei, maar die stadsvaders het gou besef hierdie kloof se water sou in die somer steeds te min wees.

Dis toe dat daar op die gedagte gekom is om 'n opgaardam op die berg te bou. Die water sou dan deur die tonnel na Kaapstad gelei word. Bouwerk aan die dam het in 1890 begin. Om die boumateriaal bo te kry, is 'n kabelspoor aan Kasteelpoort se kant van die berg gebou. Die oorblyfsels daarvan l vandag nog daar. Bo-op die berg is 'n trein ingespan om alles tot by die damwal te kry.

Die bou van hierdie wal was 'n reuse-taak. Die wal is onder 19 m breed en dit is 44 m hoog. Die hele wal is van gekapte klip gebou. Die laaste klip is in 1897 deur Kaapstad se toenmalige burgemeester, Sir John Woodhead, gel.Beide die dam en die tonnel van destyds is na hom vernoem. Vandag is die Woodhead Tonnel toegemessel, want in 1960 is 'n groter en langer tonnel gebou.

Stap 'n mens vandag van Constantianek se kant in Disakloof op, kom jy eers op die oorblyfsels van die ou Woodhead Tonnel af. Hor die kloof op l die damwal. Anders as die geval met die res van Tafelberg, kan 'n mens nie sommer Disakloof in nie. Jy moet lank voor die tyd bespreek. Net groepe word toegelaat, en ook net saam met een van die Parkeraad se natuurbewaarders as gids. Dit is egter beslis die moeite werd. (Januarie 2000: Hierdie was 1996 se inligting. Niemand word tans in die kloof toegelaat nie. Sodra die situasie verander, sal die toegans inligting bekend gemaak word.)

(Lees gerus ook die volgende storie oor nog ‘n stapplek op die Tafelberg-reeks.)

click to go to top of page

Silwermyn reservaat se waarde l in sy natuurskoon

Uit: DIE BURGER, 26 November 1996

TAFELBERG en die Skiereilandse bergreeks het by die 300 staproetes. As 'n mens in ag neem dat die gemiddelde voetslaner maar so een tot twee maal per maand gaan stap, besef jy dit sal nogal 'n tydjie neem om almal te beproef. Diegene wat wil begin voetslaan, kan gerus Silwermyn daar naby Constantiaberg gaan probeer.

Waarom hierdie deel van die berg Silwermyn genoem word, kan niemand met sekerheid s nie. Colin Paterson-Jones s die Hollanders het glo 'n toetsgat daar gegrawe, maar geen silwer gekry nie. Ou bergklimmers vertel weer dat 'n entrepreneur 'n paar skote silwer in 'n haelgeweer gelaai en in die skag se wande gaan blaas het om voornemende beleggers te oortuig dat dit waardevolle grond is.

Miskien l die grootste waarde van hierdie gebied om Constantiaberg in sy natuurskoon en plantegroei. Daar is weliswaar twee dennebosse en 'n onooglike netwerk jeeppaaie wat bra steurend is, maar dit is juis hierdie paaie wat dit so maklik maak om daar te stap.

Dit was dus een van my eerste keuses toe ons wou bepaal hoe die 50 Ierse stappers wat onlangs hier by ons kom kuier het, hier in ons omstandighede sou vaar. Peter Zoutendyk is met die vinnige A-groep tot by die radiomas, terwyl ek die effens makliker Panorama roete met die B-groep gedoen het en die C-groep tydsaam en op hul eie om die dam tussen die dennebome gewandel het. Elk van hierdie roetes begin en eindig onder by die dam, waar daar ook piekniekplekke is.

Om die Panorama roete te doen, stap oor die damwal en volg dan die grondpad aan die anderkant van die dam al teen die linkerkantse dennebos op na die nek. Kort voor die nek is 'n wyserbordjie wat 'n paadjie na Noordhoekpiek aandui. Neem di roete. Klim al met die rif langs, vanwaar jy kort-kort op Simonstad en Noordhoekstrand kan afkyk. Bo aangekom, kan jy as jy haastig is, regs draai na die dam se kant toe of vir 'n nog mooier uitsig links na die jeeppad draai. Hou regs met hierdie pad en dan al bokant die ho kranse langs, vanwaar jy op Chapmanspiek afkyk. Kort voor Constantiaberg draai die paadjie regs terug na die beginpunt by die dam.

Om tot by Constantiaberg se radiotoring te klim, stap jy regs van die dam in die vallei op. Volg sig-sag die steilte saam met die jeeppad berg-op tot waar die helling begin afplat. Daar draai 'n duidelike voetpaadjie na regs. Di loop eers af deur 'n vallei en dan op teen 'n uitloper. Bo is 'n klip-boswagtersuitkykpos. Stop daar vir tee en geniet die uitsig oor die Kaapse Vlakte. Neem dan die paadjie regs berg-uit teen die uitloper na Olifantsoog.

Die oog is 'n groot holte in die bergwand en word ook soms Prinseskasteel genoem. Volgens oorlewering het 'n Hottentot prinses glo daar gewoon. Om bo-op Constantiaberg te kom, moet jy eers weer terug tot by die uitkykpos. Daarvandaan stap jy met 'n kronkelpaadjie al teen die suidelike hang uit. Die hemelho SABC radiomas en sy ankerdrade oorheers natuurlik alles daar bo.

Gebruik nogtans jou tyd om die omliggende omgewing te bespied. Van daar het jy 'n uitsig van 360. Nie net l Tafelberg, Orangekloof, Grootkop en Houtbaai om jou oopgesprei nie, maar op 'n helder dag kan jy die hele reeks Bolandse berge van Hangklip tot by Piketberg gaan sit en uitwys. Die af-paadjie vind 'n mens deur halfpad om die afgekampte radiomasgebied te loop. Dit is baie steil, so trap versigtig. Onder in die nek draai jy links terug na die beginpunt.

Die heerlikste van hierdie staptog is natuurlik die piekniek n die stap. Dit is seker een van die mooiste plekke in die Skiereiland en dit is te heerlik om 'n vuurtjie daar teen die dam te maak, 'n kampstoel oop te vou en agteroor te gaan sit om die berghange waarlangs jy vroer geloop het, te besigtig. Daarom is dit 'n familiekuierplek by uitnemendheid.

Hierdie besondere stapwreld l aan die bopunt van Ou Kaapse Weg bokant die Pollsmoor Gevangenis. Ry die pas uit en kyk net n die bopunt uit vir 'n teerpad wat regs uitdraai. Ry in, betaal jou toegangsfooi en gaan geniet wat daar te doen is.

click to go to top of page

Arangieskop net vir dapper stappers

Uit: DIE BURGER, 25 Junie 1996

ARANGIESKOP is al as die Everest van die Boland beskryf. Wie al hierdie besondere voetslaanroete gestap het, sal weet dat Mike Lundy nie ver verkeerd was toe hy di ho bergpiek naby Robertson so genoem het nie. Ek is onlangs deur Sona Buys van Stellenbosch se voetslaanklub genooi om saam met hulle di roete te gaan stap.

Ons is op 'n stortren-Vrydag hier uit die Kaap weg. Saterdagoggend was die lug egter blou en wolkloos toe ons die eerste steilte aanpak. S het dit die hele naweek gebly.

Die opklim teen Arangieskop uit is dalk heelwat makliker as die afklim. Dis duidelik dat die beplanner van daardie op-paadjie self 'n deurwinterde voetslaner moes gewees het, want dit loop eers steil en word dan gevolg deur 'n effense gelykte. So word dit om die beurt afgewissel. Ondanks die steiltes, is dit 'n plesier om daar uit te stap.

Die afkommery is egter 'n ander saak. Met ons terugtog was alles aan die suidekant van die berg spierwit geys. Dit was lewensgevaarlik om daar teen die rotse te moes afklouter. Selfs die swart grond was so hard gevries dat ons stapstokke nie eens 'n duikie daarin kon maak nie.

Daardie vreeslike lang ent se loop weg vanaf die eindpunt is miskien ook heel onnodig. Veral die laaste stuk deur 'n baie onaantreklike bossieveld doen groot afbreuk aan die mooi dele langs die res van die roete.

Om te s dat dit die Boland se mooiste roete is, is waarskynlik nie te ver van die waarheid nie. Dit is miskien ook die moeilikste oornagroete en juis daarom beslis nie 'n roete vir beginners en onfikses nie.

Dis natuurlik 'n roete met vele verrassings. Wie sou nou kon dink dat die proteabosse teen die laer deel van die suidelike hang feitlik menshoogte staan. Dan is daar die klowe wat so kort-kort en heel onverwags opduik. Somertyd bied dit natuurlik heerlike swemplekke, maar toe ons nou daar was, was die omgewingstemperatuur van 6 C so effens te koud vir sulke manewales.

Die boonste hut was miskien die heel grootste verrassing. Sowat van luukses maak dat 'n mens jou aanmekaar verbeel dat jy by 'n vakansieoord is. Daar is warm water uit 'n donkie vir die storte en opwasbak, skoon kastrolle in 'n kombuiskas, lig vir die aand vanaf 'n sonkragstelsel, spoeltoilette in die hut, 'n kaggel, lekker dik matrasse en selfs 'n paar dubbelbeddens ook.

Dan is daar natuurlik die uitsig. Laatmiddag kan 'n mens op die balkon gaan sit om uit te kyk oor die Klein Karoo se berge tot by Ladismith se Towerkop in die ooste en die Hexrivier se Matroosberg in die weste.

N die uitklim van Arangieskop, gaan sit jy bo by die baken en kyk nog verder uit tot anderkant Riversdal se Slapende Skoonheid, die see by Potberg, Worcester se Brandvleidam en Matroosberg se kruin.

Besprekings vir hierdie staproete kan gedoen word by Robertson se munisipaliteit. Skakel (023) 626-3112. Moenie dat die afstande van net oor die 9 km vir die eerste dag en net oor die 11 km die tweede dag jou te gerus maak nie. Onthou, Arangieskop is net vir die moedigste van stappers!

click to go to top of page

Daar's 'n hele bos van feetjies en kabouters wat met jou wil praat

Uit: DIE BURGER, 13 Augustus 1996

KNYSNA se bosse is al deur baie as 'n wonderwreld beskryf. Self het ek tot onlangs nog nooit moeite gedoen om te gaan kyk hoe dit daar lyk nie. Iewers in my kop was daar 'n idee dat die baie maal se verbyflits met die N2 my genoeg van die bos gewys het. Boonop het ek mos daar in Swellendam se wreld, so te s in dig beboste bergklowe grootgeword.

Tog was daar iets wat nou al jare lank vir my bly s dat ek moes gaan kyk wat daar diep binne-in daardie Knysna bosse aangaan. Wat ek ervaar het, noudat ek uiteindelik daar uitgekom het, het 'n onuitwisbare indruk op my gemaak. Dit is deesdae 'n geval van 'n hart wat my bly teister met herinneringe aan 'n deel van my wat voel asof dit in daardie bos agtergebly het.

As daar ooit so iets soos feetjies en kabouters is - en ek glo nou dat hulle bestaan - dan is Knysna se bosse vir seker hulle woon- en speelplek. Wat 'n wonder was dit nie om vir drie dae lank onder daardie blaredak te kon instap en na hulle te gaan soek nie.

Miskien was hulle maar skrikkerig vir my, of miskien het die klammigheid hulle laat skuiling soek. Wie weet of ek nie dalk te ongeduldig was, en nie lank genoeg gaan stilsit het om vir hulle te wag nie. Hulle spore was wel daar tussen die blare, swamme en paddastoele, en soms het ek my verbeel dat die stilte verbreek is deur die sagte stemme van klein-klein wesentjies. Tog het hulle nooit kom gesig wys nie.

Nou, terug by die huis, bly net die herinnering aan die blaarbedekte bospaadjies, die hemelho bome en digte onderbos, die hope stilte wat net af en toe deur volgefluit versteur is, en daardie drome van 'n wonderwreld my by. Eendag gaan ek weer terug, en wie weet, miskien ontmoet ek dan daardie wonderwesentjies daar tussen die blare waar hulle om een van die paddastoele dans.

Dat dit vir enigeen wat enigsins kan, 'n moet is om self daar uit te kom, is seker. Vergeet gerus van die hope ander besoekers wat ook daar rond is, en gaan soek liewer 'n stil loopplekkie weg van hulle. Bel sommer ook Knysna se publisiteitsmense by (044) 382-5510 en vra uit na al hulle wreld se wonderlike kuierplekke.

click to go to top of page

Geverfde voetspoortjies lei na Gifberg

Uit: DIE BURGER, 8 Oktober 1996

OM n sowat ses jaar se besoeke aan vele kuierplekke sommer te kan s watter daarvan die mooiste of beste is, is effe moeilik. Tog kan onomwonde ges word Vanrhynsdorp se Gifberg Rusoord is een van die interessantstes wat ek nog raakgeloop het.

Die Gifberg l tussen Klawer en Vanrhynsdorp. Van ver af lyk dit nie asof 'n mens maklik daar teen daardie berg sal kan uit nie, maar as jy by die Urionskraal bordjie van die N7 afdraai, kom jy gou by 'n steil pas wat reeds in 1913 berg-op gebou is. Bo aangekom, l 'n hele paar plase voor jou uitgestrek. Dit is hier waar Jan en Hela Huisamen so tussen hul sitrus-, rooitee-, bees-, skaap- en kweperboerdery deur ook 'n netjiese vakansieoord aangel het.

Ek en 'n reismaat het onlangs laat een aand daar aangeland. Met die tog teen die pas uit was die son net aan die sak. Om dit te sien, was al klaar 'n onvergeetlike ondervinding. Min het ek toe geweet dat dit maar net een van vele verrassings is wat nog op ons gewag het. Toe ons die volgende oggend wakker word, het 'n heel vreemde wreld voor ons oopgevou gel.

Ons blyplek was 'n netjiese kliphuisie op die plaaswerf. Rondom ons was nog huisies, 'n swembad, 'n onderdakbraai- en kuierplek en 'n pragtige tuin. Die mooiste rotsformasies waaraan 'n mens kan dink, l behoorlik gesaai so ver soos die oog kan sien. Hoe die Huisamens dit regkry om bewerkbare landerye tussen daardie rotse gemaak te kry, bly vir my 'n raaisel.

Vroegoggend het ons reeds by Hela gaan aanklop om te verneem wat ons alles die dag kon doen. Volgens haar het ons eintlik 'n week nodig gehad om by al die mooiste plekke uit te kom. Sy het vertel van die kort Maalgatroete (2 km) wat so 'n entjie teen 'n rivierlopie op loop en dan veld in rigting kies agter 'n klompie rotstekeninge aan. Die langer Hamerkoproete (4 km) gaan so 'n ent rivier-af, dan op in 'n systroom en terug huis toe. Die Gifboomroete (7 km) loop 'n wyer draai tussen die plaasaktiwiteite deur en die Boesmanroete (20 km) is 'n rrig tawwe een tot by die Doringrivier en terug.

Ons het daardie dag net die twee kort roetes gestap. Eintlik is dit half ongewoon dat jy vir 'n halwe dag lank op 'n roete van 2 km sal vassteek, maar langs die Maalgatroete kon ek net nie anders nie. Dit is s besonders en s mooi dat ek net nie aan die loop kon kom nie. Ek reken dit is ook die bes uitgelegde paadjie wat ek ng raakgeloop het.

Jan het die pad met klein geverfde voetspoortjies gemerk. Jy moet dus wakker wees as jy loop en goed rondkyk om hulle te sien. Dis egter reg so, want as die spore te duidelik was, sou 'n mens dalk by baie van die mooi dinge verbygeloop het.

Die kolkgate is baie besonders en lyk soos 'n Blyderivier in die kleine. Daar is natuurlik baie swemplek ook. Al was dit in die middel van die winter, kon ons net nie die versoeking weerstaan om by elke tweede poel in te duik nie. Daar was ook duisende bolplantjies wat besig was om hulle groen plantlyfies tussen die rotsskeure deur te druk en sommige het geblom ook.

Jan het, heel oulik nogal, nrens aangedui waar die rotstekeninge is nie, maar tog die paadjie by 'n hele paar laat verbyloop. As 'n mens met oop o en ondersoekend gaan loop, gaan jy hulle beslis raaksien. Plek-plek moes ons selfs plat gaan l om van die tekeninge onder rotsoorhange te kon bekyk.

Die middag het ons die Hamerkoproete aangepak. Ook daar was 'n paar tekeninge, maar die waterpoele en plat warm rotsplate waarop ons kon l en droogbak se aantrekkingskrag was groter. Ons kuier op die Gifberg was heeltemal te gou verby. Dit sal beslis nie te lank wees voor ek weer by die Huisamens 'n draai gaan maak nie. Enigeen wat my wil voorspring, kan sommer nou vir Hela Huisamen bel by (027) 91555 om plek te bespreek by hulle wonderlike rusplek.

click to go to top of page

Jan de Jonkheer se erfenis leef voort

Uit: DIE BURGER, 15 April 1997

KAAPSE Natuurbewaring het onlangs 'n nuwe brosjure oor die Jonkershoek Natuurreservaat uitgereik. Hierdie vallei was jare lank die vlagskip van die Kaaplandse natuurbewaarders, aangesien feitlik die hele kom tussen die berge op die een of ander wyse deel uitgemaak het van hul navorsing. Omdat die reservaat so na aan Stellenbosch is, is dit steeds 'n uiters gewilde ontspanningsgebied. Ondanks die vele mense wat veral oor naweke daar gaan ontspan, is daar ook meer afgele dele van hierdie 9800 ha reservaat waar jy redelik ver van ander mense kan wegkom.

Die plaas Jonkershoek is in 1692 deur goewerneur Simon van der Stel aan Jan Andriesen toegeken. Hy het as Jan de Jonkheer bekend gestaan; vandaar die naam van die plaas. Ander plase is later bygekoop om die reservaat te kon vestig.

Reeds in 1935 is begin met navorsingsprojekte in die omgewing. Die aanvanklike gedagte was om vas te stel wat die invloed van bosaanplanting op waterbewaring sou wees. Oor die jare is ook navorsingsprogramme daar gedoen oor ander aspekte, soos byvoorbeeld die insek- en dierelewe. Reeds 1100 verskillende plantspesies is in die natuurreservaat aangeteken.

Vir voetslaners is Jonkershoek natuurlik 'n paradys. Hierdie nuwe brosjure dui net vyf roetes aan, maar diegene wat daardie wreld ken, sal weet daar is talle meer. Die vyf wat beskryf word, is die Swartboskloof (18,4 km), Panorama (17,1 km), Tweede Waterval (6,4 km) en die twee Swartboskloof-Sosyskloof roetes van 6,9 km en 5,3 km onderskeidelik.

Laasgenoemde twee is die maklikste en is geskik vir gesinne met kinders van alle ouderdomme. Tweede Waterval se steilte kan 'n mens nogal goed seermaak op 'n warm dag. Die twee langer roetes is vir die rrige vasbyters. Kom jy egter uiteindelik daar bo uit, is die beloning oor en oor die moeite werd. Dit is waar jy met die hele Jonkershoekvallei voor jou voete oopgesprei staan en voel asof jy die baas van die ganse wreld is. Beginners moet egter eers op 'n ander plek gaan oefen voordat hulle di twee roetes aanpak.

Navrae oor die reservaat kan by Kaapse Natuurbewaring (021) 552-3689 gedoen word.

click to go to top of page

Heiligdom van die Magaliesberg bestyg

Uit: DIE BURGER, 22 April 1997

ALLE voetslaners en bergklimmers is in 'n sekere sin lede van 'n groot familie. Ek was nou kort in Pretoria en iemand daar het rens gehoor hoe graag ek in die Magaliesberg wou gaan stap. Kort voor lank was 'n klomp nuwe bergvriende aan my voorgestel en is ons weg na die Magaliesberg.

Die Magaliesberg, so lyk dit, is ietwat van 'n heiligdom. Jy, as gewone lid van die publiek, kan maar verneem soos jy wil na waar jy kan gaan stap, maar dis al asof almal doof is as jy net die berg se naam noem. Kyk jy na die duisternis mense wat daar is en die oorvloed blyplekke om die berg, kan jy verstaan waarom diegene wat die mooiste stapplekke daar ken, liefs nie daaroor praat nie. Ek moes dus eers 'n plegtige eed neem dat ek nie hier in die Kaap sou kom skryf oor waar ons gestap het nie. Tog wil ek darem vertel van wat ek ervaar het.

Dat die Magaliesberg, aan Kaapse standaarde gemeet, nie veel van 'n berg is nie, het ek darem vooraf geweet. Tog het ek geweet dat daar net sulke mooi waterklowe is soos in die Kaap. En dit is juis di wat ek wou sien.

Groot was my verbasing toe ons die Saterdagoggend op Rustenburg bymekaarkom en ek my eertydse Kaapse bergklimmaat Anton Barkhuizen as die dag se stapleier raakloop. Ook hy wou nie s waarheen ons eintlik op pad was nie. Ons moes hom maar net volg.

Die eerste ent het ons gery: eers met 'n tweespoor-sementpaadjie langs en later 'n ent deur gras wat hor as die kar se dak was. Toe hou ons in 'n dig begroeide bos stil. Te ver van die beskawing kon ons darem nie wees nie, want die selfoon se sein was nog helder. Waar ons was, weet ek egter tot vandag nog nie.

Voor ons in die bos het iemand sonder veel sukses 'n paar grotwonings van kunsmatige rots probeer bou. Dit was ons lplek vir die nag.

Die klomp stappers was duidelik nie haastig nie. Eers kort voor die middag het Anton sy kierie gelig en kon ons die pad berg-op vat. Die pas was maar stadig, want daar was g'n paadjie nie. Met lang gras oral het een van ons kort-kort in 'n gat getrap of oor 'n stomp gestruikel. Boonop moes ons elke paar tre eers stop om die bosluise van ons te stroop. Ek het die bome ook maar so ongemerk dopgehou, want vroer die week het 'n natuurbewaarder my vertel van die luislange in die moeras op die berg.

Anton het duidelik geweet waar hy wou heen, want toe ek weer sien, gaap 'n kloof met 'n donker stroom water diep onder ons. Nodeloos om te s, ons uitstappie het nie veel verder as die waterpoele gegaan nie!

Vir my was die meeste plante daar rond heeltemal vreemd. Daar was egter nie 'n tekort aan vols in die klowe nie. Dit lyk asof daar ook oorgenoeg slange is en die twee wat ek daar raakgeloop het, het my glad nie bendruk nie. Opvallend ook was hoe vervuil die klowe met sering- en jakarandabome is. Anders as elders in die noorde was dit gerusstellend dat ons die bergwater net so uit die strome kon drink, sonder om dit te kook of met pille te behandel.

Die eintlike lekker van die naweek se “bergklimmery'' het eers van laat Saterdagmiddag begin nadat die uwe 'n vars potbroodjie as aptytwekker saam met so 'n paar botteltjies gegiste druiwesap uit die Kaap voorgesit het. Selfs 'n harde donderbui later die aand kon nie die groepgees blus nie. Die heerlikste was dat ons min dinge kon vind waaroor ons nie kon saamstem nie. Dit wys maar net dat ons as natuurliefhebbers eintlik een groot gesin is.

Toe ek die volgende middag op pad na die Kaap oor my kuier sit en peins, was dit met so 'n effense hartseer dat ek die Magaliesberg en 'n klompie nuwe vriende agtergelaat het. Diegene wat meer wil uitvind omtrent kuierplekke in die Magaliesberg en elders in Noordwes kan skryf aan: Noordwes Toerisme, Posbus 4488, Mmabatho 8681 of met Rustenburg se toerismekantoor skakel by tel 014-597-0904 of faks 014-597-0907.

click to go to top of page

Oor berge, dale het ons geswoeg, gesweet...

Uit: DIE BURGER, 13 Mei 1997

NOEM die naam Sederberge en elke voetslaner se ore is gespits. Seker di dat ek onverwyld ja ges het toe bergklimvriend Adriaan Smuts my so 'n tydjie gelede vir 'n staptog in daardie geweste genooi het. Stappermitte vir die Sederberge is hoeka so skaars soos die spreekwoordelike wors in 'n hondehok.

Die roete wat Adriaan voorgestel het, was een om die Sneeuberg in die suidelike sektor. Min het ek toe geweet oor hoeveel berge en deur hoeveel dale ons daardie naweek sou swoeg en sweet. Wat ek wel van vorige staptogte saam met hom onthou het, was dat hy 'n rustige stapper is wat jou nooit sal aanjaag nie.

So kom ek, Adriaan en twee van sy vriende die Vrydagaand so kort n agt by Algeria in die Sederberg bymekaar. Dit was een van die vele langnaweke en drie dae van algehele wegbreek het op ons gewag. Ons beginpunt was by Eikeboom en ons sou in die lig van 'n volmaan opstap na Sneeuberg se hut.

Vir my was di volmaanstap 'n nuwe ondervinding. Die yswind wat ons bo-op die berg getref het, het wel sake so effens bemoeilik, maar ons het darem die hut net voor twaalf bereik. Dit is dus te verstane dat ons die volgende oggend nie voor elf kon wegkom nie!

Ons volgende rusplek was by die Maltese kruis. Daar het dit egter so van mense gewemel dat ons Adriaan net 'n vinnige kans gegee het om sy sigaret klaar te rook voordat ons oor die nek na Bakleikraal se kant versit het. By Bakleikraal het die wreld meer na 'n wildernisgebied begin lyk.

Waar vier jaar gelede nog 'n paadjie was, is dit nou so verspoel en met bosse begroei dat jy liefs maar in die rowwe veld stap. Daardie deel se stap was een van drdie waar jy jouself die hele tyd belowe dat jy nooit weer daar wil kom nie, maar n 'n nag se rus weet jy dat jy weer daarvoor kans sien.

Ons mikpunt was Riempies se Gat, waar ons eers donker aangeland het. Kamp is opgeslaan en die seer van die dag was gou vergete. Die ren het pal gedreig en dit was dus eers laat die volgende oggend dat ons die tog na Kruisrivier al teen die Heksrivier af aangepak het.

Di dag se tog was heel maklik, maar danksy ons rustige stapleier en sy baie lang rustye het ons weer eens donkeraand by ons kampplek aangekom.

Waar die kampplek by Riempie se Gat in die oopte was, was di een pragtig onder bome in 'n diep kloof. Mooier kan dit gewis nie. Hier het ek ook gesien dat 'n mens met 'n bietjie verbeelding sommer eersteklas disse aanmekaar kan timmer.

Die derde dag se stap terug na Algeria was volgens my stapmaats glo 'n verskrikking. S l ek toe omtrent die hele nag wakker oor daardie steilte wat kort n die oggend se wegtrek vir ons voorl. Dis toe di dat ek maar die volgende oggend met 'n stukkie sielkundige taktiek vorendag kom en voor inval.

Wat die ander nie geweet het nie, was dat hierdie Boerseun voornag al besluit het hy gaan di swaarkry klaarkry sonder om langs die pad te rus. Toe die ander bo op Suurvlak kom, was die middag se poeding al lankal geset en reg vir eet. Die aftog na Algeria was steil en vinnig.

Waarom die Sederberg wildernisgebied steeds een van ons gewildste stapplekke is, is n so 'n naweek te verstane. Besprekings kan by (022) 921- 2289 of faks (022) 921-3219 gedoen word.

Net twee dinge het ons daardie naweek gepla. Kaapse Natuurbewaring kan gerus maar toelaat dat die stappers n so 'n tog 'n warm stort in die ruskamp by Algeria neem. Daar kan ook gesorg word vir beter parkeerplek waar die bobbejane nie jou kar se spiels en lugdraad probeer afbreek nie.

(Lees ook die volgende storie oor hoe die Sederberg twee Britse besoekers bendruk het.)

click to go to top of page

Sederberg bendruk net wr buitelanders

Uit: DIE BURGER, 24 Maart 1998

SUID-AFRIKA se berggebiede word al hoe gewilder onder oorsese besoekers, met die Sederberg heel bo-aan die lys. Nou die dag moes ek weer twee jong Britte daarheen vergesel.

Ian Tippett, ‘n reisagent, het aanvanklik gebel en namens die Britte bespreek. Hy wou saamgaan, maar in die kamp agterbly om sy kantoorwerk te doen. Hy sou sommer kok ook wees. Aan s 'n diens was ek nie gewoond nie. Om wildvreemdes in ons berge in te vat is 'n groot waagstuk. Baie van hulle s hulle kan stap, maar kom dan glad nie oor die weg in ons smal, steil en rotsbestrooide bergpaadjies nie. Ek het dus ook hierdie tog versigtig benader.

Buitelanders wat hierheen kom, is gewoonlik goed ingelig. Ons twee gaste het ook deeglik opgelees voordat hulle vertrek het. Hulle was vasberade om by die Sederberg se Maltese Kruis en Wolfberg skeure en boog uit te kom.

So ry ek en Ian met hulle Weskus langs. By Yzerfontein gaan soek ons gemmerbier, by Saldanha kyk ons na die reuse-staalaanleg en by St Helenabaai sien ons hoe ontwikkelaars ons kuslyn verwoes. By Velddrif sit ons op 'n houtkaai tussen rakke dro bokkoms aan vir middagete. Vandaar ry ons deur die Sandveld na Piketberg, Citrusdal en die afdraai Sederberg toe.

Ek het die Britte gewaarsku dat ons soggens om vyfuur sou moes begin stap om die skroeiende Januarie son te ontkom. Op die tweede dag is dit egter toegetrek en ons begin eers laat stap. Sommer met die wegspring sien ek di twee vaar nie te sleg nie. Kort voor lank staan ons dus voor die kruis. Die son gee ons ook net een kans om 'n foto te neem voor die ren weer uitsak.

Tuis wag Ian ons in met al wat ‘n lekkerny is. Die gaste was moeg en is vroeg kooi toe. Die volgende oggend was dit weer oopgetrek, maar danksy die vorige dag se ren nie te warm nie. Die skeur het gewag ... en di sou bepaal of ons besoekers die pyp rook.

Daar aangekom, kies ons die roete deur die regterkantste nou skeur en begin die klim. Eenuur sit ons bo-op die berg aan vir middagete. Ek stel voor dat dit genoeg is vir een dag, maar hulle dring daarop aan om boog toe ook te stap. Die dag het egter sy tol geis, en ons kom kort voor vier eers daar aan.

Op die laaste dag, toe ek laatmiddag die Britte by hul blyplek daar reg op die branders se breek by Bantrybaai aflaai, wens ek toe ek kon weet wat hulle eintlik van die paar dae in die Sederberg dink, want hulle het nie eintlik baie gepraat terwyl hulle saam met ons was nie. Dat die kuier tog 'n goeie indruk op hulle gemaak het, was duidelik uit die paar sinne wat hulle wel ge-uiter het.

click to go to top of page

Ook die Visrivier is anders op Kallie se manier

Uit: DIE BURGER, 3 Junie 1997

MIN voetslaners sal 'n uitnodiging van die hand wys om in die Visrivier Canyon te gaan stap. As die staptog boonop met 'n besoek aan Lambertsbaai en 'n kanovaart op die Oranjerivier saamval en die toerleier is Kallie Kirsten, kan jy beslis nie nee s nie.

Kallie is 'n wyn- en vrugteboer van Stellenbosch. Elke jaar n oestyd gaan stap hy 'n lang staptog en nooi so 'n paar vriende saam. Vanjaar was ek een van die genooides. Die bekendstellingsbrief het my al laat besef dit sou geen gewone staptog wees nie. Dit lui op een plek soos volg: “Aandete word deur die kookgroep van die dag berei. As jy gelukkig is, word jou kos die eerste dag opgeet; as jy ongelukkig is eers die laaste dag en as jy rrig ongelukkig is, dra jy nog boonop die rooster.''

Die brief het ook duidelik uitgespel wat moet saam. Onder die hofie “Drank'' staan: `”Wat jy gewoonlik drink, X 2 plus 20%.'' Ek het gevind selfs dit was te min, want dit is 'n wreld daardie waar 'n mens maar lelik dors kan word.

Ons reis het die Vrydag op Stellenbosch begin. Op Citrusdal het Oom Willem Hanekom en sy seun Eduard opgeklim. Ons was 19 saam met Cassie de Waal, die busbestuurder. Die aand het die Turners van die Muisbosskerm ons teen die see op Lambertsbaai onthaal.

Saterdagoggend was ons vroeg weer op pad, maar almal moes eers “tandeborsel'' met 'n bietjie KWV. Dis maar soos Kallie die ding doen. In plaas van teerpad langs ry, neem Cassie ons op 'n besigtigingstoer na Vredendal, Koekenaap en Nuwerus. Met 'n yskas wat kort-kort volgemaak is, is dit te verstane dat ons heelwat moes stilhou sodat die manne buite kon gaan rondstaan.

S kom ons toe eers laatmiddag by Carlos se kanokamp op Noordoewer langs die Oranjerivier aan. Die Oranje was behoorlik in vloed, maar een en almal wou nog voor donker die water gaan aandurf. Elkeen kry twee veiligheidsbaadjies. Die een trek jy bo aan en die ander van onder af soos 'n broek. Jy spring dan in die stroom, lig jou knie in 'n sithouding, gooi jou arms dwars en laat die stroom jou neem en uitspoeg waar hy wil.

Dit was groot “sports'', maar amper was ek nie vandag meer hier om hierdie storie te vertel nie. Ook Paul Andrag was maar redelik benoud toe hy kilometers verder onder die Rooikranse die eerste keer die wal kon haal.

Sondagoggend is laat gel, want ons volgende mikpunt by Hobas se kamp by die beginpunt van die Visrivier stap was nie te ver weg nie. Die staptog sou vroeg die Maandag begin en Kallie wou h ons moes goed uitrus.

Die Visrivier het sterk gevloei. Dit was warm. Die sand was los en die klippe baie. Weens die baie water moes ons kort-kort die rivier oor en soms het dit maar gly-gly en val-val gegaan.

Cassie de Waal, ons busbestuurder, het ons op die tweede dag verras toe hy by die swawelbron opdaag met 'n pampoen van 10kg en plegtig vra of hy met di as betaling maar mag saamstap.

Die stappery in die canyon is 'n storie op sy eie. Dit het s vinnig gegaan dat ons Vrydag 11:00 Suid-Afrikaanse tyd al by Ai-Ais op die trappies gesit en wag het vir die winkel om oop te maak. Die dorstiges onder ons het gou begin toringbou met le ses-pakke. Almal was meer as tevrede met hul prestasie van die week en die warmbaddens het gewag. Tog was dit daardie aand 'n moe 19-tal wat die tweede keer by Carlos teen die Oranje gaan afpak het. Die volgende oggend sou ons die Oranje in kano's aandurf.

Van Carlos het ek al baie gehoor. Hierdie besoek was my eerste kennismaking met hom en sy kanovaarte wat deur Felix Unite gerel word. Carlos kom van Angola en was eens op 'n tyd 'n myner by Tsumeb en ook 'n polisverkoopsman in Windhoek. Die vryheid van die Oranje het hom egter geroep en vandag is hy die hoofindoena by die kampplek waarvandaan Felix se kanovaarte vertrek.

Thys van Rooyen is sy swaer. Hy het ons die Saterdagoggend so 'n ent bokant die grenspos gaan aflaai. Soos vroer ges, was die Oranje sterk in vloed en ons kon sonder om veel te roei tot onder die kamp dryf. Die eerste stroomversnelling is versigtig benader, maar daarna het dit al beter gegaan.

Daardie Saterdagaand het ons vir oulaas onder die Namibiese sterreprag saamgekuier en toe Cassie kort n aandete die bus se neus by die grenspos instuur, was dit met groot hartseer dat ons van daardie pragtige land afskeid geneem het.

click to go to top of page

Visrivier se wonders wag om stappers te beloon

Uit: DIE BURGER, Datum: 10 Junie 1997

DIE staproete deur Namibi se Visrivier Canyon is beslis een van die gewildste stapplekke in Suider-Afrika. Byna 3000 voetslaners stap glo elke jaar tussen Mei en September daar. Die vraag is waarom so baie mense soveel moeite doen om in daardie barre wreld te gaan stap.

Menige voetslaner het al voor so 'n tog by die beginpunt hoog bo die rivierbedding gestaan en getwyfel of hulle werklik daar moet af. Tog het duisende al end-uit vasgebyt en die strawwe 90 km voltooi. Diegene wat al deur die canyon was, sal kan getuig dat dit beslis 'n wonderwreld is. Elkeen wat ondersoekend en met oop o stap, gaan om elke hoek iets nuuts sien.

Geleerdes vertel dat die gebied by die Visrivier Canyon etlike miljoene jare gelede die westelike grens van 'n reuse binnelandse meer gevorm het. Di het glo tot by Prieska in die ooste en tot sover as Vanrhynsdorp in die suide gestrek. Verskeie lae fyn stof is in daardie tyd in die meer afgeset en die water het daarna opgedroog.

Plooiing het daarna plaasgevind en daar is ook aanduidings van warm magma wat van onder af opgestoot het. Daarna het nog erosie plaasgevind. 'n Nuwe meer is gevorm en nog gesteentelae is neergeset. 'n Verskuiwing in die aardkors het 'n deel van wat vandag die canyon is, opgelig.

‘n Vallei waar die gletserwerking van 'n ystydperk ook waargeneem kan word, het begin vorm. Nog 'n verskuiwing het gevolg. Dit is uit hierdie verskuiwing wat die warm water van vandag se warmbronne kom. Die kronkelende Visrivier wat ons vandag sien, het eers die afgelope 50 miljoen jaar in daardie skeur gevorm.

Die canyon is redelik arm aan plantegroei, aangesien dit aan die woestynrand l. Daar is wel heelwat bome, riete en kleiner struike teen die rivierloop. Daar is ook enkele kleiner blomsoorte teen die walle en in die rivierbo te sien.

Vols word wel gehoor, maar hulle is min. Die spreeus is mak en sal maklik kos bedel. Kyk jy gereeld op, sal jy een of ander tyd 'n witkruisarend oor die canyonrand sien sweef en dit is beslis 'n bonus indien jy die visarend hoor roep. Heelwat ganse word ook gehoor.

Daar is ook min diere te sien. Die bobbejane lyk effens anders as di van die Kaapse berge. Heelwat dassies sit op die rotse rond en snags kom knaag nagdiertjies aan stappers se kos wat nie weggepak is nie. Kwaggaspore l in die canyon, maar hierdie streepdonkies word net soms op maanlignagte gesien wanneer hulle kom water drink. Daar is wel 'n hele klompie perde te sien wat wild rondloop. Die verskeidenheid spore in die sandbeddings vertel wel dat daar baie ander diersoorte is. Dis veral die uiters groot luiperdspore wat gewoonlik die meeste aandag trek en al aan menige stapper koue rillings besorg het.

Daar is heelwat akkedisse, maar weinig stappers sien ooit 'n slang gedurende die stapseisoen. Diegene wat 'n stuk vislyn en 'n hoek saamneem, kan heel maklik 'n geelvis of barber vang vir ete.

Die omgewing om die rivier is ryk aan geskiedenis. Die rivierloop was beslis voorheen 'n ware paradys en heelwat van die oeroue inwoners van daardie wrelddeel het daar 'n heenkome gevind. Genadiglik weet min stappers waar hulle woonplekke was en bly hul nalatenskap dus goed bewaar. Die graf van Von Trotha en die palmbome by die swawelbron vertel iets van die koloniale geskiedenis en die oorlo van daardie tyd. Die oorblyfsels van 'n paar bromponies gee iets weer van die hedendaagse avonturiers se manier van doen.

Die Visrivier is een van Namibi se groter riviere. Dit is glo die tweede grootste canyon in die wreld. Miskien is dit juis daarom dat baie voetslaners die Visrivier as 'n soort ereprestasie op hul lys van stappe gemerk wil h. Tog bly dit jammer dat so baie van di wat daar loop so weinig aandag aan die omgewing gee en die tog deur die canyon bloot as 'n soort marathonstap beskou.

Wee egter di een wat daardie canyon sonder enige voorbereiding aanpak. Op diegene gaan die Visrivier hom beslis wreek! As die Visrivier sertifikaat eendag teen my muur pryk, sal ek nietemin terugdink aan een van my aangenaamste staptogte nog ooit.

click to go to top of page

Gemoed klimtol in Cradockpas roete

Uit: DIE BURGER, 9 Desember 1997

VOETSLAAN is sekerlik die maklikste en goedkoopste sportsoort wat daar is. Boonop kan dit oral beoefen word en kan jy self kies hoeveel energie jy wil gebruik. Die beste van alles is dat jy slf kan besluit hoeveel en watter deelnemers jy saam met jou in di sport wil h.

So 'n naweek of twee gelede moes ek in George oorbly. Dit is dr waar 'n paar ou voetslaanvriende toe tot my redding gekom het. Tydens die beplanning van my reis het ek Suid-Kaap Stereo se voetslaanaanbieder, Corrie Laubscher, gebel en gevra of sy nie 'n spesiale staptoggie vir my kan rel nie. So ges, so gedaan en toe ek die oggend daar opdaag, staan daar vier van hulle vir my en wag.

Eddie van Niekerk was die voorloper. Die ander drie was Corrie, Coleen Terblanche en Machele du Preez. Toe ek verneem waarheen ons gaan, s Eddie hy wil Cradockkloof pak. Ek skrik my toe skoon gedaan, want ek dag hy het Cradockpiek ges! Gelukkig sien hy toe my skok en verduidelik dat daar darem 'n taamlike verskil tussen die twee is.

Die tweede skrik kom toe ek moes hoor dat die totale afstand vir die dag by die 27 km sou wees en dat ons roete bo-oor die berg moes gaan. Weer moes Eddie paai. Machele vertel dat sy nog nooit voorheen in die berge gestap het nie. Ek dag toe as sy daarvoor kans sien, sal ek ook maar inval en aanstap.

S begin ons toe onder by die Witfontein bosboustasie. Die eerste deel van die roete het deur denneplantasies gekronkel. Toe ons afsak na die klofie onderkant die ou tolhuis in Montagu Pas en Eddie my berg-op wys waar ons moes oor, was my moed weer onder in my sokkies se punte.

Di Cradockpas is die ou bergpas wat reeds in 1812 oor die berg gemaak is. Die ou ossewapaaie het mos regop teen die berge geloop en di een is geen uitsondering nie. Ek het om die minste te s maar blaas-blaas en stop-stop daar uitgesukkel.

Die mooiste van di stap is die blomme en uitsig. Die eerste koningsproteas het ons sommer kort n die beginpunt al begroet. Di se mooi is aangevul deur verskeie heidesoorte en heelparty bolplante. Die mooiste van alles was die klein, wit orgide in die nat kolle teen die ho hange.

En dan is daar die uitsig. Met elke stopslag het ek my verwonder aan die vergesigte tot doer anderkant Mosselbaai. Ook die uitsig oor die vier passe wat die Outeniquaberg oorsteek, was interessant. Toeriste staan mos gewoonlik op die Outeniquapas en kyk dan Cradockpas se kant toe. Ons weer, het in die teenoorgestelde rigting gekyk.

Omdat die Cradockpas in 1812 s steil gebou is, het die gebruikers daarvan voortdurend bly vra vir 'n makliker roete. Dit het gelei tot die bou van die Montagupas wat in 1848 geopen is. Daarna het die Outeniquapas in 1951 gevolg. Die goeie nuus is dat die “nuwe'' Outeniquapas nou oop is en soos 'n droom ry. Die spoorlyn, wat jy ook tydens hierdie stap oorsteek, is in 1913 voltooi.

Di Cradockkloof stap is egter nog lank nie verby as jy uiteindelik bo-oor die nek klim vanwaar jy na die Klein-Karoo kyk nie. Vir eers is daar 'n seermaak-steilte tot onder in die Montagupas. Het jy nie 'n motor vooraf in die pas gelos nie, l daar boonop nog 'n stuk of 10 km se afdraende stap terug Witfontein toe ook voor.

Di tweede deel van die stap is beslis aan te beveel, want daar het ek toe vir die eerste maal die geleentheid gekry om regtig die oumense se pasbouvermo te aanskou. Ook die diep kloof ver onder ons, die helder stroom water wat daar vloei en die digte inheemse bosse om ons was 'n belewenis.

Hierdie is beslis nie 'n maklike voetslaanroete nie, maar tog een wat elke fikse voetslaner een of ander tyd moet stap. Ry net Witfontein toe, reik jou eie permit uit en gaan geniet die stap.

click to go to top of page

Selfs bobbejaan met kierie sukkel in Langkloof

Uit: DIE BURGER, 13 Januarie 1998

DIT was sommer nou die dag nog Nuwejaar en dit is 'n feestyd vir buitelugliefhebbers. My buitelugjaar het al die 2de begin toe ek saam met 'n paar voetslaners van Suid- Kaap Stereo se Hak-tot-Toon Voetslaanklub by Louterwater in die Langkloof die Tsitsikammaberge in is.

Die Langkloof is 'n toeristeroete wat stilweg aan die ontluik is. Hou jy stil by een van die vele plase waar blyplek is of vrugtetoere aangebied word, ontvou 'n nuwe wreld voor jou.Ons bestemming was die landgoed Louterwater van Le Roux Muller.

Ons blyplek was hoog in 'n kloof tussen appel- en peerboorde. Die berghutte was netjiese paalstrukture met plankvloere, slaapplek vir vier, 'n lekker dik tafelblad en sonkragligte. Die buitegerief spoel en die koue stort is agter 'n oop rietskerm. Daar is ook baie plek vir tente.

Louterwater se netjiese kleurbrosjure vertel van drie staproetes. Wat opvallend is, is dat die afstande daarop aangedui en die tyd daaraan toegeken, nie met ons normale standaarde ooreenstem nie. Die Tsitsikammakloof roete van 7 km neem 'n hele 5 uur om te voltooi, die Bloukrans roete van 4 km neem 3 uur en die Langkloof roete van 10 km neem 6 uur. Ons sou wel so deur die loop van die naweek uitvind waarom.

Corrie Laubscher en Eddie van Niekerk was ons leiers. Eddie het ons kort n sesuur die Saterdagoggend al aan die stap gehad. Plaasbestuurder Nelus Ferreira het hoeka ges die son en wind staan stil daar bo en ons moes soveel moontlik so gou moontlik klaarkry.

Wat nie een van ons vermoed het nie, was dat Eddie se kop daardie dag na Formosapiek se kruin van 1600 m bo seespiel gestaan het. Daaroor vertel ek 'n ander dag. Al wat ek nou kan s, is dat dit so na aan selfmoord is as wat 'n mens kan kom. So l ons klomp toe die Saterdagaand verniel en totaal uitgeput daar by die hutte rond en wonder of ons enigsins in ons lewe weer sal wil stap. Selfs die koel bergpoel reg agter die hut het min gedoen om ons te motiveer.

Tog was daar die een of ander kuur in die berglug, want die volgende oggend seweuur was ons weer op pad. Di keer het ek die “maklike'' Tsitsikammakloof roete gekies. In di kloof is glo 11 verskillende spesies varings te sien en jy loop deur 'n hele boomvaringwoud. N die vorige dag se verniel, was die ou ledemate nie te gewillig om weer seer te kry nie en dit het maar stadig gegaan. Boonop sal 'n bobbejaan met 'n kierie ook sukkel om daar uit te kom.

Die kroon op alles was egter die bloedrooi George lelies heel bo in die kloof. Bo was toe ook nie bo nie en ons moes eers nog 'n berg oor voor ons by 'n groot plaasdam by “Sandy Bay'' kon gaan uitspan. Daarna was die hut net vyf minute se stap ver. Ons tyd vir di roete was net meer as vyf uur. So, weet maar dat die roetekaarte se tye reg is.

Opsommenderwys kan ges word dat Le Roux en sy span 'n baie netjiese opset vir buitelugliefhebbers het. Die paadjies is goed uitgel. Dit word goed onderhou, neem jou na besondere plekke en laat jou beslis meer as genoeg sweet. En dan is daar ook nog die pragwreld van die Langkloof wat jy kan gaan verken.

Bel gerus Louterwater by tel (042) 272-1724 of skryf aan Posbus 44, Louterwater 6435 om 'n brosjure te kry. 'n Kleurbrosjure oor alles wat in die Langkloof te doen is, is te kry by (042) 271-3263.

click to go to top of pageclick to go to home pagecontact us

HOME | TOURS | ACCOMMODATION | ADVENTURE | TEAM BUILDING | CORPORATE EVENTS
TOURISM OFFICES | NEWS | WHY SOUTH AFRICA? | GUEST BOOK | AFRIKAANSE REISSTORIES
PHOTO ALBUM | ABOUT US | CONTACT US