HOME | TOURS | ACCOMMODATION | ADVENTURE | TEAM BUILDING | CORPORATE EVENTS
TOURISM OFFICES | NEWS | WHY SOUTH AFRICA? | GUEST BOOK | AFRIKAANSE REISSTORIES
PHOTO ALBUM | ABOUT US | CONTACT US

Bainskloof-spookhuis was eens spoghuis van pionier (2 Desember 1989); Kagga Kamma-wildplaas vul dalk behoefte (26 Januarie 1991); Avontuurlike kronkelpad deur die Klein Karoo (13 Maart 1992); Die Sandveld is daar vir platry en kuier (22 Mei 1992); Interessante ou passe in Suid-Kaap bekoor (20 November 1992); Die geskiedenis leef sowaar by Agulhas (22 Januarie 1993); Trekker bring jou tot op berg (19 Maart 1993); 'n Besielende kuier by die Koo se Burgers (8 April 1994); Groot trek na Montagu verlig stadsjapies se stres (29 April 1997); Rus vir siel by diť warmbron (4 Junie 1993); Stap van voorstoep af sommer berg in (12 November 1993);Gaan verloor jou hart op Clanwilliam (8 April 1994); Daar was rygoed in die Kloof lank voor pad gebou is (18 Julie 1995); Mensgerigte bewaringsaanslag maak Groenvlei meer besonders (5 Maart 1996); 'n Bosryke uitvlug lÍ naby Swellendam (12 Maart 1996); Die natuur help boer op Niel MacGregor se plaas (17 Oktober 1995); In Nieuwoudtville se wÍreld raak niemand ooit verveeld (13 Augustus 1996); Wonder ontvou by Nieuwoudtville (2 Junie 1998); Diť Hollanders sien wÍreld te fiets (14 Januarie 1997); Met agterpaaie langs kom jy tot nuwe insigte (16 September 1997); Baai tussen die berge' nie verniet so gewild (7 Oktober 1997); Ruwe Richtersveld vra 4X4 vernuf (4 November 1997); Rose het tot buitelanders gaande oor Karoo (25 November 1997); Lig Lutzville sluier vir ware rus (5 Mei 1998); Plattelandse gulheid bekoor Duitser (19 Mei 1998); Afdraai by Groot-Brak moeite werd (16 Junie 1998)

 

Bainskloof-spookhuis was eens spoghuis van pionier

Uit: DIE BURGER, 2 Desember 1989

BAINSKLOOFPAS is vandag ‘n bekende toerismeroete in Wes-Kaapland. Vandag se reisigers weet seker nie eers dat daar vroeŽr hoog teen die kranse ‘n herehuis oor die pas getroon het nie. So halfpad met die afkomslag Wellington se kant toe, het dit reg voor die reisiger opgedoem. Die ouer garde wat dit wel destyds sou gewaag het om vanaf die nou bergpas op te kyk, kan moontlik nog die huis daar bokant “Gawie-se-Water”, soos die groen bordjie dit vandag aandui, onthou.

Die jonger geslag het miskien al gehoor van die murasie van “Die Spookhuis”, soos wat dit later bekend was. Baie wonder seker wat daarvan geword het, want daar is vandag geen teken dat daar eens ‘n huis was nie.

Hierdie indrukwekkende gewelhuis is gedurende die jare van die Tweede WÍreldoorlog deur boumeester Charl Marais vir die bekende konfytfabriek-pionier van Wellington, mnr. P J Hugo, gebou.

Volgens oorlewering is die huis met groot moeite tussen die kranse gebou en ‘n bergpas in die kleine moes eers as toegangsroete gebou word. Diť pad is later verder die bergvallei in gemaak om Hugo se beplande plaasontwikkeling te bedien. Die fokuspunt van hierdie hele ontwikkeling was die huis en die aangrensende swembad in die stroom wat berg-af vloei. Vandag groei daar egter net gras en bosse waar daar eens ‘n huis was.

Diť dubbelverdieping-gebou met sy imposante gewels, rietdak en lang spiraal-versierde skoorstene, was op die oog af ‘n tipiese Sir Herbert Baker-ontwerp. Dit het van ver onder in die pas af die beeld van ‘n ware bergvesting geskep – en ‘n bergvesting was dit gewis. Daarvan getuig die meegaande foto. Van daar bo af was die uitsig oor die Wellington-vallei en die Swartland werklik prentjiemooi. ‘n Mens kan verstaan dat dit Hugo se lewensideaal was om juis dŠŠr ‘n huis te hÍ.

Die storie van die huis en plaas Oostenberg waarop dit geleŽ is, strek reeds terug tot 1839 toe J J van der Merwe (jr) as eerste eienaar van diť stuk berggrond besit geneem het. Dit was tien jaar voordat Andrew Geddes Bain begin het om ‘n aanvanklike voetpad, wat as toegangsroete vir sy konstruksiespanne tydens die bou van Bainskloofpas moes dien, oor die berg te bou.

Dit wil voorkom asof die belangstelling in diť ruwe bergwÍreld iets te doen gehad het met ‘n versoek wat reeds in 1815 aan Lord Charles Somerset gerig was om die Witterivier se water oor die berg na die droŽ Bovlei-vallei aan die Wellington kant van die berg te bring. Diť projek is dan ook rondom 1860 met groot moeite en dreigende bankrotskap deur ‘n klompie Wellingtonse boere voltooi – vandaar die bruisende stroom water wat vandag by “Gawie-se-Water” onder die pad deur spoel.

Na Van der Merwe het die privaat elektrifiseringsfirma, Wellington Electric Light Power Syndicate, die plaas in 1892 gekoop. ‘n Groep bekommerde Wellingtonners het die idee van die beoogde elektrisiteitsvoorsiening deur middel van waterturbines kort daarna met die hulp van die destydse Kaapse owerheid gekelder.

Sewe jaar daarna het De Beers Consolidated Mines die plaas gekoop met die oog op elektrisiteits- en watervoorsiening aan die destyds beoogde plofstoffabriek op die plaas Houtbaai buite Wellington. Met die hulp van die Kaapse owerheid is ook diť projek gou in die kiem gesmoor.

Na al die vrese en bohaai oor die onderskeie projekte by Oostenberg was die Wellingtonners seker in 1938 verlig toe Hugo besit geneem het van die grond met die idee om sy droomhuis daar hoog in die berg te bou. Hy het die eiendom na Paradise Valley Estates herdoop. Ongelukkig het Hugo nooit daar gewoon nie, want hy is vroeg in 1941 oorlede.

Hugo se getuigskrif staan vandag op ‘n gedenksteen op ‘n koppie bokant die oorblyfsels van die gewese huis. Dit lui: “Die berge en dale vertolk die lewe, strewe en hoŽ ideale van P J Hugo, gebore 9 April 1878, oorlede 15 April 1941”. Saam daarmee lees ons ook diť stukkie hartseer op dieselfde steen: “Ook ter gedagtenis aan sy seun, luit. Pierre Hugo, MC, gebore 6 Maart 1918, gesneuwel 26 Oktober 1942. Hy rus te El Alamein, Egipte.”

Na Hugo het die Paarlse Munisipaliteit die eiendom in 1946 gekoop met die idee om ‘n dam op die bergvlakte agter die huis te bou. Diť dam moes dan water aan die inwoners van die Paarl voorsien. Na die voltooiing van die Wemmershoekdam en die gevolglike voldoende watervoorsiening daarvandaan aan die Paarl, is die saak vir eers met rus gelaat. Daar is onlangs egter aangekondig dat die Paarlse stadsvaders en die Bo-Bergrivierboere weer ‘n dam in Bainskloof wil bou.

Op 22 Februarie 1949 het vonke vanaf ‘n veldbrand die rietdak van die bekende Hugo-huis in die berg aan die brand gesteek. Die Paarl Post van 27 Februarie 1949 berig hoedat die brandweer die lang pad vanaf die Paarl, deur Wellington en teen die pas op, sonder welslae gespoed het – die huis het tot op die grond afgebrand. Daarna het die oorblyfsels van die huis vinnig begin verval.

Die laaste oorblyfsels van diť ruÔne, later bekend as “Die Spookhuis”, is tien jaar gelede gesloop na die tragiese dood van ‘n Ikey student en sy vrou. ‘n Wegloop-bandiet het eers die man by Junction Pool, hoŽr op langs die Witterivier, en toe die vrou in die murasie vermoor. Vandag is alles daar toegegroei onder gras en bome en net ‘n enkele klipmuur getuig van een of ander bouwerk van vroeŽr.

Oor die teenwoordigheid van spoke in hierdie spookhuis is al baie bespiegel. Hierdie skrywer kan getuig dat die nagte wat hy as bergklimmer in die ou murasie deurgebring het, maar bra grillerig en onrustig verloop het; veral wanneer die wind saggies deur die leŽ kamers gefluit en die dooie waboomblare oor die vloer laat ritsel het.

click to go to top of page

Kagga Kamma-wildplaas vul dalk behoefte

Uit: DIE BURGER, 26 Januarie 1991

DIE hervestiging van ‘n groepie Boesmans uit die Kalahari op die wildplaas Kagga Kamma in die distrik Ceres, het die publiek onlangs gaande gehad. Hoewel daar groot opgewondenheid oor die hervestigingsprojek heers, is Boesmans geen onbekendes aan Wes-Kaapland nie. Daarvan getuig die vele Boesman-oorblyfsels op Kagga Kamma in die Sederberg, 100 km noord van Ceres, waar hulle nou hervestig is.

Die Kagga Kamma-wildplaas ontwikkeling is ‘n nuutjie in diť geweste. Dit is die eerste wild- en vakansieplaas van sy soort en van sů ‘n omvang wat in Wes-Kaapland ontwikkel word. Dit word tans as ‘n deeltitel projek bemark en deeltitel-eienaarskap sluit die besit van ‘n vakansiehuis sowel as ‘n aandeel in die plaas in.

Kagga Kamma is tussen die Koue Bokkeveld en die Ceres-Karoo geleŽ. Die ontwikkelaars kon beswaarlik ‘n meer afgesonderde en rustige omgewing vir hulle ontwikkeling gekies het. Dit wil voorkom of tyd in hierdie wÍreld stilgestaan het. Die onlangse ontdekking van nuwe diere en plante op Kagga Kamma versterk diť gevoel.

Volgens een van die mede-eienaars van die plaas, mnr Pieter de Waal, beteken Kagga Kamma eintlik “waterryk”. Die huidige Kagga Kamma se naam was oorspronklik Zwartrug. Hierdie Zwartrug is deel van ‘n hoŽ skeiding tussen die Koue-Bokkeveld en die Ceres-Karoo. Vanuit die Koue-Bokkeveld word Zwartrug oor die Katbakkiespas bereik, en vanuit die Ceres-Karoo oor Skitterykloof, deesdae ook Speserykloof genoem.

Die plaas is waarskynlik as een van die eerste eiendomsplase in daardie omgewing uitgegee. Dit is reeds op 3 Maart 1864 in die naam van J F Munnik, L Wiemar en A Pelser geregistreer. Diť deel het toe onder gesag van Tulbagh se landdros gestaan en was bekand as die wyk “Voorste omtrek van Koue Bokkeveld”.

Volgens ‘n ander mede-eienaar, mnr. Willie de Waal, het die Koue-Bokkeveldse boere vroeŽr jare in die wintertyd met hulle vee oor daardie einste Zwartrug na hulle warmer Karoo-plase getrek. Die Karoo boere het weer gedurende die somer na die koeler gebied by Zwartrug getrek. Sů het Zwartrug dus ‘n baie belangrike rol in die veeboerdery van destyds gespeel.

Daar was waarskynlik lank voor dit al menslike aktiwiteite in die Zwartrug-omgewing. Daarvan getuig die vele rotstekeninge en vindplase van gebruiksartikels van vroeŽre bewoners. ‘n Mens moet maar net ‘n entjie die veld in stap om nuwe fondse van sulke artikels te maak. Daar word nog gereeld klip-pylpunte, klipmesse, volstruiseierdop-krale en oorblyfsels van kleipotte in die veld by Kagga Kamma gevind.

Die oorvloed argeologies-belangrike voorwerpe kan moontlik toegeskryf word aan die afgesonderdheid van die gebied. Die onherbergsaamheid en die feit dat bitter min blankes die gebied tot dusver besoek het, kon daartoe bygedra het dat diť histories-belangrike artefakte so goed behoue gebly het.

Daar is aanduidings dat daar reeds sowat 20000 jaar gelede mense in die gebied by Kagga Kamma gewoon het. Volgens prof H P Steyn, bekende volkekundige van Stellenbosch, is dit moeilik om die menslike bedrywighede van so lank terug aan ‘n sekere groep te verbind. Wat wel seker is, is dat daar teen die einde van die 1700’s geweldige konflik tussen die Boesmans en die trekboere in daardie omgewing was. Die Boesmans moes later die aftog blaas. Dit is juis hulle wat so ‘n ryk kultuurnalatenskap op Kagga Kamma agtergelaat het.

Selfs die natuurlewe op Kagga Kamma is heel besonders. Lede van die Kaapse VoŽlklub is tans besig met ‘n deurlopende voŽlwaarnemingsprojek op die plaas. Aangesien die Kagga Kamma-gebied as Karoo geklassifiseer word, maar veel hoŽr as die res van die Karoo geleŽ is, bring dit mee dat daar ‘n eiesoortige voŽllewe gevind word. Verder is daar ook onlangs twee vermoedelik nuwe boegoeplante gevind.

Daar is ook reeds ‘n besondere soort horingadder gevind, wat die geleerdes nog laat kopkrap. Volgens ‘n slangkenner, mnr Johan Visser, is daar nog heelwat onsekerheid oor hoe die slanglewe van daardie omgewing inmekaar pas.

Die ontwikkeling van die huidige Kagga Kamma het eintlik reeds in 1986 begin. Drie boere van die Agter-Paarl het dit aanvanklik as skaapplaas gekoop. Saam met Kagga Kamma, of liewer Zwartrug, het hulle ook Martinuswerf, Elandsdrif en Joubert-se-Werf gekoop.Twee van die eienaars, mnre Willie de Waal en sy seun Pieter, is reeds goed bekend met die vier plase. Mnre Willie de Waal en Nico Retief van die Paarl het reeds in 1958 ‘n plaas in dieselfde omgewing gekoop. Daarna het hulle nog drie aangrensende plase bygekoop. Dit was die vier bogenoemde plase. Die plase is toe lank as ‘n eenheid bedryf as “Doer Ver Plase (Edms) Bpk.

In 1983 het hulle hierdie plase verkoop, maar in 1986 weer teruggekoop. Die idee van die huidige Kagga Kamma het eintlik ontstaan as gevolg van die drie boere se gevoel om die mooi van Kagga Kamma met ander te deel. Die plaas Zwartrug is toe met wildheining omhein en verskeie soorte wild is daar hervestig. In 1989 is begin met die bou van 50 vakansiehuise en die nodige ontspanningsgeriewe soos ‘n swembad, tennisbane en ‘n konferensiesentrum. Nege van hierdie huise en die swembad is reeds voltooi.

Volgens mnr Pieter Loubser word daar beoog om sowat R9M aan hierdie projek te bestee. Daarom glo hulle dat die projek ‘n sukses sal wees. Hy meen dat Kagga Kamma sal kan voorsien in ‘n lang gevoelde behoefte in die Wes-Kaaplandse toerismemark.

click to go to top of page

Avontuurlike kronkelpad deur die Klein Karoo

Uit: DIE BURGER, 13 Maart 1992

Die Klein Karoo is een van ons minder ontwikkelde toeristegebiede. Tog is daar soveel te sien deur net so hier en daar af te draai van die teerpad. Ek het dit nou onlangs gedoen en het so 'n hele paar versteekte juwele ontdek. Een daarvan is 'n alternatiewe roete tussen Calitzdorp en Oudtshoorn op die Groenfonteinpad. Diť pad lei ook na die Kangogrotte

Dis nťt die pad vir die manne met die blink breŽwiel 4 x 4-rygoed wat so selde 'n stofpad sien. Die paar dwarsslootjies en gate wat wel in die pad is, mag hulle miskien laat dink hulle ry oor ongebaande weŽ. Tog kan die blinkste duur Duitse vuurwa met ewe veel gemak daar ry. Plek-plek is dit wel net 'n smal enkelbaanpad, waar die bosse langs die pad jou uitsig versper, maar jy moet maar loer-loer om elke skerp draai ry.

Stel jou motor se ritmeter op nul waar jy in Calitzdorp by die Groenfonteinbordjie in die rigting van die Swartberg draai. Kort buitekant die dorp is die sierlike sementwal van Calitzdorp se dorpsdam te sien. Die naam van diť dam is glo die “Eleksiedam”, omdat dit glo daar aan die begin van die 1900’s tydens ‘n verkiesing gebou is. NŠ 'n paar kort draaitjies kyk jy uit oor die watervlak.

Volksboukundiges mag moontlik 'n paar interessante boustyle langs die pad opmerk. Die natuurliefhebbers sal verbaas wees oor hierdie groen vallei in die droŽ heuwellandskap. Ry jy nog so, gaan jy skielik oor ‘n hoogte van waar daar 'n panoramiese uitsig oor die veelkleurige voetheuwels van die Swartberg is.

Draai nŠ 28 km links by Kruisrivier. By 36 km draai 'n pad regs na Lategansvlei. Is jy haastig Oudtshoorn toe, kan jy hier afdraai. Ons gaan egter reguit aan na die Kangovallei. Jy behoort reeds die Swartbergpas links voor jou die berg te sien uitkronkel.

NŠ 41 km kom jy op 'n teerpad. Hier is jy al binne-in volstruisland. By 52 km kom jy by die T-aansluiting na die Swartbergpas en Oudtshoorn. Draai regs. By die 64 km T-aansluiting draai die pad links na die Kangogrotte, wat net om die draai is, en regs na Oudtshoorn. Op pad terug van die grotte op jou pad na Oudtshoorn kan jy ook by Schoemanshoek se konynplaas en volstruisplaas aangaan. Net voor Oudtshoorn is daar nog die krokodilplaas ook.

Sou jy miskien iewers in daardie omgewing oorslaap, moet jy tog nie in die nag vir die leeus se gebrul skrik nie. Dit is eintlik maar net die volstruismannetjies wat sů gesels.

Vir meer inligting rakende daardie omgewing kan die Klein Karoo se toerismekantoor op Oudtshoorn geskakel word by tel 044-322-2241, faks 044-329-26671 of e-pos: kkdr@pixie.co.za

click to go to top of page

Die Sandveld is daar vir platry en kuier

Uit: DIE BURGER, 22 Mei 1992

DIE Sandveld is een van daardie wÍrelddele wat nooit juis voorheen op toeristekaarte aangedui is nie. Tog is daar meer as genoeg te doen vir mense wat net so effens van die teerpaaie wil afwyk. Wil jy weet waar die Sandveld is, trek jy net 'n reguit streep op 'n kaart tussen Piketberg en Clanwilliam, en dan sal jy nie ver verkeerd wees deur te sÍ dat die deel wes van die lyn, see se kant toe, die Sandveld is nie.

Die grootste deel daarvan is 'n plat sanderige wÍreld. Hier en daar steek daar 'n heuwelreeks uit. Die Sandvelders noem dit berge. Kyk jy mooi daarna, sien jy dat diť opeenvolgende ''berge'' vir 'n besondere kleurspel sorg. Tussenin word dit deur 'n welige plantegroeikoninkryk van lae bosse afgewissel. En dan tooi die Sandveld haar natuurlik in die blomtyd in 'n baie spesiale kleed van veldblomme. Die waters van die Verlorevlei, en kuile in die omgewing van Paleisheuwel, Swartboskraal en Sandberg bied natuurlik ook nog 'n heenkome vir baie watervoŽls.

Wil jy die Sandveld goed leer ken, moet jy maar by daadie streek se inligtingskantoor aanklop. Hulle telefoonnommer is (027) 433-2380. Diť wat wil lekker eet moet tog nie Kobus en Aletta Engelbrecht (027) 432-2735 se tradisionele Weskuskos in die skadu van die reuse klipformasie by Bosduifklip kort voor Lambertsbaai misry nie.

Draai jy by Lambertsbaai op die grondpad suidwaarts, vind jy nog 'n uithang eetplek by Kitta Burger se Plaaskombuis op Steenboksfontein (027) 432-2720. Ek sal Kitta altyd onthou vir die heerlike snoek en patats wat ek een winter daar by haar voor die swartstoof geŽet het.

Kort na Steenboksfontein swaai die pad land-in. Jy kan wel reguit seelangs hou, maar daardie pad is privaat, en jy moet boonop tolgeld betaal om daar te ry. Gewoonlik draai ek daar links na Leipoldtville. Moet hom tog nie miskyk nie, want jy moet daar afdraai Elandsbaai toe.

Van Elandsbaai kan jy verder suidwaarts deurdruk na Dwarskersbos en Velddrif toe, maar aangesien ek daardie stuk pad eerder as 'n sloot dan 'n pad klassifiseer, draai ek gewoonlik by Elandsbaai al teen die Verlorevlei op na Redelinghuys en Piketberg toe.

Jy kan ook van Leipoldtville af reguit deurhou, by Sandbergstasie verby na Het Kruis, en daarvandaan met die teerpad na Piketberg, maar ook daardie stukkie pad is seker van die slegstes in ons land. Die Weskus se Distriksraad se manne kan nie juis daarop roem dat hulle meesters is in die onderhoud van hul grondpaaie nie, want daardie een wen loshande die prys vir die slegste in die kontrei.

Tog jammer dat daardie selfde Distriksraad sulke groot somme geld spandeer om toeriste Weskus toe te trek, en hulle dan weer met sulke slegte paaie vir altyd van die Weskus af wegjaag. Ek reken dat die bakkie- en 4 x 4 manne diť paaie heel prettig sal vind, maar wintertyd moet selfs hulle aan die stuur klou om nie deur die lyndrade en in die veld te beland nie.

'n Pad van 'n ander kaliber is die teerpad wat daar kort voor Piketberg by De Hoek se sementfabriek van die N7 afdraai, Velddrif se kant toe. Kyk uit vir 'n ander teerpad wat regs vanaf hierdie pad na Aurora uitdraai. Van daar kronkel 'n grondpad oor die heuwels na Redelinghuys. Liefhebbers van klein-klein popspeeldorpies sal daar baie tuis voel, want was dit nie vir 'n skerp draai in die pad voor een van Redelinghuys se drie kafees nie, het jy die paar geboue daar tussen die hoŽ bloekombome vir seker mis gekyk.

Stop egter, klim af en gaan verneem of daar nie nog een van die baie skaars kerkerwe te koop is waar jy jou aftreehuisie kan gaan bou nie. Jy sal nie spyt wees oor daardie stap nie, veral nie as jy hoor wat die prys van die erwe is nie.

Van Redelinghuys af kan jy met 'n reeds genoemde pad ůf links afdraai en al langs die Verlorevlei af ry Elandsbaai toe, of jy kan regs draai na Piketberg. Ry jy in laasgenoemde rigting, kan jy by die Sauer bordjie regs draai, die redelik goeie kronkelpad oor die ''berg'' volg, en weer sů by die Piketberg-Velddrif pad uitkom.

Alhoewel daar nog vele ander kruis-en-dwars paadjies deur die Sandveld kronkel, is hierdie paar die interessantstes. Ten spyte van die paar slegte grondpaaie is 'n besoek aan die Sandveld oor en oor die moeite werd. Bly jy vir 'n dag of wat daar oor, en kuier boonop saam met die streek se mense, ontdek jy weer wat dit beteken om mens te wees.

Vir meer inligting oor daardie omgewing kan die inligtingskantoor op Moorreesburg geskakel word by tel 022-433-2380 of faks 022-433-2172.

click to go to top of page

 Interessante ou passe in Suid-Kaap bekoor

Uit: DIE BURGER, 20 November 1992

DIE bergpasse van Suid-Kaapland bied van die interessantste toeristeroetes in ons land. Kogmanskloof en die Outeniekwapas is seker die bekendstes hiervan. Die minder bekendes is die Tradouw-, Garcia- en Robinsonspas. Dan is daar ook nog die grondpaaie van die Cloete-, Montagu- en Prins Alfred-pas waarvan baie min mense al gehoor het. Ek skat egter dat daar nog minder mense is wat geweet het dat daar ook op 'n tyd passe soos die Gysmanshoek-, die Paardekop- en die Attaquaskloofpas in daardie geweste was.

Ek het ook maar nou die ander dag daarvan gehoor toe ek met die direkteur van die Bartolomeus Dias-museum op Mosselbaai, mnr. Graham Bell-Cross, oor die bergpasse van Suid- Kaapland gaan gesels het. Vakansiegangers aan die Suid-Kaapse kus kan hierdie somer gerus gaan kyk waar al hierdie passe is.

Diegene wat by Plettenbergbaai en Knysna kuier, kan 'n sirkelroete oor die Prins Alfred-en Montagupas volg. Die Prins Alfred-pas is 'n nou grondpad wat deur die digte boswÍreld van Knysna tot by Avontuur aan die noordekant van die Outeniekwaberge loop.

Diegene wat teerpad wil ry, kan van Mosselbaai met die R328 oor die Robinsonpas na Oudtshoorn gaan. Van daar kan hulle weer met die R29 terug na George oor die Outeniekwapas ry en van daar af weer kuslangs terug Mosselbaai toe.

'n Volgende sirkelroete gaan oor die Garcia- en Cloetepas. Volg die R323 van Riversdal na Ladismith. Die breŽ teerpad van die Garciapas kronkel gemaklik oor die Langeberg. Net anderkant die berg draai jy na Vanwyksdorp se kant ooswaarts (regs) op ‘n grondpad en werk dan al aan die noordekant van die berg af tot jy oor die Gouritzrivier is en by die Cloetespas uitkom. Ry jy daarvandaan weer see se kant toe, kom jy eers by Herbertsdale uit en dan by Mosselbaai.

Vakansiegangers in die omgewing van Witsand en Bredasdorp kan oor die netjiese teerpad van die skilderagtige Tradouwpas na Barrydale gaan. Van daar kan die reis na Montagu gaan en dan deur die Kogmanskloof terug na die see se kant toe.

Diegene wat na die orige drie van die passe wil gaan soek, sal so 'n bietjie speurwerk moet doen. Die Attaquaskloofpas lÍ net wes van die Robinsonpas, maar gaan oor staatsgrond en is nie rybaar nie. Vir die voetslaners is daar wel 'n stappad. Volgens wat ek van mnr. Bell-Cross verneem, is ook Paardekop se pas nie meer begaanbaar nie. Hulle kon tog nog dele van die ou wapad opspoor wat daar oor die berg gegaan het. Bergklimmers sal darem daar kan uit.

Die Gysmanshoekpas is wel nog rybaar, maar dit sal nie juis as 'n hooftoeristeroete gebruik kan word nie. Ek het gaan kyk en 'n smal tweespoorpaadjie oor die Langeberg tussen Riversdal en Heidelberg gevind. Dis miskien net die pad vir manne met bakkies en 4x4's, ek is wel sonder enige skade met ‘n Corolla daar deur. Ry van Riversdal uit na die Garciapas se kant toe. Draai net anderkant die landbouskool links af na die Korenterivierdam. Hou die motor se ritmeter van die afdraai dop om 25,5 km verder regs na die pas af te draai.

Aan die noordekant van die berg aangekom, draai jy weswaarts (links) en hou met daardie grondpad aan tot waar dit tussen Ladismith en Barrydale by die R62 teerpad aansluit.

Hierdie paar roetes is net die ding van diegene wat van iets nuuts hou en self daarna wil gaan soek. Vir meer inligting oor die omgewing kan die streek se toerismekantoor op George geskakel word by tel 044-873-6314 of faks 044-874-6626.

click to go to top of page

Die geskiedenis leef sowaar by Agulhas

Uit: DIE BURGER, 22 Januarie 1993

AGULHAS, die stranddorpie daar naby die suidpunt van Afrika, se vuurtoringgeskiedenis is so interessant dat jy net eenvoudig daar moet aanry om dit self van professor Carl Lohan, die kurator van die vuurtoring, te hoor as jy in daardie geweste kom. Professor Lohan is 'n afgetrede biblioteek-professor van Potchefstroom en 'n verteller by uitnemendheid. Ek het nou die dag vir amper twee uur aanmekaar gesit en luister na Agulhas se stories.

Daardie besondere vuurtoring is reeds in 1849 geopen. Dit is gebou na die voorbeeld van die Pharos-vuurtoring wat by die mond van die Nyl in Egipte gestaan het. Bouwerk aan Pharos se vuurtoring is in 261 vC begin en 19 jaar later voltooi. Dit was 140 meter hoog - Agulhas s'n is maar 20 meter hoog - en het bo-op 'n vuur gehad wat vir 15 eeue onafgebroke gebrand het, totdat die vuurtoring aan die begin van die dertiende eeu deur 'n aardbewing vernietig is. Toe Agulhas se vuurtoring destyds gebou moes word, besluit die Kaapse landmeter-generaal Michell dat dit soos Pharos s'n moes lyk. Diť het glo ook sulke sytorings gehad.

Die eerste lig van die toring by Agulhas het glad nie gedraai nie. Die statiese lantern van sowat 4 500 kerskrag - vandag s'n lewer sowat 12 miljoen kerskrag - is aan die gang gehou deur warm vet wat onder in die twee sytorings se kaggels uit vetstertskape se sterte uitgebraai is.

Na die vuurtoring se koms strand daar toe baie meer skepe as voorheen, want hulle sien die toring se lig as 'n gewone landlig. So kom dit dat daar in 1914 'n draaiende lig geÔnstalleer is. Die hele konkoksie van 6 ton draai op 'n houer vol vloeibare lood. In 1968 het die ou sandsteentoring in onbruik verval en is dit deur 'n staaltoring vervang. Bewaringsbewustes was egter nie daarmee tevrede nie en in 1973 is die ou toring as nasionale gedenkwaardigheid verklaar en gerestoureer. In 1988 begin dit toe weer diens doen as werkende vuurtoring.

Waar die boegbeeld voor die vuurtoring vandaan kom, is nie seker nie. Die plaaslike mense sÍ dit kom van 'n Franse skip wat in 1840 daar naby gestrand het. Prof. Lohan het ook 'n vermoede dat dit van 'n Amerikaanse skip afkomstig kan wees. Maar loop kuier gerus self daar en hoor eerstehands van Agulhas se interessante stories.

Vir meer inligting oor die omgewing kan die toerismekantoor op Bredasdorp geskakel word by tel 028-424-2584, faks 028-425-2731 of e-pos: suidpunt@brd.dorea.co.za

click to go to top of page

Trekker bring jou tot op berg

Uit: DIE BURGER, 19 Maart 1993

MONTAGU se trekkerritte is landwyd bekend, en dit bly 'n belewenis om saam met Niel Burger op sy monsteragtige masjien al met 'n smal kronkelpaadjie teen die berg langs uit te ry.

Die storie van Niel en sy trekkerritte kom eintlik al 'n lang pad. Hy vertel dat hy sowat twintig jaar gelede diť besondere trekker vir plaaswerk gekoop het. Synde 'n bergklimmer, het hy altyd gewonder of die trekker ook kan bergklim. So kom dit toe dat sy vrou, Elize, een middag dorp toe ry, en hy die kans kry om die berg met die trekker te bestyg.

''Sy sou my seker geskei het as sy uitgevind het watter onverantwoordelike ding ek besig was om te doen.'' Hy kom toe diť dag halfpad die berg uit. Toe Elize weer eendag dorp toe ry, het die kettings en koevoete reg gelÍ om die rotsblokke wat nog in die pad was, weg te skuif. Niel en 'n paar helpers is haastig berg uit. Toe Elize die aand by die huis kom, sit hy al lankal weer onder. Hy sÍ toe maar niks daarvan dat hy en die blou trekker bo-op die 1 600 m hoŽ berg was nie.

Soos dit maar gebeur, kom mense toe later van diť ryery te hore, en kort voor lank wou hulle saam. Sů begin Niel toe om geleidelik die besondere pas teen die berg uit te verbeter. Toe hy hom weer kom kry, word diť ryery amper 'n heeltydse werk. Deesdae neem hy tot 200 mense per dag teen die berg uit.

Praktiese man wat hy is, het Niel nou twee van hierdie besondere trekkers en sleepwaens gebou waarmee hy en sy seuns twee maal per dag die berg kan uit. Wintertyd gaan dit deur die sneeu ook. So 'n tog duur ongeveer drie uur. Die eerste skof begin onder op sy plaas, Protea, daar aan die bopunt van die Burgerspas op die Koo-pad tussen Montagu en Touwsrivier. Dit eindig hoog bokant Robertson, reg in die skadu van Arangieskop.

'n Beter uitsig gaan jy nie vir so min fisieke inspanning kry nie. Waar dit vir bergklimmers drie tot vier uur duur as hulle voluit klim, duur dit slegs 1Ĺ uur teen ‘n sit-sit pas – met heelwat stilhoutyd vir rondkyk ingesluit - vir die passasiers om saam met die trekker bo-op die berg te kom. Bo trakteer Niel jou in 'n baie besondere berghut op Montagu-muskadel of druiwesap.

Die tweede skof van die rit gaan voetjie-vir-voetjie berg-af, tot in 'n romantiese dennebos waar potjiekos bedien word. Sit jy eers, kom jy nie weer weg nie, want dit is nou 'n kuierplek duisend. Die kinders sal gaande wees oor Niel se sweefspooragtige glydraad. 'n Nuutjie is die oornagplekke wat die Burgers nou daar op die plaas ingerig het.

Ek kan nie juis byhou met wat daar alles op Protea aangaan nie, maar toe ek laas daar was, het Niel reeds 'n ou meul, twee berghutte en 'n ou skuur as oornagplekke ingerig gehad. Die skuur is nou vir skool- en studentegroepe wat daar wil oorbly, en die meul vir die wittebroodpaartjies wat iets ''anders'' soek. Om 'n rit saam met Niel op die trekker te bespreek, kan Montagu se reklamekantoor by tel. 023-614-2471 gebel word. Vir blyplek op die plaas kan die Burgers self by tel. 023-614-3012 gebel word.

(Lees ook die volgende twee stories oor aangename kuiertye by die Burgers.)

click to go to top of page

 'n Besielende kuier by die Koo se Burgers

Uit: DIE BURGER, 8 April 1994

GESELS jy oor Montagu en wat daar alles vir toeriste te doen is, gaan die naam van Niel Burger en sy trekkerrit wel iewers in die gesprek opduik. Wat egter minder bekend is, is dat hy ook 'n hele paar puik vakansie-blyplekke op sy plaas ingerig het. Dit is reeds sů gewild dat jy beswaarlik daar ‘n opening kan kry om te gaan kuier.

Die druk werkprogram van die voorjaar het by ons huishouding sommer gou 'n rÍrige wegbreek-naweek gevra. Sů beland ek en my gesin toe so 'n naweek of vier gelede by die einste Niel en sy vrou Elize op hul plaas Protea aan die bopunt van die Burgerspas in die Koo daar tussen Montagu en Touwsrivier. En wat 'n kuier was dit nie!

Dat die Burgers nooit genoeg blyplek sal hÍ vir almal wat daar wil kuier nie, is seker. Tans is daar 'n berghut vir 16 mense teen die laer noordelike hang van die Langeberg, 'n ou meul waarin vier mense kan bly en 'n gesamentlike blyplek vir 45 skoliere of studente.

Soos die vraag na diť blyplekke nou staan, sal Niel in elke bergklofie en by elke plaasdam 'n hut moet bou. Die berghut staan so 'n kilometer of twee van die opstal tussen die fynbos. Somertyd het die diep bergkloof en pikswart waterpoel net daarnaas die grootste aantrekkingskrag. Wintertyd weer is dit die wit sneeulandskap wat die hele vallei bedek.

Die ou meul en die gesamentlike blyplek is op die werf. Hoewel op die werf, is die meul effens weggesteek van al die plaasbedrywighede. Synde 'n vrugteplaas, gaan daar in elk geval nie veel oor 'n naweek aan nie en sal jy dus rustig daar kan kuier. Die gesamentlike blyplek was eers 'n skuur. Niel het diť egter netjies omgebou, met slaapplek vir 45 bo en 'n eet- en ontspanningsaal onder. Dit lyk my na net die plek wat skole vir hul natuurprojekte soek.

Gaan jy by die Burgers kuier, moet jy natuurlik op die trekkerrit die berg uit. Daaroor het ek al in 'n vorige artikel vertel. Saam met die trekkerrit is Liesa Nieuwenhuis se potjiekos wat in die piekniekbos voorgesit word, ook 'n můťt. En dan is daar natuurlik die ganse bergplaas met al sy stapplek.

Wel, ons hťt gekuier! Die seunskinders het sommer net daar op die werf 'n paar vrugtekissies en 'n plank nader gesleep, en hulle sou Vinnige Fanie (de Villiers) sommer gou 'n paar krieketlesse kon gegee het. Tussendeur is die dennebosse en die laer berghang verken. Die bergpoel en plaasdamme is elke dan en wan vir 'n vinnige afkoel besoek.

Ek het genoeg vrede en stilte gehad om my te verlustig in die strokieskarakter Tintin se speurtogte, en die ma van die huis kon net agteroor sit terwyl pa en seuns haar bedien het. 'n Beter vakansie kan jy nie begeer nie. Besprekings vir die blyplek kan by tel 023-614-3012 gedoen word. Besprekings vir die trekkerritte en potjiekosetes word by Montagu se Inligtingskantoor by 023-614-2471 gedoen.

click to go to top of page

Groot trek na Montagu verlig stadsjapies se stres

Uit: DIE BURGER, 29 April 1997

GOEIE buurskap is een van die grondslae van 'n gelukkige gemeenskap. Diť dat ons klomp wat nou al amper 15 jaar saam hier aan die onderpunt van Durbanville woon so 'n tydjie gelede na Montagu opgetrek het vir 'n naweek se ontspanning in die buitelug. NŠ daardie kuier is dit al asof ons samesyn nog hegter is.

Geskiedskrywers wil dit hÍ dat 1838 se Groot Trek die grootste georganiseerde volksverhuising in die wÍreldgeskiedenis was. Gemeet aan die logistieke beplanning wat dit vereis het om ons klomp daardie naweek op Montagu te kry, staan ons uittog miskien net so kortkop agter by die trek van daardie jare. Dit was 'n langnaweek en ons het 'n hele Vrydag se bykomende kuier gehad.

Die eerste stilhouplek was die KWV se brandewynkelder op Worcester. Omdat dit 'n gesinsnaweek was, is die kinders ook saam deur die kelder om die eeue-oue kuns van brandewynmaak te ervaar. Stilhouplek nommer twee was by Van Loveren landgoed tussen Robertson en Bonnievale. Daarna is 'n vinnige draai gemaak in die mooie Bonnievale en toe is ons deur Kogmanskloof na Montagu.

Ons naweekverblyf was by Niel en Elize Burger se vakansieplaas in die Koo. Almal sou sommer so saam-saam in die jeuglokaal bly. Die eintlike rede waarom ons juis hulle plaas gekies het, was die trekkerrit en die potjiekos. Later sou ons uitvind dat die rustigheid en onbeperkte ruimte so ongemerk 'n bonus word soos die naweek aanstap.

Skaars het ons laatmiddag daar aangeland of die kinders is die plaasdam in. Teen donker was almal moeg en honger terug. Ons klomp pa's het reg gestaan met die aandete.

Saterdagoggend was die trekkerrit al wat getel het. Niel en sy seun Etienne se trekkertogte is al wyd bekend en almal wou saam die berg uit tot hoog bo in die skadu van Arangieskop. Vir sommige was dit 'n naelkourit en vir ander weer 'n jillende plesier. Niemand wat saam was, sal daaroor kan stry dat die ma's en tienerdogters ewe hard gegil het as die trekker te naby aan 'n afgrond kom of net te vinnig op 'n dam of watergat afpeil nie. Iemand wat nog nie een van die Burgers se trekkerritte meegemaak het, weet nie wat die woord “avontuur'' beteken nie.

Ek self het al opgehou tel hoeveel keer ek daar uit was, maar ons gesin sorg dat ons ten minste een maal per jaar 'n draai daar gaan maak. Die potjiekosete onder in die dennebos was net die regte medisyne om almal nŠ die rit weer kalm en normaal te kry. Die seunskinders kon nie vinnig genoeg by die modderdam kom nie en kort voor lank is kleibolle met lang dun latte na mekaar gemik.

Die aand se kos was hoofsaaklik snoek, wors en potbrood. Sondagoggend staan die pa's ewe selfvoldaan daar rond om te kyk hoe die ma's hul beloofde “brunch'' maak. Ewe slinks vat hulle toe die pa's se oorskietkos van die vorige twee dae en pak diť met 'n klompie vrugte op die tafel. Volgens hulle is ekonomiese oorwegings belangriker as om te bewys dat hulle kan kos maak. So kom 'n langnaweek waar dit hoofsaaklik om eet en saam kuier gegaan het, op 'n hoŽ noot tot 'n glorieryke einde om een van Niel se stewige tafels, hoogvol “tweedehandse'' kos gelaai.

Wat 'n kuier by die Burgers so besonders maak, is dat daar soveel ruimte om jou is. Dis beslis 'n plek om van alle stadstres ontslae te raak. Hul huisvesting is ook heel uniek. Daar het juis nou weer 'n houthut bygekom wat oor die Koo-vallei uitkyk van waar dit teen die berghang staan.

Besprekings vir verblyf op die Burgers se vakansieplaas kan gedoen word deur 023-614-3012 te skakel. Vir die potjiekos- en trekkerritbesprekings, skakel 023-614-2471.

(Niel se vrou Elize is in Junie 1998 na 'n lang stryd teen kanker oorlede. Sy seun Ettiene, waarvan hier geskryf word, is op 2 Januarie 1999 in 'n motorongeluk oorlede. Beide se grafte is teen die rant bokant die plaaskompleks in die klein begraafplaas wat vanaf die pad, wat die trekkerrit volg, sigbaar. Sy seun Pierre help hom nou met die trekkerritte en diť se vrou Karin behartig nou die besprekings vir akkommodasie. BvZ)

click to go to top of page

Rus vir siel by diť warmbron

Uit: DIE BURGER, 4 Junie 1993

DIE warmwaterbron by Warmwaterberg daar tussen Barrydale en Ladismith is een van daardie plekke waarnatoe jy kan gaan vir rus en vrede. Kom jy daar, sal jy gou uitvind waarom.

Warmwaterberg is een van die minder bekende warmbronne van ons kontrei. Tog gaan mense al vanaf vroeg in die vorige eeu daarheen om genesing te soek in die lou-warm water van die bron. Deesdae het die geloof in die genesende krag van daardie soort water afgeneem en gaan mense meestal daarheen om vakansie te hou.

Ek ken Warmwaterberg al vanaf die laat 1950's toe ons met oom Jannie Langenhoven se ou groen Chev lorrietjie met die houtkajuit daarnatoe is. Ons Swellendammers het daardie dae gesÍ ons gaan deur die Klip as ons oor Tradouwspas Barrydale toe is. Onthou, toe was dit nie met die pragtige breŽ teerpad van vandag nie, maar wel met die ou smal grondpaadjie wat so half teen die steil kranse gehang het.

So is ons toe met die groen Chev die Klip deur, Barrydale verby, Warmwaterberg toe en het ons ons intrek in die badhuisies daar hoog bo teen die kop geneem. Van die res van die kompleks onthou ek niks. Wat ek wel onthou, is die poue. En toe ek nou die dag daar kom, was die poue nog steeds daar.

Deur die jare het ek kontak met die plek behou en so elke vyf jaar of so daar aangery. Warmwaterberg het egter nooit verander nie. Party mense sou selfs hulle neus so effens optrek vir die eenvoud wat hulle daar te siene gekry het. En so is dit vandag nog.

Jacques la Grange is weliswaar nou besig om al die geboue stuk vir stuk op te knap. Hy is al die hoeveelste La Grange-geslag daar en reken die plek se behoud is juis die eenvoud daarvan. Gee hom nog so 'n paar jaar kans en hy gaan al die geboue mooi netjies reggemaak hÍ. Hy sÍ hoeka Warmwaterberg moet bly soos hy was, want aangeplakte blinkheid pas nie daar nie.

Kom jy oor die vlakte aangery, sien jy dan ook wat hy bedoel. Alles vorm 'n eenheid met die eenvoud van die omgewing. Heel onder teen die rant staan die ry 1829 rietdakhuisies. Diť is nou heel netjies opgeknap en as blyplek ingerig. Net bokant diť is Jacques en Frieda se eie Victoriaanse huis van 1910 wat hy tans aan die regmaak is. Nog hoŽr die rant uit is die sanatorium wat in 1908 gebou is. Ook diť is nou netjies reggemaak. Die sanatorium was die "grÍnd" plek waar die oumense in die reuse baddens warm water gaan lÍ het om verligting te soek vir al wat 'n skeet en pyn is.

En dan is daar nog die badhuisies wat vandag nog net so lyk soos wat ek dit as kind geken het en seker ook nog net so lyk soos toe dit in 1887 gebou is. Elke huisie het twee vertrekke, naamlik 'n slaapkamer en kombuis/badkamer. Die bad is so groot dat die hele gesin gelyktydig kan bad. En dan sÍ hulle die oumense was so preuts!

Vir die moderne kampeerders is daar natuurlik groot groen grasperke met elektriese punte vir karavane, netjiese badkamers en 'n swembad. Daar is dus iets vir elke smaak. En dan het ek nog niks van die voetslaanpaaie en rondryplekke om die bad gesÍ nie. Gaan kyk gerus maar self. Bel Warmwaterberg by 028-572-1609 om plek te bespreek. Jy gaan jou kuier daar gewis geniet.

click to go to top of page

Stap van voorstoep af sommer berg in

Uit: DIE BURGER, 12 November 1993

SWELLENDAM is vir my veel meer as maar net nog een van die vele mooi plattelandse dorpe waaroor ek al in die verlede geskryf het. As tuisdorp van my jeugjare is daar veel meer mooi herinneringe as wat ek in een artikel kan saamvat. Dat dit die mooiste dorp in ons kontrei is, is seker. Tog het ek dit al vergeet, want dit is al sowat twintig jaar dat ek daar weg is. Dit was egter Jacques Stander se foto's van Swellendam en sy mense wat so 'n week of wat gelede saam met Marieke Brand se artikel in die tydskrif Sarie verskyn het, wat my weer laat besef het hoe mooi dit werklik daar is.

Dit is nie sommer elke dorp wat met so 'n berg soos die Langeberg as agtergrond kan spog nie. Jy stap as te ware sommer so van jou voorstoep af die berg in. Gaan vra maar daar by die karavaanpark of die toeristekantoor vir die pamfletjie van al die korter staproetes teen die voorberg en gaan kyk self wat ek bedoel.

Die landboustrook teen die berg is natuurlik 'n wÍreld vir gemengde boerdery. Ry jy egter nou daarnatoe, gaan jy reg in die braamplukseisoen daar aankom. Sowat twintig jaar gelede is diť vruggie van Stellenbosch tot in die Langkloof gekweek, maar vandag is Swellendam omtrent al plek waar jy dit gaan kry. Dat dit iets spesiaal is, sÍ die prys wat jy daarvoor moet betaal reeds vir jou. Maar gaan proe gerus hoe dit saam met roomys smaak of gaan vra my Oom Frikkie na wat hy alles by daardie spesiale braammedisyne gooi om dit so 'n besondere nasmaak met 'n skop te gee. Ry maar by enige van die braamplase aan; dit is vriendelike mense wat daar boer.

Daar is natuurlik ‘n hele klomp gastehuise, wat vanaf “backpackers” tot luukse standaard gegradeer kan word, in en om Swellendam. By ‘n plek wat sů mooi is, kan dit ook nie anders nie. Daar word ook heelwat buitelugaktiwiteite aangebied wat maak dat nog meer mense daar wil oorbly. EksplŰr SA bied ook akkommodasie in ‘n hele paar huisies wat feitlik vas teen die berg staan. Doen gerus by eksplor.sa@mweb.co.za navraag daaroor.

Miskien is dit juis die kombinasie van die historiese karakter van die dorp en die omgewing se skoonheid wat maak dat Swellendam reeds vir baie jare al ‘n gewilde oorstaanplek vir toeriste is. Gaan kuier jy dus op Swellendam, sal jy vind dat daar iets vir die natuurliefhebber, kultuurmens, mense-mens en ook die alleen-mens te doen is. Bel ook die inligtingsbeampte by tel 028-514-2770 om ‘n meer volledige oorsig oor hierdie besondere omgewing te kry.

Moet tog ook nie vergeet om ‘n bottel van daardie spesiale braammedisyne in die hande te kry nie! Sonder ‘n proe daaraan is ‘n besoek aan Swellendam net nie volledig nie.

click to go to top of page

Gaan verloor jou hart op Clanwilliam

Uit: DIE BURGER, 8 April 1994

CLANWILLIAM is nie sommer net nog 'n dorpie Írens daar vťr in die platteland nie. Diť feit moes ek verlede week tydens 'n bustoer ontdek toe Clanwilliam se mense 'n klompie toeristebemarkers daarheen genooi het. Woensdagoggend 14 April sit ons toe almal heerlik agteroor in een van Interkaap se luukse busse. Noelleen Hayward, toerbestuurder van Interkaap, heet ons welkom. Okkie sit agter die wiel en Henko skink. Ons was op pad na die rus en stilte van Clanwilliam.

So gly ons glad die Swartland deur. 'n Week vantevore het ek ook daar gery. Toe was alles droog en vaal. In die tussentyd het goeie reŽn geval en die eerste groen slaan reeds kol-kol deur. Piketberg se berg en die Olifantsrivierberge lÍ skoon en baftablou rondom ons.

Goue Vallei se vonkelwyn smeer die droŽ kele en teen Piekenierskloof uit gesels ons klomp vreemdelinge sommer al lekker. Kort voor die afdraai Sederberge toe hou ons eers stil. Pieter du Toit, inligtingsman van Clanwilliam, bel om te hoor hoe die Sederbergpad se laagwaterbrug oor die Olifantsrivier lyk. (Dis lank voor selfone se dae, toe ons nog van “tiekiebokse” af gebel het.) Hy kom terug en sÍ ons sal Clanwilliam om moet ry; die rivier is in vloed.

Daar aangekom wag Oktawius Maas van die Augsburg Landbouskool ons in. Ons klim in sy bus en hy vat die kronkelpad al teen die Clanwilliam-dam op na die Sederberg se Algeria toe. Diť is 'n pad waar ek beslis weer wil gaan ry.

By Algeria oorlaai SW van der Merwe van die Kaaplandse Natuurbewaring en sy span ons met gasvryheid. Sy een buurplaas, Dwarsrivier, se wyn word voorgesit en die Clanwilliam Hotel se piekniekmandjies word uitgepak. Tussendeur hoor ons van menige Sederberg-ervaring. Die luiperdstories is in die kol, want met die loopslag sien ek die meisiegoed loop so omkyk-omkyk en so al nader na SW en sy ge-uniformde manne.

Met die terugtog vat Oktawius die Nieuwoudtpas. Anderkant af sien ek ou Okkie, ons Interkaap-busbestuurder, word so wit om die kiewe. Sowat van draaie sny om blinde hoeke en teen die steiltes af, sal hy seker nooit vir Oktawius kan nadoen nie. By die Olifantsrivier se laagwaterbrug mik Oktawius eers rivier se kant toe. Okkie skop styf van vrees en die vrouens gil. Die water spoel in sulke golfies oor die brug. Oktawius blaas die aftog, tru, en kies 'n ander kronkelpad al teen die rivier af, terug Clanwilliam toe.

Daardie aand staan Flip Lochner en sy vrou Ilse van die Clanwilliam Hotel se Reinhold Restaurant reg met ete. Ons proe gou waarom hulle so wyd bekend is vir hulle kos. Emile Strassberger, Ilse se broer, skink ruim. Tussendeur rol Tolla van der Merwe, ook teenwoordig, se grappe. En dit ondanks Pieter se versekering dat hy net een gaan vertel, ''want sien, hy doen dit verniet!'' Op tuisbodem steur Tolla hom egter nie aan betaling nie. Hy het dan gehelp om Clanwilliam op die kaart te kry.

Oor die Strassbergers se Clanwilliam Hotel gesels ek 'n ander dag. Ek dink dit sÍ genoeg as ek sÍ dat die AA dit verlede jaar as die beste plattelandse hotel aangewys het.

Vroeg DonderdagmŰre jaag Pieter ons uit die kooi. Die Strassbergers hang weer uit met ontbyt. Tolla kom die straat af en daar moet eers foto's geneem word saam met hom, ''want mens kry mos nie aldag die kans om Oom Tolla om die lyf te vat nie,'' kom dit van so 'n mooi jong dingetjie. Ek sien Tolla skrik so effens vir diť ge-oom.

Pieter jaag die klomp deur Die Kunshuis en ander besienswaardighede van die dorp. Ek sluip stilletjies weg na die visteelstasie van die Kaaplandse Natuurbewaring waar SW en Charl du Plessis met trots hul pas aangekondigde sukses met geelvisteling aan my verduidelik.

Hulle laai my weer stil-stil by die bus af. Diť staan voor die Rooibosteebeheerraad se kantoor. Binne het Steve Basset, kenner van Boesmantekeninge, toe net begin vertel van sy soektogte in die Sederberge. Na hom volg Erna du Plessis se geselsie oor Clanwilliam se jaarlikse blommeskou. Wie nog nie diť wonder aanskou het nie, moet vanjaar daar uitkom. NŠ 'n koppie Rooibostee lÍ Ronel Keyser die voordele van diť tee aan ons uit. Ons sit nie verniet reg in die middel van die RooibosteewÍreld nie.

Glo my, dit was maar 'n klompie onwillige siele wat daarna huiswaarts gekeer het. ''Ja, lekker so,'' dag ek. ''Julle klomp Blinkjanne en Skittersannies daar uit die stad het mos gisteroggend so effens neusoptrekkerig op die bus geklim; so nes asof julle maar net Clanwilliam toe is omdat die baas so gesÍ het. En nou het julle julle harte gaan staan en verloor op diť ou vaal dorpie!''

Diegene wat meer oor Clanwilliam wil uitvind, kan die inligtingskantoor se mense by tel 027-482-2024 bel. Hulle is ‘n gawe lot en sal jou met toepaslike inligting oorlaai.

click to go to top of page

Daar was rygoed in die Kloof lank voor pad gebou is

Uit: DIE BURGER, 18 Julie 1995

HIERDIE ruriek is nou al ‘n hele paar jaar aan die gang. Lesers kontak ons van wyd en syd om te vertel hoe hulle dit geniet en watter nuwe kuierplekke hulle al uit hierdie geselsies leer ken het. Omgekeerd is dit vir die skrywer daarvan net so 'n plesier om al daardie plekke self te gaan soek en dan daarvan te vertel. Verlede week was ek spesiaal Gamkaskloof toe om die stapplekke van daardie deel te gaan deurkyk.

Gamkaskloof is natuurlik die amptelike naam van die plek wat beter bekend is as Die Hel. Die mense van daardie deel noem dit sommer kortweg net die Kloof. Vandeesweek wil ek net een en ander van Gamkaskloof in die algemeen vertel. Dit juis omdat 'n mens so ietwat meer van die Kloof moet weet as jy jou werklik in sy atmosfeer wil inleef. Volgende keer vertel ek dan meer spesifiek oor my voetslaantog van verlede week.

Ons kan die Kloof se geskiedenis reeds daar by Oom Noag en sy ark gaan haal, maar omdat baie ander al in die verlede soveel daaroor geskryf het, gaan ek liewer iets oor sy atmosfeer sÍ. Een van die wonders van die Kloof is die rustigheid. Brian M. du Toit het gedurende 1965 'n studie oor die lewenswyse van die Kloof se mense gedoen. Die een uitstaande ding wat daaruit blyk, is dat baie juis daar in die Kloof gebly het omrede die rustigheid. Selfs die enkele arbeiders wat van elders gekom en toe daar gebly het, het gesÍ hulle wou nie daar weg nie omdat hulle die rustigheid verkies het.

Diť rustigheid en afsondering is gedeeltelik versteur toe daar in 1962 'n rypad na die vallei gebou is. Dit was ook die begin van die ontvolking van die Kloof, want van die sowat 100 siele wat eens daar gebly het, is niemand meer oor nie. Net Kaapse Natuurbewaring se verteenwoordigers, Zannie en Anita van der Walt, en een arbeider en sy vrou, woon vandag daar. Al vier is nuwe intrekkers.

Gaan soek jy na 'n antwoord waarom die Kloof se bewoners weggetrek het, sal die ou inwoners vir jou sÍ dat dit die pad se skuld is. Tot voor die koms van die pad moes pakdonkies of die inwoners self alles wat vervoer moes word, oor die Swartberge of deur die Gamka se poort na Prins Albert of Calitzdorp dra. Min mense van buite het ooit daar gekom. Invloede van buite het buite gebly. NŠ die pad se koms het die Kloof en sy inwoners allemansbesit geword en die mense wat vir so lank ongehinderd in die vallei kon woon, het hul selfgekose, afgesonderde lewensstyl begin verloor.

Du Toit het verskeie studiestukke daaroor gepubliseer. Die omvattendste het gedurende 1973 as boek met die titel People of the Valley by die uitgewer Balkama verskyn. Gaan soek dit gerus self in die biblioteek en lees dit.

Min mense weet dit, maar daar was ‘n hele rukkie voor die pad gebou is reeds motorrygoed in die Kloof. Wanneer dit was, kon ek nog nie vasstel nie, maar volgens wat ek vertel word, was dit Oom Martiens Snyman en 'n klomp makkers wat die eerste ou karretjie met donkies die Kloof ingesleep het. Nou hoor ek dat Dunlop ook op 'n tyd toe 4X4 voertuie nog 'n snaaksigheid was, vir advertensiedoeleindes deur die Gamkapoort met een ingekom het en weer daar uit is.

Du Toit se bevindinge oor die inwoners se sienings oor hulle bakkies, wat natuurlik in 1965 nog vir hulle soos nuwe speelgoed was, bied interessante leesstof. Ook sy waarnemings oor hoe die mense oor en weer gekuier het en hoe hulle veral deur raaiselkompetisies intellektueel gestimuleer is, maak dat mens net meer en meer oor die Gamkaskloof en sy mense te hore wil kom.

Onthou, die Kloof se mense was nooit agterlik soos so baie al in die verlede beweer het nie. Gaan gesels maar met diť van hulle wat vandag nog daar in Prins Albert, Oudtshoorn en Calitzdorp woon en jy sal sommer 'n klomp diepdenkende filosowe onder hulle kry. Dit is egter mense wat seergemaak is deur die buitewÍreld se behepthied met hulle ''andersheid''.

Nou, in 1995, dat daar veel meer begrip vir mense se lewenswyse binne die omgewing as geheel is, kan ons met waardering terugkyk na die mense van Gamkaskloof. Ons noem hul eertydse woonplek nou wel Die Hel, maar dit word nooit neerhalend gebruik nie. Ons moet dit na regte Die Paradys noem.

EksplŰr SA bied sedert 1996 elke jaar tussen Mei en November ‘n hele aantal toere na hierdie besondere kloof aan. Die belangstelling word elke jaar net groter en groter. Skryf aan hulle by eksplor.sa@mweb.co.za om meer omtrent hierdie toere te hore te kom.

click to go to top of page

Mensgerigte bewaringsaanslag maak Groenvlei meer besonders

Uit: DIE BURGER, 5 Maart 1996

GROENVLEI, een van die reeks mere wat tussen Wildernis en Knysna aan die Suid-Kaapse kus lÍ, is in vele opsigte 'n meer van raaisels. Nie net is daar geen riviere wat daar inloop nie, maar daar is ook geen uitvloei na die see nie. Tog bly die watervlak konstant. Aangesien dit een van die maklik bereikbare ingeslote kusmere in die land is, is dit van besondere waarde vir die toerismebedryf.

Die Hotel Lake Pleasant en woonwapark wat aan die westekant van die meer lÍ, is reeds goed bekend. Nou het Kaapse Natuurbewaring ook nog 'n baie gewilde boskamp teen die meer ingerig en 'n oewereienaar aangrensend aan Natuurbewaring se kamp bied ook oornagplek in 'n boshut aan.

Ontspanningsbedrywighede is hoofsaaklik seilplank- en kanoryery, hengel en swem. Weens die besoedelingsgevaar word geen motorbote daar toegelaat nie. Vir die fikses is daar 'n hele aantal voetslaanpaaie in die aangrensende dele van die Goukamma Natuur en Mariene Reservaat. Perderuiters word ook toegelaat om deur die reservaat te ry, en 'n plaaslike toerleier kan toeriste op 'n 4X4-tog neem.

Omdat daar weens die landingeslotenheid weinig spoel- en skuuraksies gedurende die resente geologiese tyd in die meer se omgewing was, kon navorsingsprojekte wat by Groenvlei begin is, al heelwat waardevolle inligting oor die geologiese geskiedenis daar rond oplewer.

Daar is verskeie teorieŽ oor die meer se ontstaan. Een daarvan is dat die seevlak tussen 20 000 en 6 000 jaar gelede veel hoŽr as vandag gelÍ het. Soos wat dit daarna eers gesak en toe weer effens gestyg het, het daar 'n rivier deur Groenvlei gevloei. Een moontlikheid is dat dit uitgemond het waar vandag se Goukammarivier naby Buffelsbaai uitmond. Die ander moontlikheid is dat dit naby Sedgefield die see ingevloei het. 'n Toegewaaide rivierkanaal naby Sedgefield staaf hierdie teorie gedeeltelik.

Sowat 7000 jaar gelede is Groenvlei vir die eerste maal deur 'n reeks duine van die see afgesny. Later het daar weer 'n verbinding gevorm, maar sowat 2000 jaar gelede het die huidige afsluiting plaasgevind. Tot vandag is daar geen riviere wat in Groenvlei invloei nie, en daar is nog steeds geen seeverbinding nie. Aan die oostekant van die meer is daar wel 'n paar varswaterfonteine, maar die meeste van die water wat die meer binnevloei, is reŽnwater van die omringende duine.

Die meer is nie baie diep nie. Die gemiddelde diepte is maar tussen drie en vyf meter. Die diepste punt is sewe meter. Die wateroppervlak lÍ sowat twee meter bo seevlak en anders as wat soms beweer word, beweeg dit nie saam met die see se getye op en af nie. Die totale wateroppervlakte beslaan sowat 250 ha.

Weens die besondere ontwikkeling van die meer, is daar vandag visse en waterorganismes in wat eintlik hul oorsprong in die see gehad het. Hulle het egter oor die eeue goed aangepas en is nou heel tuis in hierdie amper varswatermeer. Die water se soutgehalte is sowat een tiende van seewater, wat dit eintlik nie drinkbaar vir mense maak nie. Die watertemperatuur wissel tussen 12 en 26 grade, wat dit van die beste swartbaarshengelwater in die land maak. Hierdie visse is al sowat 50 jaar gelede in die meer losgelaat en bied vandag nog genot aan varswaterhengelaars. Van die ses vissoorte in die meer is slegs twee inheems.

Draai gerus volgende keer wanneer u teen Groenvlei verbyry af en gaan kyk wat daar alles by hierdie besonderse meer te doen en te sien is.

Meer inligting oor daardie omgewing kan gekry word by Knysna se inligtingskantoor by tel 044-382-5510, faks 044-382-1646 of e-pos: knysna.tourism@pixie.co.za

click to go to top of page

'n Bosryke uitvlug lÍ naby Swellendam

Uit: DIE BURGER, 12 Maart 1996

DIE nuwe jaar is goed aan die gang en daar is seker heelwat buitelugliefhebbers wat al weer op die uitkyk is vir 'n geleentheid om vir 'n naweek weg te breek van die huis af. Die Grootvadersbosch Bewarea teen die Langeberg daar tussen Swellendam en Heidelberg is 'n ideale plek vir sů 'n uitvlug.

Dit is boswÍreld by Grootvadersbosch, en jy verbeel jou partykeer jy stap diep in Knysna se woude as jy daar rondloop. Soos dit egter die afgelope vakansie daar gereŽn het, het dit meer na 'n reŽnwoud gelyk.

Grootvadersbosch is tot 'n paar jaar gelede hoofsaaklik vir kommersiŽle bosontginning benut, maar sedert Kaapse Natuurbewaring in 1986 daar beheer oorgeneem het, word natuurliefhebbers toegelaat om daar rond te kuier. Die twee kolle waar daar 'n klomp Amerikaanse redwoodbome tussen die inheemse bosse geplant is, is nogal interessant. Hierdie redwoods is natuurlik kontroversieŽl, want sommige bewaringsbewustes wil hÍ hierdie 30 m hoŽ bome, wat nou reeds 90 jaar oud is, moet uitgekap word. Ander sÍ weer dit is deel van die omgewing se geskiedenis en dit moet bly.

Die natuurbewaarders het ook die potensiaal van eko-toerisme in daardie omgewing begin raaksien en dit by die bestuursprogram ingewerk. Vandag is daar 'n pragtige kampeerterrein, twee staproetes, 'n bergfietsroete en selfs plek vir perderuiters.

Boonop het Natuurbewaring en 'n klomp omliggende boere saamgespan, en aan die begin van 1994 die Grootvadersbosch bewarea gestig. Besoekers baat daarby omdat daar reeds 'n hele paar plaaskuierplekke op aangrensende plase ingerig is en die bergfiets- en perdryroetes gesamentlik oor van hierdie plase en die reservaat aangelÍ is.

Binne die reservaat bied die Bosbok Wandelpad 'n stelsel van bosomsoomde paaie vir dagstappers. Die totale lengte is sowat 10 km, maar daar is ook 'n hele aantal korter paaie tussenin. Dit is natuurlik hoofsaaklik 'n gesinstapplek. Die wildernisroete gaan tot bo-op die kruin van die Langeberg. Diegene wat dit al gestap het, sÍ dit bied 'n uitdaging soos min. Daar is sowat 65 km se wildernispaaie, maar naweekbesoekers stap gewoonlik die 27 km sirkelroete tot by Helderfontein se hut en terug.

Daar is baie te sÍ oor hierdie reservaat, maar dit is veral die voŽllewe wat beÔndruk. Die voŽllys het 112 inskrywings. Daar is ook 'n spesiale voŽlwaarnemingskuiling diep in die bos en hoog op pale tussen die bome gebou.

Die reservaatbestuurder, Chris Martens, het 'n wye kennis oor die omgewing en alles wat daar groei, vlieg, vlinder, loop, kruip en seil. Hy en sy span doen baie moeite om so veel moontlik daarvan aan besoekers bekend te stel. Heelwat toepaslike interessante inligting is dan ook by die inligtingsentrum by die ingang tot die reservaat te kry. As jy gelukkig is loop jy dalk ook die veldwagter Carlie Ruiters daar raak. Vra hom maar oor enige van die plante van daardie wÍreld uit; hy is 'n ensiklopedie op twee bene.

Daar is hope blyplek in daardie geweste. Die reservaat het tien kampeerplekke vanwaar jy vanaf jou tent of karavaan oor die bosse en berge kan sit en uitkyk. Wie daar wil bespreek, of sommer net meer oor die reservaat wil uitvind, kan bel na 028-722-2412.

Op die buurplaas Honey Wood het John en Marina Moodie 'n verskeidenheid blyplekke. Hulle bedryf ook 'n restaurant en reŽl ook die bergfiets- en perderitte binne die bewarea. Bel Marinda by 028-722-1823 om blyplek en rygeleenthede te bespreek. John is wyd bekend as heuningprodusent, en jy kan sommer ook jou heuning daar by hom vars uit die korf koop.

'n Hele entjie daarvandaan, nader na Swellendam se kant toe, maar nog steeds deel van die bewarea, is die plaas Lismore waar Henry en Hester Barry ook 'n berghut aan gaste bied. Bel hulle by 028-522-1720.

Wie nou regtig na ‘n plek van rus en stilte soek, sal dit daar in die omgewing van Grootvadersbosch kan vind. Maak tog net gou om daar uit te kom, want as die stedelinge ook eers daarvan gehoor het, sal daar vir lank nie weer oop blyplekke oor wees nie.

click to go to top of page

Die natuur help boer op Niel MacGregor se plaas

Uit: DIE BURGER, 17 Oktober 1995

DIE WWFSA (voorheen die SA Natuurstigting) het mnr. Niel MacGregor van Nieuwoudtville onlangs met 'n goue medalje vereer vir die baanbrekerswerk wat hy op sy plaas, Glen Lyon, gedoen het om die bewaring van Karoo veldblomme met kommersiŽle boerdery en eko-toerisme te versoen. Hy is ook vantevore as Boer van die Jaar aangewys.

Mnr. MacGregor word wyd as kenner op die gebied van volhoubare benutting van die natuuromgewing erken. As boer gee hy reeds meer as twintig jaar geen addisionele voer of mineraallekke aan sy vee nie, maar benut droŽ plant- en blomreste as voer. Hy sÍ dat ongeveer 99% van die natuurlik veldplante in Nieuwoudtville se omgewing as veekos kan dien. Deur dit op die regte tye te bewei, word daar 'n massa-voerbank geskep. Die regte beweiding stimuleer die groei en blomproduksie van veldplante. So strek bewaringsboerdery nie net die boer nie, maar ook die natuuromgewing tot voordeel.

Die voŽlbevolking wat deur verbeterde plantegroei getrek word, help om die peste en plae op die plaas in toom te hou. As voorbeeld noem hy die skoorsteenveŽrs waarvan tot 400 per dag hom kom help om skadelike ruspes in aangeplante weiding te beheer. Deur beheerde beweiding speel die intrap van die veldblomme se saad deur vee en die tydige afvreet van die blomme 'n belangrike rol in die voortbestaan van die natuurlike plantegroei.

In die Nieuwoudtville Veldblomreservaat word tans elke jaar rondom Februarie sowat 1000 tot 1500 skape in die sowat 115 hektaar ingejaag om binne een maand soveel moontlik van die droŽ plantreste te verwyder. Ten spyte daarvan is daar nog steeds oor 'n driehonderd plantspesies in die reservaat wat elke jaar hulle blomprag aan besoekers toon.

Mnr. MacGregor erken dat diť soort boerderypraktyk opofferings vra. Dit gee miskien nie altyd die maksimum opbrengs nie, maar hy glo dat dit juis die optimum opbrengs is wat op die lang duur die deurslag gee. Hy voel dat daar 'n verpligting op die boer rus om die grond wat hy tans besit vir sy nageslag te bewaar. Dit kan alleen gedoen word deur terug te beweeg na meer natuurlike stelsels.

Deur die natuur se voorskrifte vir volhoubare boerdery te volg, het mnr. MacGregor 'n nuwe inkomstepostensiaal in die vorm van eko-toerisme begin ontgin, en dit nie net na sy eie plaas nie, maar ook na die omgewing van Nieuwoudtville, die Bokveld en die Hantam. Dit is vir die wyse waarop hy diť boodskap al jare in die praktyk uitdra dat die WWFSA hom nou met sy goue medalje beloon het.

(Lees ook die volgende twee stories oor Nieuwoudtville se omgewing.)

click to go to top of page

In Nieuwoudtville se wÍreld raak niemand ooit verveeld

Uit: DIE BURGER, 13 Augustus 1996

DIT gebeur heel dikwels dat reisverslaggewers genooi word om by interessante plekke en mense te gaan kuier. Toe Lizette Nel van Nieuwoudtville my so 'n tyd gelede daarheen nooi, het dit nie veel oorredingswerk gekos nie. Danksy 'n vorige besoek het ek geweet dit is 'n wÍreld waar 'n mens sommer dae aaneen kan gaan uitspan sonder om verveeld te raak.

As ek egter eerlik wil wees moet ek sÍ dat die grootste rede waarom ek hulle uitnodiging aangeneem het, eintlik om Dolf Oberholtzer gegaan het. Sy biefstukke en 'n kuiertjie saam met hom in die Rietdakhuisie is iets wat geen besoeker aan Nieuwoudtville moet misloop nie. Dolf is 'n bobaasgeselser en om by hom te kuier, is waarlik 'n belewenis.

Lizette en Frances Nel het my aan die bopunt van die Vanrhynspas ingewag. Hulle sou my gaan rondwys. Hulle het twee dae daarvoor opsy gesit.

Ons eerste mikpunt was die Suid-Bokveld. Ons het die een gasteplaas op die ander besoek, elk met 'n eiesoortige karakter. Ons het die mooiste oudwÍreldse huise gesien. Plekke met klippe, klowe en waterstrome is daar in oorvloed. Dit is tog jammer dat 'n mens tydens so 'n promosietoer net moet kyk en nie tyd het om oor te bly en rustig te raak nie.

Die veld was pragtig groen en Nieuwoudtville se wÍreldbekende bolplante het reeds oral hul verskyning begin maak. By die gletserspore, wat glo al ongeveer 300 miljoen jaar gelede daar gemaak is, het ons net vlugtig gestop.

Die aand is ek saam met Hendrik van Zyl en 'n paar ander dorpenaars na die byna voltooide Smitswinkel restaurant. Diť, sÍ hy, sal teen die blomtyd reg wees om kos en drinkgoed te voorsien.

Die volgende oggend was Lizette en Frances Nel weer vroeg daar. Die Noord-Bokkeveld het gewag en weer eens was dit kuierplek op kuierplek. Die heel interessantste was seer seker Oom Jas Kotze van die plaas Kookfontein se sigeunerwaentjie waarmee hy vroeŽr jare agter die skaap aangetrek het Boesmanland toe. 'n Boerbok wat houtgerus sy dag bo-op 'n ou vervalle gewel gestaan en verwyl het, was nog 'n aardige verskynsel.

Die middag is ek saam met Wessel Pretorius van Natuurbewaring weg. Dankie tog vir 4X4's! Waar 'n bobbejaan met 'n kierie nog sal twyfel, spoed Wessel uit en ons sien so te sÍ sy hele natuurbewaringskoninkryk binne die verloop van een middag. Hy vertel van voetslaan- en fietsrypaaie. Ek luister en besluit ek kom terug, maar so nooit as te nimmer weer saam met hom nie. Sy manier van ry is net te afgryslik naby aan die soek na ‘n plek vir nekbreek.

Te gou was ook hierdie kuier verby. Lizette en Frances het my mooi gevra om te noem dat besoekers nie net gedurende die tradisionele “Namakwaland Blomtyd” daar moet kom kuier nie. Hulle sÍ dat Nieuwoudtville met sy redelik matige klimaat ‘n heeljaar kuierplek is.

“Wat 'n wonderlike plek is diť Nieuwoudtville tog nie'', dink ek so met die wegry. “Daar is alles wat 'n mens van 'n kuierplek wil hÍ, en nog meer ook!'' Dalk tree ek eendag nog selfs daar af. Enigeen wat wil gaan kuier, kan vir Hendrik van Zijl by 027-218-1535 bel vir inligting oor diť besondere omgewing.

click to go to top of page

Wonder ontvou by Nieuwoudtville

Uit: DIE BURGER, 2 Junie 1998

DIT is nie elke Suid-Afrikaanse dorp wat daarmee kan spog dat hy iets van wÍreldgehalte bied nie. Nieuwoudtville, daar in die suidwestelike hoek van die Noord-Kaap Provinsie, is sů 'n dorp. Blomkenners vertel dat die wÍreld om Nieuwoudtville met die grootste konsentrasie geofiete, waarby bolplante ingesluit is, in die wÍreld kan spog. Dit is waarom die mense van daardie kontrei nou in advertensieveldtogte met die term “blombolhoofstad van die wÍreld'' spog.

Nieuwoudtville was natuurlik tot onlangs nog redelik onbekend. Die dorp lÍ wel langs die hoofroete wat van Kaapstad oor Calvinia na Upington toe loop, maar min mense doen ooit die moeite om daar af te draai. Selfs die vervaardiging van rolprente en televisiereekse in daardie geweste het nie die roem wat Nieuwoudtville se inwoners daarna verwag het, gebring nie. Op 'n dag het ‘n Nieuwoudtville inwoner egter die woord “blomkyk'' as lokmiddel die wÍreld ingestuur en daarna het dinge begin gebeur.

Neil MacGregor is 'n boer van diť omgewing wat al jare lank die plantverskeidenheid van daardie gebied in sy weibeplanning tot voordeel van sy veekudde gebruik het. Vandag word hy wÍreldwyd erken vir sy bewaringswerk. Hy het ook geleidelik blomtoere as deel van sy boerdery begin bedryf en enigiemand wat al saam met hom was, sal kan getuig dat dit 'n belewenis is om saam met hom in die veld rond te stap en te sien watter wonder voor jou oŽ ontvou.

Die moontlikheid is nie uitgesluit nie dat die omgewing daar op die Bokkeveld plato van ongeveer 100 km by 75 km nog as een van Suid-Afrika se top toeristegebiede kan ontwikkel. As in ag geneem word dat daar ongeveer 1350 verskillende plantspesies op 'n relatief klein gebied voorkom en dat dit boonop 'n stuk of drie verskillende veldtipes verteenwoordig, kan gesÍ word dat dit iets unieks bied. Boonop bied die lang blomtyd, van Maart tot Oktober, heelwat geleentheid om daar te gaan kuier.

Diť nuwe belangstelling in die blomme van daardie geweste het ook heelwat nuwe inwoners gelok. So het talle ou kliphuise in en om die dorp nuwe eienaars gekry wat dit opknap. Hendrik van Zijl is een van diť nuwe intrekkers. Hy het juis daar kom bly om meer tyd te maak vir sy belangstelling in bolplante. Vandag besit hy drie gastehuise en 'n restaurant. Hendrik het elkeen hiervan met baie moeite en geduld stap vir stap reggemaak.

Hy het nou ook 'n baie besondere kleurbrosjure saamgestel om Nieuwoudtville en die omgewing bekend te stel. Aan die een kant daarvan is foto's wat in en om Nieuwoudtville geneem is, en aan die ander kant 'n kaart van die distrik. Die kaart is veral nuttig vir blomkykers, want dit wys feitlik elke pad en belangrike plaas binne 'n sirkel wat omsluit word deur Nieuwoudtville, Loeriesfontein, Calvinia en die Suid-Bokveld suid van Nieuwoudtville. Belangstellendes wat diť kaart wil bekom, kan Hendrik by sy e-pos-adres by nieuvz@intekom.co.za kontak.

Kry ook sommer by Kirstenbosch die Botaniese Vereniging se veldblomgids wat oor die blomme van Nieuwoudtville, die Bokkeveld plato en Hantam handel. Deur bloot na die voorblad van die gids te kyk sien 'n mens so uit na blomme kyk dat jy dadelik in die motor wil spring en afsit Bokveld toe.

click to go to top of page

Diť Hollanders sien wÍreld te fiets

Uit: DIE BURGER, 14 Januarie 1997

VANDAG is ons eerste buiteluggeselsie van 1997. Vanjaar is diť rubriek reeds sewe jaar oud en steeds neem ons lesers ywerig deel deur gereeld interessante stories aan ons te stuur. Vandag s'n het so 'n effense draai geloop, want Johan de Kock van Durbanville het maar net die aanvoorwerk gedoen toe hy twee Hollandse fietsryers aan ons kom voorstel het.

Bas Kruisselbrink en Lieneke Onderwater is tans besig om per fiets om die wÍreld te ry op 'n tog wat reeds in Junie 1994 in Nieu-Seeland begin het en volgens plan in 1998 in KaÔro sal eindig. Hulle is verlede week, nŠ byna vier maande hier, weg Suid- Amerika toe.

Eintlik begin die storie by Bas. Hy het by BMW se verkoopsafdeling in Holland gewerk, maar wou altyd iets interessants aanpak. Lieneke het 11 jaar lank as plantkundige in Nieu-Seeland gewerk en ook na 'n groter uitdaging begin soek.

Bas ontmoet toe vir Lieneke heel toevallig aan die begin van sy reis in Nieu-Seeland en net daar besluit sy dat sy ook graag per fiets om die wÍreld sou wou ry. Terwyl Lieneke haar voorbereidings begin tref, ry Bas toe solank saam met ander fietsryers deur Nieu-Seeland, AustraliŽ en AsiŽ.

Intussen het Lieneke van Maart tot September 1995 haar vermoŽ op die fiets gaan toets met 'n alleentog teen Amerika se weskus langs. Daarna kom die twee in Holland bymekaar en versit saam na Kenia vanwaar hulle na die Kaap ry. Dit is waar ons hulle in Oktober verlede jaar ontmoet het en hulle toe gehelp het om 'n reisplan vir die Wes- Kaapse been van hul reis uit te werk.

Daar gebeur natuurlik baie tydens so 'n reis. Volgens hulle is die beste dat jou lewenswaardes so verander. Jy leer nie net om saam met die elemente te leef nie, maar ook wie jy werklik is. Boonop word dinge wat by die huis maar net veraf nuus was vir jou werklik soos jy voortry.

Benewens die mensekennis wat jy so langs die pad opdoen, is dit natuurlik ook 'n ervaring om die wÍreld teen so 'n stadige pas te kan bekyk. Bas vertel dat hy in Tibet en Nepal oor vyf van die wÍreld se hoogste passe is. Een is 5478m bo seespieŽl. Die ergste is dat jy kort daarna weer op 'n hoogte van 500m onder in 'n vallei moet gaan draai om oor die volgende pas te kan kom.

Afrika was ook 'n besondere ervaring. Albei stem saam dat hulle hier werklik voorberei is vir hulle lewenspaadjie saam vorentoe. Daarom wil hulle hul wÍreldreis uiteindelik in KaÔro afsluit.

Die twee borrel oor as hulle oor hul Wes-Kaapse reis gesels. Dit het hulle aanvanklik teen die Overbergse kus langs na Swellendam geneem, waar hulle die voetslaanpad gaan stap het. Daarvandaan is hulle oor die Tradouwspas na Kannaland/Klein Karoo. Die plan was om ook na die Hel te gaan, maar volgens Bas het iets hom gewaarsku dat hulle vinnig moes terug na die beskawing toe hulle die dag op die Swartbergpas deur donker dreigende wolke begroet is.

Hulle het Klaarstroom ook net-net gehaal voor die groot reŽn wat Meiringspoort so verspoel het. Daar moes hulle noodgedwonge eers 'n paar dae oorstaan. Al beskikbare pad was die grondpad na Willowmore. Vandaar is hulle oor die berg na die Tsitsikamma en Knysna se boswÍreld. Ook daar het hulle gaan stap en is veral beÔndruk deur die Harkerville voetslaanpad.

Hulle terugtog het hulle oor Mosselbaai en Swellendam na die BreŽriviervallei geneem en uiteindelik weer terug na die Kaap. Die vriendelikheid en gasvryheid van ons mense was opvallend en is iets wat hulle altyd van hierdie tog sal onthou. 'n Negatiewe aspek is dat die motoriste nie juis tegemoetkomend was nie.

Bas sÍ ook dat hulle nooit onveilig gevoel het nie. Hulle het wel een nag in Knysna se woud 'n groot skrik gehad toe die olifante op hulle afgekom het en so getrompetter en geraas het dat hulle gedink het hul laaste dag het aangebreek.

Nou is hierdie twee avonturiers in Suid-Amerika waar hulle die res van hul wÍreldtog voortsit. Ons hoor graag van nog sulke ervarings. Skryf gerus aan ons by eksplor.sa@mweb.co.za

click to go to top of page

Met agterpaaie langs kom jy tot nuwe insigte

Uit: DIE BURGER, 16 September 1997

VANDAG gesels ons oor 'n heerlike kuier in die Klein Karoo, die Hel en die Seweweekspoort omgewing nadat Jo Nel van Jeffreysbaai my so 'n tydjie gelede genooi het om daardie wÍreld se agterpaaie saam met haar en 'n paar vriende te gaan verken.

Nie een van ons het verwag om soveel blomme te sien soos daar tans is nie. Benewens die plate asteraceae en vygies staan die klapperbos ook oral pienk-rooi in die blom. Verder gewaar 'n mens nog heelwat kolle oranje-rooi aalwyne teen die koppe en al wat 'n gewone ou vaal bossie is, staan met die een of ander ou blommetjie en pronk. Die gewoonlik droŽ deel tussen Barrydale en Ladismith is ook die groenste wat ek diť gebied nog gesien het.

Vir die groepie Jeffreysbaaiers was hierdie tog natuurlik 'n verkenning van 'n nuwe wÍreld. En nuwe wÍrelde het ons beslis gesien. Altans, so het dit vir ons gevoel terwyl ons oor daardie afgesonderde paaie gereis het.

Die eerste grondpad het gekom toe ons van die Kangogrotte met die kronkelende Matjiesvlei-Kruisrivier pad tussen die klein plasies deur na Calitzdorp is. Daar aangekom, het ons by die Calitzdorp Spa se warmbron gaan uitspan. Ons oorstaan was gans te kort om alles daar werklik ten volle te geniet.

As ek gedink het Seweweekspoort gaan vir my reisgenote 'n verrassing wees, het ek my misreken met hul reaksie op die Bosluiskloofpas. Dit was 'n openbaring. Diť pas lÍ op die reeds lank vergete hoofweg tussen Ladismith en Prins Albert, wat 'n doodlooppad geword het toe die Gamkapoort Dam aan die begin van die jare sewentig wydsbeen oor die pad gebou is.

Daarvandaan is ons die eerste ent weer al op ons spoor terug en toe met 'n wye draai verby Rietvlei en Vleiland se vrugteboorde tot kort by die Floriskraal Dam, waar 'n kronkelpaadjie tussen die berge deur loop terug na Ladismith se kant. Tony en Joy Ford se Edlyn gastehuis het lanklaas sulke moeŽ maar tevrede reisigers gehuisves soos ons klomp daardie aand.

Die pad na die Hel was ons volgende mikpunt, maar met 'n pad soos diť moet jy stadig ry. So kan jy natuurlik al die mooi dinge daar goed bekyk. Die saligste was om daardie aand agteroor te kon sit en na die sterre te kyk, wat nÍrens anders ter wÍreld helderder kan wees nie.

Die vierde dag van ons reis het ons eers deur die Swartbergpas se haarnaalddraaie geneem na Prins Albert en daarvandaan verby die cowboy-dorpie Klaarstroom en deur Meiringspoort na De Rust se omgewing.

Geen besoek aan die Klein Karoo is natuurlik volmaak sonder 'n besoek aan Jans en Almeriť Rautenbach se Oulap Gastehuis op Vlakplaas naby De Rust nie. Daar het ons op die laaste aand van ons kuier om Jans se groot eetkamertafel die reis in oŽnskou geneem. Almal was dit eens dat jy beslis baie meer van jou omgewing raaksien as jy die wÍreld so al met die agterpaaie langs verken.

Skakel Paula Jonck by 044-272-2241 om meer inligting oor die Klein Karoo/Kannaland se kuierplekke te kry. Doen gerus ook by EksplŰr SA by eksplor.sa@mweb.co.za navraag oor die toere wat hulle na daardie geweste reŽl.

click to go to top of pagev

Baai tussen die berge” nie verniet so gewild

Uit: DIE BURGER, 7 Oktober 1997

KAAPPUNT is die heel gewildste Kaapse toerismebestemming by oorsese besoekers. Ek is onlangs deur die lees van 'n besondere boek oortuig om weer 'n slag 'n draai daar te gaan maak. Daardie “draai'' het nou al 'n hele paar geword, want dit was sommer gou duidelik dat hier reg op my drumpel 'n hele nuwe wÍreld aan't ontvou is.

Vertellings in Ardene Tredgold se boek Bay between the mountains gee 'n oorsig oor baie eeue se gebeure in en om Valsbaai. Die boek is in 'n heerlike geselstrant geskryf en met die lees daarvan word jy aangemoedig om self die spoor van die ou Kaapse geskiedenis te gaan naspeur. Vandag se geselsie gaan dus oor heelwat dinge wat langs die Valsbaai kus gesien kan word tydens 'n rit na Kaappunt.

Die walvisse is op die oomblik sekerlik die interessantste. Net verlede week het ek 'n hele klomp by Kalkbaai, Vishoek en Simonstad gesien. Sommige was tot so na as 50m van die strand aan die speel.

Kaappunt en die Kaap die Goeie Hoop Natuurreservaat is beslis 'n besoek werd. Die suidooster is nog stil en die veld is oortrek met blomme. Met die helder skoon lug kan jy daar bo van Da Gama-piek se ou vuurtoring die berge van Gansbaai tot amper by Piketberg sien. Hierdie reservaat is natuurlik een van die min waar jy uit jou ryding kan klim en gaan rondloop. Daar is ook 'n hele aantal stappaaie. Nuttige en interessante inligting oor die reservaat is te vind in 'n reeks pamflette wat daar te koop is.

Muizenberg is die toegangspoort tot Valsbaai. Parkeer gerus jou motor en stap 'n draai deur diť kusplekkie. Die inligtingskantoor is in 'n koffiewinkeltjie naby die swembad. Gaan heel eerste daar aan om inligtingsbrosjures oor daardie deel te kry. Benewens die talle speelaktiwiteite vir kinders by die strandfront, is daar ook talle interessante winkeltjies. Die Polisiemuseum en ander geskiedkundige geboue moet ook nie verbygeloop word nie.

Moet ook nie net by St. James en Kalkbaai verbyry nie. Die inligtingsboekie wat ek by Muizenberg gekry het, noem die staproetes by St. James en die gewildheid van Kalkbaai se hawe.

Die volgende stilhouplek langs die kus is by Clovelly waar veral gholfspelers mag belangstel in die besondere baan wat daar geleŽ is. Daarna volg Vishoek wat 'n redelike groot en besige dorp is. Die strand en vele eetplekke is die rede waarom ek gewoonlik daar stilhou.

Simonstad vra eintlik 'n halfdag of meer se besoek. Net die museum kan jou al 'n paar uur besig hou. Dit is beslis een van die beste in die Kaap. 'n Entjie die straat af is daar ook 'n speelgoedmuseum wat g'n kind, en natuurlik die ouers ook, mag misloop nie.

'n Kuier in Simonstad is natuurlik nie klaar indien jy nie by die Boulders se pikkewynkolonie 'n draai gemaak het nie. En sů, met die afsluiting van jou kuier aan hierdie stukkie Valsbaaise kus, ry jy daar by Simonstad weg met die wete dat daar sommer heelwat te doen en te sien is langs hierdie stukkie van die Suid Afrikaanse kuslyn.

Kry meer inligting oor daardie omgewing by Muizenberg se toerismekantoor by tel 021-788-6193, faks 021-788-6208 of e-pos: peninsulatourism@yebo.co.za

click to go to top of page

Ruwe Richtersveld vra 4X4 vernuf

Uit: DIE BURGER, 4 November 1997

DIE Richtersveld is Suid-Afrika se enigste bergwoestyn. Daarom is dit 'n baie gewilde kuierplek onder buitelugliefhebbers. Dit is egter 'n ruwe wÍreld en net diegene met 4X4 voertuie kan daar gaan rondrits. Ek was twee weke gelede weer daar en is opnuut bekoor deur die wonders van daardie dorre wÍreld.

Vou jy 'n kaart van ons land oop, sien jy die Richtersveld aan die noordwestelike kant in die boog wat die Oranjerivier daar vorm. 'n Deel daarvan is in 1991 tot nasionale park verklaar en dit is waar jy kan gaan rondry.

Ek het my die luukse veroorloof om saam met Marius Opperman van The Richtersveld Experience daar in te gaan. Vir 'n verandering was dit heerlik om nie self te bestuur nie en om soos 'n koning bedien te word. Marius en sy vrou, Trudie, bedryf hierdie onderneming uit Port Nolloth, waar hulle ook 'n gastehuis het. Hier het die ekspedisiegangers die aand voor die groot tog die woestyn in, vergader. Ons groep het bestaan uit vier Bolanders en ek, Marius en Lukas, wat sy regterhand en die kok is.

Die spesifieke tog is op versoek van die Bolanders aangepas, want hulle wou eintlik net 'n bietjie gaan ontspan. Ons het dus net onder teenaan die Oranjerivier gaan kuier. Die gewone safari's maak egter 'n wye draai deur die hele Richtersveld.

Ons is die oggend in digte mis uit Port Nolloth weg. Van Alexanderbaai af is ons al teen die Oranje op, die binneland in. By Sendelingsdrif het ons by die Parkeraad se kantoor ingeteken en daarvandaan is ons na Pootjiespram, waar Lukas middagete voorgesit het.

Daarvandaan begin die moeilike 4X4 gedeelte na die binneste van die Richtersveld. Marius, Lukas en ek is met die Land Cruiser en swaar kombuissleepwa vooruit. Die Bolanders het in die dubbelkajuit Hi-Lux gevolg. Daar moet jy jou bestuur ken, want dis klipwÍreld waaroor jy ry.

By De Hoop aangekom, is almal eers die Oranje se koel water in. Dit sou ons staanplek vir drie nagte wees. Lukas het solank die tente opgeslaan en die kamp ingerig. Kort voor lank het die koffiewater gekook en ons kon gaan agteroor sit om te wag vir die visarend se roep.

Die volgende oggend is Marius en Lukas met die ander gaste teen die rivier op tot by Agter-Tattasberg. Van daar is die klomp stroom-af in die rubberbote. Lukas het hulle halfpad ingewag met middagete, terwyl ek heerlik by die kamp teen die water in die skadu gelÍ en lees het.

Dag drie het ook rustig verloop. Sommige van ons het die oggend die berge daar om De Hoop gaan uitklim en die middag is ons weer na die rivier met die bote. Die binneland was net te warm om nog daarheen ook te gaan. Ek was trouens al 'n hele paar keer vantevore daar en het toe genoeg gesweet met al die rondloop en verken. Hierdie keer wou ek net rus en die lekker wat die rivier se omgewing my kon bied, geniet.

Dit was interessant om te sien hoe Marius en Lukas die kampadministrasie behartig. Daar is 'n mobiele stort vir diegene wat nie in die rivier wil gaan afspons nie, asook 'n chemiese toilet. Elkeen het ook sy eie tent. 'n Groot tent word oor die kombuiswa opgeslaan, wat ook as skuiling teen die son dien. 'n Vrieskas hou die bederfbare eetgoed vars en voorsien ook ys vir die baie drinkgoed wat daar in die warmte genuttig word.

Soos reeds gesÍ, was die lekkerste van diť tog dat ons die hele tyd bedien is. Ons kuier was eintlik gans te gou verby. Met die terugry hoor ek dat Marius ook Weskustoere aanbied waar alles om die see gaan en wat daar uit te eet is. Intussen bedryf Trudie die gastehuis by die ingang tot Port Nolloth. Dit moet voorwaar ‘n lekker manier wees om jou daaglikse brood te verdien.

Navraag oor hierdie toere na Richtersveld kan aan EksplŰr SA by e-pos eksplor.sa@mweb.co.za of tel 021-975-6531 gerig word.

click to go to top of page

Rose het tot buitelanders gaande oor Karoo

Uit: DIE BURGER, 25 November 1997

DIE woord "Karoo" beteken nie vir almal dieselfde nie. Veral Suid-Afrikaners sien dikwels op daarteen om daar deur te ry. Rose Willis, bemarkingsbeampte van die Sentraal-Karoo se toerisme-organisasie, het egter die afgelope paar jaar deur haar positiewe bemarking 'n heel nuwe beeld van hierdie landstreek geskep. Die grootste pluimpie vir haar bemarkingsveldtog is dat dit met 'n baie klein begroting gedoen word.

'n Deel van Rose se sukses lÍ baie beslis in Rose's Round-up on tourism waarvan die 50ste uitgawe pas verskyn het. Hierdie eenvoudige A5-grootte voublaadjie lyk feitlik nog net soos die eerste uitgawe wat in Januarie 1993 verskyn het, maar dit is reeds reg oor die wÍreld gewilde leesstof.

'n Ander rede vir die goeie terugvoer vanuit die buiteland is waarskynlik omdat die Karoo genoeg ruimte bied en so 'n iets van die ware Afrika kan weergee. Tog hoef die besoekers nooit te ver van goeie verkeersweŽ te beweeg nie, en hulle is ook binne redelike afstand van sekere noodsaaklike dienste.

Ons staan dikwels verbaas oor hoeveel buitelandse toeriste weet wat hier te sien en te ervaar is. Hulle kennis kom hoofsaaklik van wat hulle lees, en dit is juis daar waar 'n goedkoop publikasie soos Rose's Round-up groot waarde kan hÍ.

Die honderdjarige herdenking van die aanvang van die Tweede Vryheidsoorlog is een van Rose se geliefkoosde onderwerpe. Deur lank vergete brokkies inligting tussen die Karoo koppies te gaan uitgrawe en te publiseer, het sy ook uit die buiteland 'n verstommende belangstelling oor hierdie tydperk in ons geskiedenis gekry.

Rose's Round-up het nie juis 'n bladuitleg wat die aandag trek nie. Daar is ook geen glansprente wat jou sal aanspoor om dit tussen ander toerismebrosjures van die rak te haal nie.Vra egter enigeen wat dit al onder oŽ gehad het en jy sal hoor dat dit om die inhoud gaan. Rose het net die gawe om interessante nuusbrokkies op die onmoontlikste plekke uit te snuffel en dit dan sů te beskryf dat jy nie genoeg daarvan kan kry nie.

'n Brokkie in Uitgawe 41 oor waar die spoorweghalte Skeiding se naam vandaan kom, is maar net een van die vele voorbeelde. Dit lui: "Artikels in Die Burger oor die windpompe van die Karoo het mnr. G. S. le Roux weer aan die Karoo laat dink. In 'n brief vol inligting oor die Matjiesfontein gebied vertel hy van 'n spoorweghalte met die naam Skeiding. Hy sÍ die plek is halfpad tussen Matjiesfontein en Laingsburg en dat die treinspoor daar oor die loop van die Baviaansrivier en deur 'n poort gaan. Wes van die poort is die winterreŽnvalstreek en oos sien 'n mens onmiddellik die somerreŽnvalstreek. Die plek het die naam gekry omdat die skeiding van die twee streke so duidelik gesien kan word."

Oppervlakkig gelees, sÍ hierdie enkele brokkie min. Lees dit egter saam met die baie ander klein stukkies inligting wat Rose reeds sů bekend gemaak het en jy begin 'n heel ander prentjie van die Karoo kry. Sů kry die Karoo lewe vir ons wat daar můťt deur. Ander dorpe of streke se toerismeburo's kan gerus 'n les by Rose gaan leer. Vele van hulle gryp gans te maklik na die tekort aan geld as 'n verskoning waarom hulle nie hul gebiede behoorlik kan bemark nie.

Rose se sukses met min fondse bewys egter diť soort verskoning verkeerd. Tog sÍ sy waar Rose's Round-up tot dusver gratis versprei is, is die omvang van hierdie projek nou sodanig dat hulle voortaan R30.00 per jaar intekengeld daarvoor gaan vra. Dit bly steeds 'n winskoop sonder weerga. Meer inligting oor Rose's Round- up on tourism kan gekry word van Rose Willis by Posbus 56, Beaufort-Wes 6970 of by 0201-5-1160 of faks 3675.

Rose en Rika Bossert het ook pas 'n klein voupamflet oor die Karoo dorpe langs die N1 die lig laat sien. Ook diť kan van die bostaande adres bestel word. Hierdie pamflet heet A Faraway Highway of Discovery. Die kleurfoto's wys die grys teerstreep van die N1 deur 'n groen Karoo, 'n donkiekar op 'n grondpad en 'n windpomp teen die ondergaande son. Die dorpe wat beskryf word, begin by Colesberg bo teen die Oranjerivier en eindig by Matjiesfontein net suid van Laingsburg. Daar is ook 'n lynkaart met die telefoonnommers van plekke waar inligting oor elke dorp op die roete gekry kan word.

click to go to top of page

Lig Lutzville sluier vir ware rus

Uit: DIE BURGER, 5 Mei 1998

OM te kuier kan naderhand ook 'n werk word. As toergids, wat elke dag moet sorg dat ander mense lekker kuier, moet jy dus oppas dat jy nie heeltemal verleer om self te ontspan wanneer jy 'n slag saam met jou gesin uitgaan nie. Toe vriend Krisjan so 'n tyd gelede van Lutzville af bel en my uitnooi om die gesin vir 'n kuiertjie oor te bring, was ek vuur en vlam. Vir een keer sou ek wegkom van werk af, "want," het ek vir my vrou gesÍ, "...van Lutzville het die toerismewÍreld nog nie kennis geneem nie."

Almal wat die Afrikaanse taal goed ken, weet wel van die buurplekkie Koekenaap. Heelwat weet ook van Vredendal wat so 'n klein entjie stroomop van Lutzville aan die Olifantsrivier lÍ, maar van Lutzville weet min mense, het ek gedink. Min het ek geweet hoe verkeerd ek was.

Krisjan se uitnodiging was na aanleiding van 'n jare lange vriendskap en nie om 'n storie te kry nie. Hy wou eintlik maar net met sy nuwe tuiste spog. As stadsmens, sÍ hy, het hy daar ware vreugde gevind.

Die Weskus is natuurlik een van Krisjan se groot passies. Daarom het hy dan ook die Saterdagoggend so 'n spesiale seekuiertjie saam met 'n paar ander Lutzvillers gereŽl. By die kus aangekom, sien ek toe party van hulle trek duikpakke nader. Toe een ou 'n lang 10-gelling-melkkan uit die bakkie haal, weet ek sommer die dag gaan 'n sukses wees, want dit het net een ding beteken: daar sou kreef gekook word.

Die kinders is die getypoele in, waar hulle vir sowat 'n halwe dag gebly het. Vier mans is die groter poele in en het goed vir 'n uur of meer voel-voel onder al wat rots is, rondgekrap. Die see was rof en daardie uitsoek-"seekrappe" het goed weggekruip.

Daar was net nege krewe toe hulle later die kan uitskud. "Juis omdat ons net nege volwassenes hier is", het een ou gesÍ. Die see is sy vrieskas, en hy haal net genoeg vir een keer se eet uit. Dat daardie dag een sou wees wat ek nog lank gaan onthou, was seker.

Met die rondkuiery by Lutzville was dit ook gou duidelik dat meer mense van diť plekkie weet. Hulle het al 'n bedrywige toerisme-bemarkingsvereniging en daar is sommer 'n hele paar goeie kuierplekke vir gaste ook. Een daarvan is die Wickense se Kliphuis eetplek waarvan toerorganiseerders gerus kan kennis neem.

Die dorpenaars vertel ook met trots dat hul koŲperatiewe wynkelder die naasgrootste in die land is en sommer heelwat lekker tafelwyne maak. Die gholfbaan loop met so 'n halfmaan om die dorp en die negende putjie is hoeka digby die kelder se proelokaal.

Die heel mooiste van Lutzville is dat die hele ou dorpie eintlik tussen die wingerde lÍ. Kuier jy daar, kuier jy eintlik maar op 'n plaas.

Groot was my verbasing ook om te sien dat die kusdorpie Strandfontein net agter die duine lÍ en met 'n breŽ teerpad met Lutzville verbind is. NÍrens aan die hele Weskus is daar 'n plek met 'n mooier kranskus as juis daar nie. Daar is ook 'n netjiese woonwapark, en te oordeel na die voorkoms van die huise moet sommige ouens goeie bankbestuurders hÍ.

Papendorp was ook vir my 'n groot verrassing. Baie van die ou huisies daar lyk asof hulle uit skilderye ontsnap het. Die Olifantsrivier mond net onderkant die huisies met 'n breŽ getymond in die Atlantiese Oseaan uit. Diť deel is 'n paradys vir voŽlkykers.

Dat ek al diť dinge, en nog veel meer, sou beleef en boonop nog 'n storie skryf kon ek nooit voorsien nie. Dat ek uitgerus en vol moed vir die nuwe jaar se eise sou terugkeer, is seker.

Skryf aan Lutzville Toerisme, Posbus 550, Lutzville 8165, vir inligting. Die telefoon- en faksnommer is 027-217-2825.

click to go to top of page

Plattelandse gulheid bekoor Duitser

Uit: DIE BURGER, 19 Mei 1998

TOERISMEBEMARKERS besef nog nie watter skat op die platteland opgesluit lÍ nie. Terwyl die meeste van hulle op ou uitgetrapte roetes soos diť na Kaappunt en die Wynlande rondmaal, smag veral buitelandse besoekers na wyer horisonne.

'n Duitse besoeker het onlangs vir 'n toer kom aanklop. Ons het verskeie voorstelle gedoen vir toere na die sogenaamde gewilde gebiede. Sy het telkens geantwoord dat sy eintlik iets anders in gedagte het. Uiteindelik is dit toe 'n plattelandse kuiertjie wat haar geval het.

So vertrek ons toe die Maandagoggend saam met haar en drie Suid-Afrikaners vir vyf dae se kuier in die Overberg en BreŽriviervallei. Die eerste stop was om van Sir Lowry's Pas oor die Skiereiland uit te kyk.

By Grabouw het ons tussen die appelboorde weggedraai. Die plan was ook om haar geleidelik aan grondpaaie gewoond te maak. Daarom dat ek toe 'n kronkel-bergpaadjie by die Highlands bosboustasie tussen die dennebome deur na Kleinmond se kant toe gekies het.

By Caledon het ons vinnig by die warmbron gestop. By Napier het die storie oor die gelyktydige ontstaan van diť dorp en Bredasdorp weens onmin in kerkgeledere heelwat kommentaar uitgelok. Op Bredasdorp het ons middagete genuttig en die Skeepswrak Museum besoek. Vandaar is ons eers na Waenhuiskrans met sy skilderagtige vissershuisies en toe na Agulhas, waar ons die nag oorgebly het.

Vir ons Duitse gas was sů 'n besoek nog altyd net 'n droom. Daarom het sy ondanks die stormsterk wind en ligte reŽn elke oomblik geniet. Dinsdagmiddag het die De Hoop Natuurreservaat aan die beurt gekom. Van De Hoop af het ons reis oor die RŻensveld na Stormsvlei gegaan, waar ons Bonnievale toe weggedraai het. Daar sou ons twee nagte by Hugo en Heidi van der Merwe uitspan.

Woensdagoggend is ons Kogmanskloof deur en by Montagu verby om saam met Niel Burger en sy trekker tot bo-op die Langeberg se kruin te gaan saamry. Ek kon sien dat ons Duitse gas met die aanskoue van Niel se trekker en sleepwa-kontrepsie so 'n effense twyfel in die oog gekry het. Toe die spulletjie egter eers aan die loop was, was die twyfel gou vergete.

Die middag het ons 'n draai by Swellendam gaan maak waar ek die gaste gaan wys het waar my kinderspore aan die voet van die Hermitage Kloof lÍ. Laatmiddag was ons weer terug op Bonnievale. Die volgende oggend het die Van der Merwes ons op 'n toer deur die perskeboorde geneem waar hulle aan die pluk was.

Iemand wat nog nie in Bonnievale se Myrtle Rigg kerk die ongewone geskiedenis van daardie omgewing se ontstaan en die rol wat C.F. Rigg daarin gespeel het, gehoor het nie, kan nie sÍ hulle het Bonnievale rÍrig ervaar nie. Ook ons het daar 'n draai gaan maak voordat ons kuier-kuier Worcester toe versit het.

Daarvandaan het die reis na Villiersdorp en deur die Hemel-en-Aarde Vallei na Hermanus gegaan waar ons vir die laaste nag gaan afpak het. Die Vrydagoggend het ons 'n draai in die Fernkloof Natuurreservaat gaan maak en 'n ver ent met die netjiese wandelpaadjie al teen die kranskus gaan stap.

Die laaste entjie met die kuspad langs terug Kaap toe was 'n bonus. Diť kuier was vir ons Duitse gas 'n hoogtepunt in haar lewe. Wat haar miskien die meeste beÔndruk het, was die gasvryheid en hartlikheid in die boerewonings waar ons gekuier het. DŪt dan terwyl sy eers getwyfel het of sy weens die veiligheidsituasie nie in hotelle moet oorbly nie.

Skakel EksplŰr SA by tel 021-975-6531 of e-pos eksplor.sa@mweb.co.za vir meer inligting oor soortgelyke toere.

click to go to top of page

Afdraai by Groot-Brak moeite werd

Uit: DIE BURGER, 16 Junie 1998

GROOT-BRAKRIVIER is een van daardie dorpies wat deur 'n groot nasionale pad in twee verdeel is en nou snel die lang stringe verkeer net daar verby. Wie wel die moeite doen om af te draai, sal 'n baie besonderse dorpie aantref. Dit is nie net 'n mooi omgewing nie, maar ook ryk aan geskiedenis. Die interessante is dat waar die meeste Suid Afrikaanse dorpe om 'n kerk ontwikkel het, Groot-Brak sy ontstaan aan 'n skoenfabriek te danke het.

Ek moes 'n rukkie gelede 'n naweek in daardie geweste oorbly en het op Simon en Rita Gordon se gastehuis, Simori, besluit. As Groot-Brak se toerismevoorsitter het Rita vir my 'n hele besigtigingsnaweek van hul omgewing gereŽl. Dit het egter die Saterdag vreeslik gereŽn en daar het nie veel van ons rondkuier gekom nie.

Ossie Eksteen het my die Saterdagoggend na sy wildplaas geneem, maar dit was sů nat dat ons net teen die lyndrade langs gehou het. Rita wou my nog hul Wolwedans staproete ook gaan wys, maar die rivier waar ons 'n paar keer moes oor, was in vloed. Hanna Langenhoven, die dorp se inligtingsbeampte, het my ook iets van Groot-Brakrivier probeer wys, maar die mis was so dik dat ons nie eens drie lamppale ver kon sien nie. Van die pragtige strand en wye getyrivier kon ek ook niks sien nie. Ons het uiteindelik nie veel van 'n ander keuse gehad as om maar 'n vuurtjie in die kaggel aan te steek en 'n driebeenpotjie oor die kole te stoot nie.

Die mis het eers die Sondagoggend nŠ kerk begin opklaar. Ek was oorgehaal vir sů iets en het begin rondry om foto's te neem. Eerste aan die beurt was die huisies van toentertyd se skoenfabriekwerkers; daarna die Searles en St. John kerkies, die ou Searles skoenfabriek, hul pragtige dubbelverdiepinghuise op die rivieroewer en vele ander mooi plekkies waarby ek al verbygery het.

Die Searles was as't ware die stigters van Groot-Brakrivier toe hulle in 1886 'n skoenfabriek daar opgerig het. Die eerste Searle het al in 1859 daar aangekom om die tolhuis by die rivieroorgang te beman. Die pad wat vandag digby die skoenfabriek oor die rivierbrug loop, was vroeŽr die hoofpad tussen George en Mosselbaai.

Ossie het my die vorige dag van 'n plekke met die naam Friemersheim vertel. Dis effens wes van Groot-Brak en was eens op 'n tyd 'n sendingstasie. Dis sů mooi dat 'n skilder baie lank daar sal kan gaan sit en prente maak. Daar het ek teruggedraai en by die Kleinplaats bordjie berg se kant toe koers gekies. Die George mense noem daardie gebied die Grasveld. Dis eintlik 'n plat stuk aarde met net hier en daar 'n riviervallei tussen die Outeniquaberge en die skerp platorand voor die kus.

Dit was een van daardie poskaartdae. Die lug was helderblou, die berghange grasgroen en die weivelde en landerye 'n verskeidenheid van kleure, afhangende van wat daar geplant was en in watter stadium van groei dit was. Die Grasveld was op sy mooiste. Ek het die hele middag tot my beskikking gehad en het elke plaaspaadjie nagery.

Ek het 'n groot stilte beleef. Aan die een kant was dit 'n middag wat ek wou koester, maar aan die ander kant het ek besef dit is 'n plek wat by 'n toeristeroete ingewerk můťt word, want so 'n mooi wÍreld moet beslis met ander mense gedeel word. Vandaar diť storie.

Wie meer oor Groot-Brakrivier se geskiedenis wil weet, kan Margaret Franklin se boek The story of Great Brak River lees. Dis lank reeds uit druk, maar 'n kosbare kleinood vir wie dit wel het. Belangstellendes wat meer oor Groot-Brakrivier en omstreke wil weet, kan Rita by 044-620-3103 of Hanna by 044-620-3338 bel. Vir nadere besonderhede oor die Grasveld en die kuierplekke daar rond, bel George se inligtingskantoor by 044-874-4000.

click to go to top of pageclick to go to home pagecontact us

HOME | TOURS | ACCOMMODATION | ADVENTURE | TEAM BUILDING | CORPORATE EVENTS
TOURISM OFFICES | NEWS | WHY SOUTH AFRICA? | GUEST BOOK | AFRIKAANSE REISSTORIES
PHOTO ALBUM | ABOUT US | CONTACT US